News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Charlize help VN
Charlize Theron is deur die Verenigde Nasies (VN) aangestel as vredesambassadeur.
Mej SA nou modeskouspel
Die nuwe formaat Mej SA-kompetisie beloof 'n modeskouspel soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie.
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  30°C
Kpstd  16°C  20°C
Dbn  21°C  29°C
Jhb  14°C  22°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

11/10/2008 20:26  - (SA)  
Leeu-byte skrik háár nie af van wilde diere
Marthinus van Vuuren    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Olifante was die eerste diere wat die agtjarige Courtney Sparrow tydens 'n besoek aan die Johannesburgse dieretuin wou sien. Courtney was 'n week gelede nog in die hoësorgeenheid van die Netcare Milpark hospitaal nadat sy deur 'n leeupaar op haar ouers se plaas in Masvingo, Zimbabwe, verskeur is. (Foto: Lauren Mulligan)


Johannesburg

Die Zimbabwiese meisie wat by die dood omgedraai het nadat ’n leeupaar haar onlangs op haar ouers se plaas in Masvingo, Zimbabwe, verskeur het, het gister besoek by die Johannesburgse Dieretuin afgelê.

Almal om haar was effens op hul senuwees, maar die agtjarige Courtney Sparrow het rustig in haar rolstoel bly sit en skaam vir die kamera bly glimlag.

“Kyk hoe klein is sy tande,” het sy met verwondering gesê net nadat ’n olifant nader gestorm en enkele meters van haar tot stilstand gekom het.

Die leeus wat Courtney getakel het, is deur haar ouers, Ron en Margaret, ingespan in ’n desperate poging om hul plaas teen besetters te beskerm.

Enkele dieretuingangers het gister ’n tweede kyk gegee na dié meisie met die letsels op haar gesig. Maar dit het nie die dapper meisie gekeer om al die diere wat sy wou sien van nader te bekyk nie.

Sy wou by die olifante begin en haar pa het geduldig sy “klein meisie” in haar stoel van hok tot hok gestoot.

Net verlede Saterdag was Courtney nog in die hoësorgeenheid van die Netcare Milpark-hospitaal nadat sy ’n opvolgoperasie ondergaan het om die skade te herstel wat die leeus aan haar skedel aangerig het.

Die afgelope week het haar vordering almal verras – die dokters inkluis, vertel haar ma.

Sy is Dinsdagmiddag uit die hospitaal ontslaan en die gesin bly by vriende in Midrand.

’n Stuk been, wat bo haar linkeroogbank uitgeskeur is en verlede week deur ’n span chirurge teruggeplant is, blyk deur haar liggaam aanvaar te word.

“Daar is geen swelling of infeksie nie, so ons hoop dit is ’n teken dat die been besig is om vas te groei.

“Maar ’n lang pad lê nog voor,” het mev. Sparrow aan Rapport gesê.

Haar dogter sal nog verskeie kere onder die mes moet wees. Dit sluit in nóg ’n operasie om haar oogbank verder uit te bou en chirurgie om die traanklier in haar linkeroog te probeer herstel.

Dié operasies sal binnekort gedoen word.

Om die ergste letsels te verwyder sal Courtney ook “binne die volgende jaar of twee” plastiese snykunde ondergaan.

“Ons vind berusting in die feit dat dit soveel erger kon gewees het.

“Kyk net waar was ons ’n week of twee gelede, en kyk waar is ons nou,” het ’n dankbare mev. Sparrow gesê.

“Courtney het geen emosionele kwessies oor die leeus nie en het reeds in haar geheue al die gapings van die leeu-aanval ingevul. Sy het net stiller geword.”

• Die Sparrows moes reeds honderde duisende rande vir hul dogter se mediese koste opdok. Lesers wat ’n bydrae wil lewer, kan die Netcare Milpark-hospitaal by 0 0860-638-2273 bel.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis-Lenings
Wen tot R1000 verniet
Motor- & huisversekering
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wie is, volgens jou, mees "presidensieel"?
Mnr. Zuma
Mnr. Lekota
Pres. Motlanthe

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo