News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Minki vonkel...
Minki Visser vonkel behoorlik wanneer sy praat oor 'n nuwe verbintenis...
Komedie met plaaslike talent
Wat het Catriona Andrew, Barry Hilton en Mark Fish in gemeen?
Sondag 12 Oktober 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  13°C  32°C
Kpstd  15°C  23°C
Dbn  18°C  22°C
Jhb  16°C  28°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

18/04/2008 12:19  - (SA)  
Mulaudzi gaan Sepeng vir Spele help slyp
Johan van Wyk    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Hezekiel Sepeng (Foto: Touchline)


Stellenbosch

Mbulaeni Mulaudzi, een van Suid-Afrika se sterkste Olimpiese medalje-hope, gaan die-tot-onlangs-geskorste Hezekiel Sepeng help om ’n skouspelagtige Olimpiese terugkeer in Beijing te maak.

Mulaudzi, sy afrigter JP van der Merwe en Sepeng vertrek oor twee weke vir ’n oefenkamp in Dullstroom, waar hulle in die dun lug saam vir drie weke vir Beijing gaan slyp.

Van der Merwe het Sepeng as skoolseun in die stofstrate van ’n Potchefstroomse township ontdek en hom afgerig tot ’n silwermedalje in die 800 by sowel die Olimpiese Spele (1996) as die wêreldkampioenskappe (1999). Hy was ook vierde by die Spele van 2000 en sesde by Athene 2004. Onder Van der Merwe het Sepeng in 1999 in Brussels ook sy huidige SA rekord (1:42.69) gehardloop.

Sepeng word deesdae deur Jean Verster afgerig - en hy het maar eers vanjaar weer begin deelneem, nadat hy twee jaar lank weens ’n omstrede opkikker-oortreding geskors is.

Sepeng (33) sê aan Rapport: ”Al wat ek tot en met die SA kampioenskappe hier wou doen, is om aan Atletiek SA se Olimpiese kriteria van deelname aan drie Geelbladsye-byeenkomste en die SA’s te voldoen.Dit het ek nou gedoen. Ek het nie Stellenbosch toe gekom om die Beijing-kwalifiserende vereiste (1:46.00) te probeer bereik nie - dít sal hopelik later vanjaar op die groot Europese byeenkomste vóór die Spele kom.”

Hy sê dis sy grootste prioriteit ná sy skorsing “om terug te kom en almal wat my as ’n has-been bestempel het, op die neus ’n hou te gee. Ek wíl Beijing toe gaan vir my vierde Olimpiese Spele - en ek is stadig maar seker op pad daarheen.”

Suid-Afrika kan inderdaad, soos in die 400-hekkies, met ’n driedubbele Olimpiese aanslag in die 800 kom indien Sepeng se planne vlot verloop. Mulaudzi (27), wat op die afgelope drie binnenshuise wêreldkampioenskappe eerste (2004), tweede (2006) en laasnaweek wéér tweede geëindig het, en Samson Ngoepe (23), het albei onlangs in Germiston die Beijing-vereiste (1:46.00) lag-lag oortref. Mulaudzi het al op Sepeng se rekord-drumpel gedraai met ’n 1:42.89 in 2003 - en hy het Sepeng op die Athene-Spele in die eindronde hakskene met ’n Olimpiese silwermedalje gewys.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis-Lenings
Piggs Peak Casino
Motor- & huisversekering
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Sal jy jou steun toesê aan mnr. Lekota se wegbreek-poging?
Ja
Nee
Dit sal nooit realiseer nie.

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo