| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
26/04/2008 19:51 - (SA)
Gimnastiek: Odette Richard gee op 5 haar 1ste Spele-tree Johan van Wyk
Tiger Woods klop haar met twee jaar. Volgens die legende het Pa Earl en Ma Kultida Woods vir Tiger op 3-jarige ouderdom die eerste keer na ’n gholfbaan gevat. Die res is, soos hulle sê, geskiedenis. Maar waar Tiger as’t ware in die wieg gelê is om wêreldgholf soos ’n bom te tref, was dit “bloot toevallig” dat Pa David en Ma Esmé Richard h?l spruit op skaars 5 na ’n gimnastieksaal gevat het. Daai spruit, Odette, is vandag 19 – en sy is Suid-Afrika se enigste verteenwoordiger in gimnastiek by die komende Olimpiese Spele in Beijing. Ma Esmé – soos Pa David ’n bedrewene in die mediese wêreld – vertel die afgelope week aan Rapport: “Uit die aard van my werk was ek destyds nie baie by die huis om na Odette om te sien nie. “Ek het eenvoudig een middag besluit sy kan nie alleen by die huis sit en niks doen terwyl haar pa en ek werk nie. “Ek het reguit afgesit na die naaste gimnastieksaal aan ons huis – en haar daar afgelaai.” En nee, sê Ma Esmé, haar Odette was nié in die wieg gelê om van kleins af spiertjies te bult in gimnastiek nie. “Dit was rêrig bloot toevallig dat ek met haar na ’n gimnastieksaal toe afgesit het. “Ons as ouers het nooit in daardie stadium kon dink sy sou haar land eendag in dié sport verteenwoordig nie – en dít, nogal by ’n Olimpiese Spele!” • Odette is op 18 Julie 1988 in Johannesburg gebore. Sy was op laer skool by St. Cathryn’s – en dis dáár was s? die afgelope week die storie verder vat. “Ja, my ma het vir my gesê ek kan nie heeldag by die huis sit en niks doen nie – dáárom het sy my na daai gimnastieksaal toe gevat. “Ek het juis dáár kennis gemaak met Maureen van Rooyen, wat my van daai eerste dag af as afrigter onder hande geneem het – en in Augustus as stééds my amptelike afrigter saamgaan Beijing toe. “Alles wat ek weet van gimnastiek af, het Maureen my van kleins-af geleer. Beijing sal uiteraard my eerste Spele wees – ek is net vrek bly Maureen sal daar by my wees om my tot my beste aan te spoor.” • Hierdie waarnemer, oor die jare getoë in veral sportsoorte soos rugby en atletiek, gaan nie vandag probeer slim klink en vir jou, geagte leser, groot uitlatings oor gimnastiek probeer maak nie. Daarom het ek, heel beskeie, vir Odette sélf gevra om vir al ons oningeligtes te sê wat dié “ritmiese gimnastiek” is waarin sy ons vlag in China gaan laat wapper. En, vra ek, hoe verskil dié ding nou van die “gewone” gim wat jy en ek op skool probeer doen het? Sy verduidelik: “Ritmiese gimnastiek draai meer rondom ’n dans-vorm, waar jy dinge soos linte en hoepels gebruik. “Artistieke gimnastiek is meer op krag gefokus.” Oukei, nou weet ons. Vraag 2: Hoe kwalifiseer jy vir Beijing? “Net by een plek: die tweejaarlikse wêreldkampioenskappe. Laasjaar was dit in Griekeland – en ek het daar die beste vertoning deur ’n Afrika-gimnas gelewer.” In Beijing, hoor ek by ’n ander bron, sal Odette een van net 24 deelnemers wees. Haar droom daar? “Om die beste vir my land te doen wat ek nog ooit gedoen het.” • Één ding beloof ek julle: as daar in Beijing ’n fraaier gimnassie as Odette tussen die ánder 23 is, stuur fotograaf Christiaan Kotze eerste ding ’n foto van haar huistoe . . .
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|