News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Sterre oppad na SA
Verskeie Hollywood-akteurs kom eersdaags in SA aan om 'n rolprent te maak oor Amelia Earhart.
Sondag 29 Junie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
    Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  13°C
Kpstd  12°C  15°C
Dbn  12°C  21°C
Jhb  3°C  16°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

03/05/2008 19:48  - (SA)  
Swem: Natalie kwalifiseer vir Olimpiese Spele
Marizanne Kok    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
(Foto: AP/Armando Franca)


Johannesburg

Suid-Afrika se gestremde swem-heldin, Natalie du Toit, se Olimpiese droom is uiteindelik bewaarheid.

Die 24-jarige Kapenaar het gister haar kaartjie na Beijing bespreek toe sy vierde geëindig het in die 10 km-marathon by die Internasionale Swemfederasie (Fina) se vyfde oopwater-byeenkoms in Seville, Spanje.

Die eerste tien vroue oor die wenstreep in die marathon-swemnommer, asook die beste vrou van elke kontinent, het regstreeks gekwalifiseer vir die item, wat vanjaar vir die eerste keer op die Olimpiese kalender verskyn.

Sover bekend is Du Toit nou die eerste gestremde atleet ooit om vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer.

Du Toit het die item in 2 uur, 2 minute en 7.8 sekondes voltooi, slegs 6.1 sekondes ná die wenner, Rusland se Larisa Ilchenko. Slegs 13.6 sekondes het die voorste 10 swemmers geskei.

Du Toit, wat ook Dinsdag aan die 5 km-marathon sal deelneem, is die enigste gestremde atleet by die byeenkoms. Wat haar prestasie selfs meer besonders maak, is dat sy eers Vrydagmiddag in Spanje geland het ná ’n 12 uur lange vlug vanaf Kaapstad.

Boonop was haar bagasie steeds nie in Spanje teen die tyd dat sy gisteroggend in die water gespring het nie.

Maar dan het Du Toit haar nog nooit deur so iets laat afsit nie.

Du Toit was ’n belowende swemmer wat haar land reeds by ’n Statebondspele verteenwoordig het toe haar linkerbeen in 2001 geamputeer is ná ’n ongeluk met haar bromponie.

Slegs drie maande ná daardie ongeluk, nog voordat sy weer kon loop, was sy terug in die swembad, en binne ’n jaar het sy deelgeneem aan die Statebondspele in Manchester, waar sy gekwalifiseer het vir die eindronde van die 800 m-vryslag vir “normale” atlete – die eerste gestremde swemmer ooit om dit reg te kry.

Sy het goud gewen in die 50- en 100-vryslag vir gestremde atlete, en is aangewys as die uitstaande atleet van die byeenkoms.

Sedertdien het Du Toit die Paralimpiese wêreldrekords met gereelde tussenposes laat spat.

Onder die rekords tel dié in die 50-, 100- en 400-vryslag, 100-vlinderslag en 200- individuele wisselslag.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Wat is die oplossing vir die krisis in Zim?
Stille diplomasie
Militêre ingryping
Uitgebreide sanksies

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo