| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
11/10/2008 20:26 - (SA)
Verhouding tussen Yslanders, Britte koud nadat bank sink Pieter Malan
Londen Die Britte en die Yslanders was nog nooit groot vriende nie, maar ná ’n paar dekades van relatiewe vrede – waartydens Yslandse banke fluks in Brittanje sake gedoen het – is verhoudinge tussen dié twee eilandnasies skielik weer yskoud. Die Britse premier, mnr. Gordon Brown, het die afgelope week wetgewing teen terrorisme gebruik om die bates van Landsbanki in Brittanje te vries nadat dié Yslandse bank, een van die eiland se grootstes, gesink het. Brown sê hy moes dit noodgedwonge doen weens die Yslandse owerhede se “onwettige optrede” deur nie hul samewerking te gee om te verseker dat Britse spaarders en beleggers nie skade ly nie. Brittanje en die klein eilandrepubliek in die Noord-Atlantiese Oseaan is historiese vyande. Hulle was in die 20ste eeu dekades lank gewikkel in die sogenaamde “kabeljou-oorlog” – ’n lae-intensiteit-oorlog wat gereeld tot skermutselings gelei het. Die geskil is uiteindelik in 1976 bygelê nadat Brittanje stert tussen die bene moes toegee tot Ysland se aandrang om sy gebiedswaters tot ’n strook van 370 km uit te brei en die Britse vissersvloot hom aan dié gebied moes onttrek. In die dekades sedert dié skietstilstand was dit nie net die Yslandse visseryebedryf wat vooruitgeboer het nie. Sy banke het ook geweldig gegroei en taamlik slap bankregulasies en gunstige rentekoerse het ’n groot vloei van kontant na Yslandse banke tot gevolg gehad – veral van Russiese miljardêrs. Nou is die wêreldwye ekonomiese storm besig om dié eiland deeglik te karnuffel. Sy banke skuld baie meer as die land se bruto binnelandse produk. Ysland is dus tegnies bankrot en sal nie kan oorleef sonder internasionale hulp nie. Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het reeds aangedui hy is bereid om te help en die land het nou al ’n hulppakket van €4 miljard (R51 miljard) van Rusland aanvaar. Gewone Yslanders het Brown die afgelope week daarvan beskuldig dat hy besig is om die eiland te boelie terwyl hulle te swak is om hulself te verdedig. “Waarom doen julle dit? Brittanje het pas die bietjie vertroue wat daar nog in Ysland was vernietig,” het ’n ontleder van Landsbanki aan The Guardian gesê. Brown is nie net bekommerd oor die 300 000 gewone Britte wat spaarrekenings in Landsbanki se filiaal Icesave gehad het en nou sukkel om hul geld terug te kry nie. Sy grootste kwelling is die £944 miljoen (R15 miljard) wat deur 108 Britse munisipale en distriksrade in Ysland belê is. Minstens tien universiteite en twee groot hospitale het ook geld op die eiland belê. As dié instellings nie hul geld kan terugkry nie, sal dit uiteindelik nog verdere druk op Britse belastingbetalers plaas. Yslandse banke het ook die laaste paar jaar swaar belê in Britse kleinhandelaars. In Brittanje word gevrees dat baie van hierdie winkels saam met hul moedermaatskappye kan sink. Groot en bekende Britse kleinhandelaars wat hierdeur geraak kan word sluit die klerehandelaars Moss Bross, House of Fraser en French Connection in, asook afdelingswinkels soos Woolworths in Brittanje, Debenhams, die speelgoedwinkel Hamleys, die kruidenier Iceland en die sportwinkel JJB Sports.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|