| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
11/10/2008 20:26 - (SA)
Kunsbaas in hof op betasting-klagte Julian Jansen
Die baas van ’n bekende kunsgalery op Stellenbosch, mnr. Johan Coetzee (50), verskyn tans in die hof op Somerset-Wes op drie klagte van onsedelike gedrag met ’n 12-jarige meisie van Somerset-Wes. Dié voorvalle het in 2004 en 2005 plaasgevind. Die meisie is nou 17 jaar oud. Coetzee ontken skuld. Die klaagster is glo op drie geleenthede onsedelik betas deur Coetzee, wat in die spogbuurt Bell Aire op Somerset-Wes gewoon het. Hy het haar glo ook by Huis Polfyntjie, Coetzee se vakansiehuis in Gordonsbaai, gedwing om orale seks met hom te hê. Die klaagster het reeds getuig. In ’n verslag op die klagstaat meld me. Etna Mentz, ’n maatskaplike werker van Patch (die Helderbergse kindermishandelingsentrum), dat die klaagster ná die beweerde voorvalle selfmoord wou pleeg en dat sy haar arms verskeie kere gesny het. Die meisie se stiefpa, ’n voormalige vriend van Coetzee, het getuig hoe sy vrou (die meisie se ma) hom in Augustus 2005 gevra het om met Coetzee te praat oor die manier waarop Coetzee die meisie “vashou en soentjies gee”. Hy het getuig hy het Coetzee by drie geleenthede gewaarsku om daarmee op te hou met die woorde: “Jy’s my pêl, asseblief, hou op daarmee. Dit pla my verskriklik.” Adv. Dawie Joubert van die Johannesburgse balieraad, wat Coetzee in opdrag van Malan Lourens Arendse Ingelyf van die Strand verdedig, het probeer aantoon dat die meisie se getuienis “onwaarskynlik en erg teenstrydig” is en het ’n aansoek gebring vir volle ontslag. Joubert het aangevoer dis onwaarskynlik dat Coetzee die klaagster onsedelik kon betas omdat die meisie heelwat korter is as Coetzee. Sy het ook glo stywe jeans aangehad wat betasting sou bemoeilik. Vrydag het die landdros, me. M.T. Cannon, egter gesê die ontslag van die beskuldigde kan nie gegee word bloot omdat daar volgens die verdediging teenstrydighede in die klaagster se getuienis is nie. Cannon het gesê die klaagster se getuienis kan nie deur die hof geïgnoreer word nie. Die meisie het aan Kaap-Rapport gesê dat die woorde van die verdediging “seergemaak het, asof dit nie gebeur het nie”. “Ek wil so graag die saak agter die rug kry en met my lewe aangaan.” Cannon het die saak na 22 Januarie volgende jaar uitgestel.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|