| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 12 Oktober 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
26/04/2008 19:51 - (SA)
Swem: In ma Mariette se diep spore Johan van Wyk
As Mariette van Heerden het die destydse Springbok en SA rekordhouer in die gewigstoot en diskusgooi in 1980 die Limpopo oorgesteek, om haar geboorteland, Zimbabwe, by die Olimpiese Spele in 1980 in Moskou te gaan probeer verteenwoordig. Omdat sy egter toe nog gebly het in wat die nuwe Zim-sportbase “rassistiese Suid-Afrika” genoem het, het hulle haar ’n plek in dié pas-onafhanklike land se Olimpiese span geweier . . . ondanks die feit dat Mariette die gewig en diskus by die Zim-kampioenskappe met amper 10 meter gewen het. ’n Jaar later het sy toe na haar geboortestad Harare verhuis; Zim by die Statebondspele in Brisbane verteenwoordig – en haar loopbaan in 1984 in Los Angeles by die Olimpiese Spele afgesluit. In haar Zimbabwe-dae is sy met James Meaklim getroud. In 1987 is hul eersteling, Jessica, daar gebore, waarna die Meaklims permanent na Suid-Afrika verhuis het. In 1989 is ’n sussie, Kathryn, vir Jessica hier gebore . . . einste Kathryn, wat in die SA Olimpiese swemspan van 21 lede is wat Beijing toe gaan. Dié Olimpiese ma/dogter-kombinasie is, sover bekend, uniek in die SA Olimpiese geskiedenis – al was Springbok Mariette destyds weens SA isolasie gedwing om vir Zimbabwe te gaan deelneem. Sover bekend, het nog net één ander ouer én kind uit dieselfde familie Suid-Afrika op Olimpiese Speles verteenwoordig: Rupert Ellis-Brown was by die 1924- en 1928-Spele ’n seiljagvaarder – en sy seun Joe het die land in 1952 in dieselfde sport by die Helsinki-Spele verteenwoordig. • Ma Mariette, nou 55, sê uit Durban aan Rapport: “Ek kan jou nie vertel hoe trots ek op Kathryn is nie. Omdat sy omtrent net so lank is soos toe ek in my fleur was (omtrent 1.90 m), het sy en (ewe-lang) sussie Jessica vroeg-vroeg op skool óók letterlik en figuurlik oor hul teenstanders uitgetroon en gewigstoot- en diskusgooi-kompetisies met meters gewen. “Maar die see in Durban was altyd Kathryn se eerste liefde – en die atletiek het geleidelik plek gemaak vir swem.” Mariette het in 1980 haar destyds-yslike SA rekords in die gewigstoot (17.32) en diskus (58.14) binne drie dae ná mekaar opgestel. Haar gewigstoot-rekord is eers 22 jaar later deur Drienkie van Wyk verbeter – en haar gewigstoot-rekord is in 1986 deur Nanette van der Walt verbeter. In albei items is Mariette stééds no. 3 op die SA lys van alle tye. Kathryn het nou anderdag in Durban die Beijing-kwalifiserende vereiste in die 400-individuele wisselslag lag-lag met ’n 4:41 teenoor die vereiste 4:44.65 verbeter. Sy het in die 200-vlinderslag net-net nie gekwalifiseer nie. Hierna het sy haar veelsydigheid by die kortbad-wêreldkampioenskappe in Manchester onderstreep, toe sy in die 800-vryslag agtste in ’n Afrika-rekordtyd was. En, vertel sy, “as ek nie in my oefen-kostuum in die 400-vryslag moes meeding omdat ons bagasie nooit opgedaag het nie, sou ek daar nog beter gedoen het.” Kathryn sê atletiek was “uiteraard, oor Ma se prestasies” aanvanklik die gróót storie in haar jonger dae: “Ja, wat, Jessica en ek het deksels goed gedoen in atletiek. Ek dink dit was omdat ons soveel groter as ons maats was – hulle was seker bang vir ons. Maar ek was in my hart maar altyd liewer vir die water.” Haar eerste gróót deurbraak in die water was verlede jaar in Algiers by die Afrika-Spele, waar sy ’n goue-, silwer- en twee bronsmedaljes gewen het. • En nou, Beijing: “Ek is nog só in my noppies om soontoe te gaan, dat ek nog nie rêrig begin droom het oor wat ek daar wil doen nie. Maar dit lyk asof ek tot onder 4:40 sal moet wikkel om daar die eindronde te haal. “Ek’s nog jonk; as ek op my eerste Spele net my beste tyd kan aanteken, kan niemand meer van my verwag nie. Nie waar nie?”
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|