News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Charlize help VN
Charlize Theron is deur die Verenigde Nasies (VN) aangestel as vredesambassadeur.
Mej SA nou modeskouspel
Die nuwe formaat Mej SA-kompetisie beloof 'n modeskouspel soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie.
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  30°C
Kpstd  16°C  20°C
Dbn  21°C  29°C
Jhb  14°C  22°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

11/10/2008 20:26  - (SA)  
Oordeelsfout in dal van dood
Willem Pelser & Maryna van Wyk    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Die Grant-gesin van Bloemfontein, mnr. Craig Grant, sy vrou, Tracy, en hul kinders, Samantha en Cameron, is almal in die vliegongeluk dood.

Bloemfontein

Nico Nel (21) was gebore om agter die stuurstang van ’n vliegtuig te wees.

Maar toe hy verlede Sondagmiddag buite Nelspruit opgestyg het met twee Bloemfonteinse gesinne aan boord van ’n oue- rige Norman Islander, het hy dalk ’n dodelike oordeelsfout begaan.

Hy het koers gekry oor die lae heuwels aan die oostekant van die Barberton-vallei. Die vallei is bedrieglik, en vlieëniers wat die omgewing ken, sê dis een van die gevaarlikste plekke in die land.

Want aan die westekant van die vallei toring Tafelkop skielik meer as 2 000 m die lug in.

Sondagmiddag het die Norman Islander die berg in digte mis getref, waarskynlik teen meer as 200 km/h.

Al nege mense aan boord is dood, skaars ’n kilometer van die plek waar ’n ander vliegtuig twee jaar gelede teen dieselfde bergpiek gebots het. Drie mense is tóé dood,

Saam met die 21-jarige Nel het nog agt mense Sondag gesterf: Glen Coward, ’n sakeman en die eienaar van die vliegtuig, sy vrou, Helena (45), en twee seuns, Davydd (13) en Richard (9), asook hul huisvriende Craig Grant (43), ’n Bloemfonteinse prokureur, sy vrou, Tracy (39), en hul twee kinders, Cameron (13) en Samantha (11).

Die ondersoek na die ongeluk is nog nie afgehandel nie, maar plaaslike vlieëniers sê die Norman Islander is nie gemaak vir die soort weer waarin hulle opgestyg het nie.

En as Nel eerder met instrumente gevlieg het as om op sig staat te maak, sou Tafelkop hom dalk nie onverhoeds betrap het nie.

“Vlieëniers moet kritieke besluite neem. Enigiets kon daar bo gebeur het – tegnies of menslik,” sê mnr. Charlie Marais, die eienaar van die Westline-vliegskool by die Tempe-lughawe in Bloemfontein. Nel het die afgelope twee jaar as vlieënier-instrukteur vir hom gewerk.

“Nico was ’n harde werker en student. Maar dit was onweer. Hy het besluit om eerder met sig onder die wolke te vlieg as met instrumente deur die wolke. Die vliegtuig was te laag, te na aan die berge.”

In ongunstige weer soos dié van verlede Sondag is daar eintlik net een goeie keuse, sê Pine Pienaar, die eienaar van NelAir in Nelspruit: bly in jou hotel totdat die weer opklaar.

Gure weer, ys wat in die wolke in ou vliegtuie soos die Norman Islander se vergasser saampak, gebrekkige kennis van die topografie en te min vlieg-ervaring is van die redes waarom dié omgewing soveel vliegtuie eis, sê mnr. Danie Terblanché, ’n vlieënier en instrukteur van Leo Air in die stad.

Maar ’n mens moet jou nie blind staar teen ’n vlieënier se jeugdigheid nie, sê mnr. Tony Laubser, president van die Suid-Afrikaanse vlieëniersvereniging. Dis ervaring wat tel.

Mnr. Athol Franz, redakteur van die lugvaart-tydskrif, African Pilot, beaam dit. “Voorheen moes ’n vlieënier 500 vliegure aflê voordat hy ’n lisensie kon kry. Nou is dit net 250. ’n Mens wonder of dit nie te min is nie.”

Wêreldwyd is daar ’n neiging om jonger vlieëniers te gebruik, sê mnr. Rennie van Zyl, hoof van die Burgerlugvaart-owerheid se ondersoekeenheid.

In Suid-Afrika is daar nou talle 21-jarige vlieëniers, onder meer omdat baie ervare vlieëniers emigreer, sê Franz.

Nel moes eintlik nie Sondag gevlieg het nie. Coward het eers ’n ander vlieënier gevra om die twee gesinne vir ’n vakansie na Mosambiek te neem. Dié vlieënier was nie beskikbaar nie en Nel het aangebied om te gaan. Hy was gretig om ondervinding van ’n buitelandse vlug op te doen.

Marais het Nel toestemming gegee. “Nico het die vlug haarfyn beplan. Ons het help sorg dat die vliegtuig versien en alles gereed is. Toe ek Sondag die nuus kry, het ons bly hoop. Nico se oorskot sal nou vir ’n laaste keer na sy ouers toe vlieg,” sê Marais aangedaan.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis-Lenings
Wen tot R1000 verniet
Motor- & huisversekering
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wie is, volgens jou, mees "presidensieel"?
Mnr. Zuma
Mnr. Lekota
Pres. Motlanthe

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo