News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
    Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  14°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

18/04/2008 12:19  - (SA)  
'Ek dink nie aan Spele' - Watson
Johan van Wyk    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
(Foto: Nasief Manie)


Johannesburg

Hy’s letterlik en figuurlik in die wolke omdat hy ’n wêreldkampioen geklop het . . . maar op skaars-20 droom Keenan Watson (nog) nie Olimpiese drome nie.

“Nee wat, Beijing is te vroeg vir my. Ek het nog baie om te leer – en ek leer steeds by Godfrey (Mokoena),” sê dié jong Paarliet.

Keenan het laas naweek op Stellenbosch nie net die Suid-Afrikaanse atletiekpubliek nie, maar ook homself verbaas toe hy die SA senior verspring-titel voor die neus van die pas-gekroonde binnenshuise wêreldkampioen Godfrey Mokoena weggeraap het.

Amptelik sal Keenan se super-wensprong van 8.26 nie erken word nie – die wind was te sterk van agter: 2.7 meter per sekonde teenoor die maksimum-wettige 2.0. Om die waarheid te sê: nie één van sy Stellenbosch-spronge was binne die toelaatbare sterkte wind-hulp nie.

Die SA titel is egter syne – en sy persoonlike beste afstand bly die 7.85 waarmee hy verlede jaar in Durban die SA Studente-gewen het.

Die ironie van die Stellenbosch-drama is dat Mokoena net één “wettige” sprong gehad het – en dat hy met dáái 8.25 die Beijing-kwalifiserende vereiste van 8.20 oortref het.

Watson het sy super-sprong met sy vyfde poging behaal, waarna Mokoena met s? laaste sprong (vergeefs) probeer het om sy jong teenstander verby te steek. Mokoena het toe in sy vurigheid oorgetrap.

• Watson, oud-skolier van die Paarlse Hoër Jongenskool, sê:“Ek het hoegenaamd nie vooraf so ’n afstand óf selfs die SA titel verwag nie. Ek is Stellenbosch toe net om te kyk of ek nie daai beste van my (7.85) kon skrik maak nie.

“Natuurlik voel dit great om te kan sê ek het ’n wêreldkampioen geklop. Maar ek het nog altyd inspirasie uit Godfrey geput. Ek het net die grootste agting vir hom en ek besef ek het nog ’n lang paadjie om te loop om te kom waar hy reeds is.”

Hy sê hy het in sy laaste jaar op laerskool “eendag sommer vir die lekkerte gaan verspring – en toe wén ek nie net nie, ek het net daar besluit dis só lekker, dat ek van daar af nie meer aan die naellope deelgeneem het nie.”

As onder-15 het hy tot 7.13 gevorder, en hy word sedertdien deur Raymond Julius afgerig. As junior (onder 20) het hy twee jaar agtereenvolgens die SA titel gewen – en hy het verlede jaar rêrig begin deurbreek, toe hy die SA Studente-titel en daarna die Afrika-junior titel in Burkino Faso gewen het..

Hy was sesde by die SA senior kampioenskappe met ’n 7.40 (Mokoena het op 8.16 gewen) en agtste by die Afrika-Spele in Algerië (Mokoena was daar derde).

• En nou, vorentoe? “Ek spring eerskomende naweek in Pretoria vir die Universiteit van die Wes-Kaap by die SA Studente-kampioenskappe. Ek wil geen voorspellings waag nie – al wat ek daar sal wil doen, is om te probeer om daai 7.85 van ’n jaar gelede te oortref.

“My grootste droom is nou om te probeer kwalifiseer om volgende jaar in Berlyn aan my eerste senior wêreldkampioenskappe te gaan deelneem.”



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo