| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
11/10/2008 20:26 - (SA)
Interdik teen POF oor eise-litigasie Chris Karsten
George Hofdokumente is Vrydag voorberei vir ’n dringende interdik dié week teen die Padongelukkefonds (POF) se eensydige interne besluit dat alle eise teen die fonds voortaan deur litigasie moet geskied. Dié POF-besluit is klaarblyklik geneem in ’n poging om die fonds se geldelike probleme te verlig deur uitbetalings so lank moontlik uit te stel. Mnr. Marius Kruger, ’n Kaapse prokureur, het aan Rapport gesê hy het opdrag van ’n padslagoffer gekry vir die aansoek teen die POF. Die 61-jarige man van Bonteheuwel is in 2005 in ’n motorongeluk beseer en in ’n rolstoel. ’n Skikking oor sy vergoeding met POF is reeds bereik. Maar ingevolge nuwe riglyne – wat die afgelope week uitgelek het – moet ’n regsproses nou ingestel word voor enige vergoeding uitbetaal word. Die vroegste datum wat op ’n hofrol gekry kon word is in November 2009 – byna vyf jaar ná sy ongeluk. Intussen benodig die slagoffer ’n gemotoriseerde rolstoel omdat hy nie versorgers het om hom rond te stoot nie. Die gewraakte interne memorandum is van mnr. Bailey Mbalu, uitvoerende hoof: sake-ontwikkeling van die POF. Mbalu gee opdrag dat “geen aanbiedinge vir vergoeding tot verdere kennisgewing” vir die skikking van eise gemaak mag word nie. Hy sê vergoeding mag uiteindelik net binne twintig dae voor ’n hofdatum aangebied word. Mense wat in padongelukke beseer is, kry dus geen tussentydse uitbetalings van die fonds vir mediese behandeling of oorlewing as hulle so erg beseer is dat hulle nie meer kan werk nie. Kruger sê die nuwe POF-riglyne gaan uitbetalings van vergoedingseise aan slagoffers van padongelukke met jare vertraag en die land se reeds oorvol hofrolle tot barstens toe belas. Sowat 347 000 agterstallige eise sal nou ook dringend, saam met huidige en nuwe eise, op hofrolle moet kom. Kruger bereken dat slagoffers van padongelukke – dikwels ernstig beseer en nie in staat om te werk nie – tot vier jaar en langer sal moet wag as die POF sy sin kry. Hierna kan dit nog vier tot vyf jaar duur voordat ’n “miniverhoor” vir elke eis se hofkoste afgehandel is. Voorheen is net groot of betwiste POF-eise aan hofbeslissings oorgelaat. Nou moet selfs die geringste eis ’n hofdatum kry. Dit beteken ’n bykomende geldlas op die POF, wat prokureurs moet aanstel vir elkeen van hierdie derduisende gelitigeerde eise wat die POF nou self afdwing. • Dié nuwe debakel is die jongste in wat beskryf word as ’n “lang en bitter oorlog” teen die POF wat al ’n paar jaar tegnies bankrot is. Volgens sy 2008-jaarverslag is die fonds met R27 miljard in die skuld en na aan algehele ineenstorting. Selfs eise wat reeds voorheen geskik is, word nie uitbetaal nie en amptenare weier om eisers of hul prokureurs te woord te staan. In die jaarverslag beskuldig mnr. Veli Mahlangu, waarnemende POF-voorsitter, die tesourie en die departement van vervoer van “ ’n duidelike gebrek aan aksie” om die fonds te help. Die fonds word deur die publiek gefinansier deur ’n heffing op elke liter brandstof en dié inkomste beloop sowat R700 miljoen per maand. Maar mnr. Jacob Modise, uitvoerende hoof, sê eise wat maandeliks geprosesseer word, beloop sowat R1 miljard. Hy het nege maande gelede ’n nuwe model vir finansiering aan die tesourie voorgelê, sonder enige reaksie. • Die nuwe hofaansoek teen die POF kom kort ná regter Jeanette Traverso se bevel op 15 Augustus wat die POF belet om prokureurs te omseil deur regstreekse uitbetalings aan eisers. Die georganiseerde prokureursberoep het die bevel aangevra, onder meer omdat die POF daardie besluit “in die geheim” geneem het – glo omdat “skelm” prokureurs eisers se geld vat. Traverso het gesê in die duisende POF-eise wat prokureurs hanteer, is net 50 gevalle in 13 jaar gekry van oneerlike hantering van eise. Die laaste een was in 1999. Sy het gesê dis eintlik die POF wat arm en ongeletterde eisers wil ontneem van toegang tot prokureurs en behoorlike hantering van hul eise. Kruger het pas ook in die konstitusionele hof ’n uitspraak verkry teen chaotiese bepalings in die wysigingswet. Dit moet einde Oktober reggestel wees.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|