News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Sterre oppad na SA
Verskeie Hollywood-akteurs kom eersdaags in SA aan om 'n rolprent te maak oor Amelia Earhart.
Sondag 29 Junie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
    Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  13°C
Kpstd  12°C  15°C
Dbn  12°C  21°C
Jhb  3°C  16°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

26/04/2008 19:51  - (SA)  
Atletiek: Beijing, hier kom ons!
Johan van Wyk    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Elizna Naude. (Foto: Mandie Brandt)


Johannesburg

Og, die Suid-Afrikaanse atletiekspan gaan van Woensdag tot Sondag in Ethiopië sweerlik die medaljes soos nog nooit tevore nie by die Afrika-kampioenskappe laat inrol . . . maar dís nie eintlik wat gaan saak maak nie.

Wat wél gaan saak maak, is of meer as ’n handvol van die land se top-atlete in Addis Abeba die “A-” kwalifiserende vereiste vir die Olimpiese Spele in Beijing kan gaan bereik. En hulself dan in die komende internasionale seisoen in Europa rustiger vir China kan gaan pantser.

In die yslike SA span van 62 lede tel minstens agt sodanige Olimpiese kandidate wat daai verbrande kwalifikasie in Ethiopië agter die rug wil kry.

Hulle is:

• Die naelloper Geraldine Pillay, wat in die heerlike dun Ethiopiese lugdruk daai vereiste 11.32 in die 100 soek.

Sy het in die SA seisoen op 11.35 gedraai.

(En in die 200 is die minder-befaamde Isabel le Roux sélf met ’n 23.03 ’n haarbreedte van die vereiste 23.00 af).

• SA 400-hekkies-kampioen LJ van Zyl, wat met ’n huidig-beskeie 49.59 in sy agtersak soos Ter de Villiers (48.71), Alwyn Myburgh (48.99) en Ockert Cilliers (49.18) wil maak en die Beijing-vereiste 49.20 wil bereik.

• Hoogspring-Statebondskampioen Anika Smit, wat op 1.90 nog ’n entjie van die gevraagde 1.95 is.

• Janice Josephs, wat met ’n 6.63 in die verspring na die vereiste 6.72 mik.

• Gewigstoter Janus Robberts is met ’n uiters beskeie SA-seisoenbeste van 19.15 vir seker tot die vereiste 20.30 in staat.

• Vir diskus-gooiers Hannes Hopley (tans 60.29) en Elizna Naudé (tans 58.38) het die onderskeidelik-gevraagde 64.50 en 61.00 tot dusver ontwyk.

Ons wéét egter albei van hulle het daardie vereistes in die verlede al lag-lag oortref.

• En dan . . . dan is daar ons Statebondskampioen met die spies, Sunette Viljoen.

Onthou julle nog hoe sy nou anderdag in Potch daai spies op 62.24 laat grondvat het – lag-lag verby die vereiste 60.50 – maar hoedat die SA atletiekbase agterna gekerm het oor die storie dat dáái byeenkoms nie Op die ASA-program was nie . . . en dat sy dit wéér sou moes doen?

Wel, dáái 62.24 pryk reeds amptelik tussen die top-5 op vanjaar se wêreldlys (kort agter mede-Puk Justine Robbeson se nie-bevraagtekende 63.49).

Vanjaar se beste gooi tot dusver is die 63.65 deur die Brit Goldie Sayers.

Verlede jaar se nommer 1 was die Duitser Christina Oberföll, wat op ’n slag met ’n yslike 70.20 losgetrek het. Sy was een van net vier vroue wat die spies verder as 65 meter geslinger het.

Die afgelope week sê Sunette aan Rapport: “Ek gaan Ethiopië toe met net één doelwit: 62 meter.

“Nie ’n sentimeter minder nie.

“ Ek wéét ek kan dit weer doen; my oefeninge w?s daar’s ’n gróót gooi in my.”

Uit ASA-geledere word aan Rapport gesê Sunette “moenie oor daai Potch-probleem bekommer nie. Ons weet sy het dit in haar om dit wéér te doen en van haar plek na Beijing seker te maak.”

ASA se standpunt is dat hy op 10 Julie, wanneer hy sy span saamstel, na die hele seisoen sal kyk en nie op een enkele vertoning sal fokus nie.

• Intussen het vyf lede van die aanvanklik-gekose SA span na Ethiopië hulle weens beserings onttrek: naelloper Kagiso Kumbane, Johan Cronjé (1500), 400 hekkies-brekers Alwyn Myburgh en Janet Wienand en spiesgooier Robert Oosthuizen.

Selfs dié onttrekkings verswak die SA span se medalje-kanse in Ethiopië egter hoegenaamd nié.

Dis nie soseer ’n kwessie dat Suid-Afrika so sterk is dat hy die medaljes in Addis Abeba by die emmersvol gaan laat inrol nie – dis eerder ’n geval van die res van Afrika wie se atlete, anders as ons s’n, nog skaars vanjaar h?l gevleuelde voete op ’n atletiekbaan neergesit het.

In dié stadium lyk dit asof Suid-Afrika in Ethiopië bykans gaan skoonskip maak in die veld-items.

Op die baan sal veral Nigerië in die korter items spiere bult – terwyl lande soos Kenia, Ethiopië en Marokko in die langer afstande, soos altyd, sal septer swaai . . . met die één uitsondering in die 800, waar Mbulaeni Mulaudzi met sy opmars na (hopelike) Beijing-glorie sal begin.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Wat is die oplossing vir die krisis in Zim?
Stille diplomasie
Militêre ingryping
Uitgebreide sanksies

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo