| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
03/05/2008 19:48 - (SA)
Atletiek: Wonderwerk as Oscar in gewone Spele kan nael Johan van Wyk
Johannesburg Net ’n “wonderwerk” sal Oscar Pistorius in Augustus by die Olimpiese Spele in Beijing laat aantree … al wen hy ook sy appèlsaak teen die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF). Só glo sowel Pistorius as sy bestuurder, Peet van Zyl. Hulle het Vrydag na Suid-Afrika teruggekeer nadat hulle Dinsdag en Woensdag in Lausanne, Switserland, die 21-jarige Pretorianer se saak in die internasionale arbitrasiehof vir sport (CAS) gestel het. “Ek is baie gelukkig dat ek die kans gekry het om my saak voor kenners te stel,” het Pistorius aan Rapport gesê . Hy wou hom nie uitlaat oor die moont-like CAS-uitspraak oor sowat twee weke nie. “Ek besef maar alte goed my stryd om aan die ‘gewone’ Spele deel te neem, is nog nie verby nie – wat ook al die uitslag. “Die Beijing-Spele was nog altyd vir my ’n droom. Ek besef egter met selfs ’n positiewe CAS-uitspraak sal dit vir my vrek moeilik wees om in die min tyd voor die Spele die kwalifiserende vereiste van 45,5 s in die 400 m te probeer behaal. Ek sal in die diep kant van die swembad ingegooi word – en daar sal dan nie meer veel ‘ope’ internasionale byeenkomste oor wees om aan deel te neem nie. “Die Beijing-Spele is egter nié ’n obsessie vir my nie. As ek nie daar kan deelneem nie, sal die wêreld nie vergaan nie. Ek’s nog jonk. Maar ás ek die kans gegun word om daarvoor te probeer kwalifiseer, sal ek dit met albei hande aangryp.” Nie net sal Pistorius in dié kort tydjie sy persoonlike beste in die 400 m met ’n sekonde moet verbeter nie – Atletiek Suid-Afrika (ASA) se kwalifiserende vereistes vir die Spele bepaal ook dat ’n kandidaat aan minstens drie van die ses plaaslike Geelbladsye-byeenkomste én die SA (ope) kampioenskap moet deelneem. Oscar het, weens sy skorsing deur die ?IAAF uit “ope” atletiekbyeenkomste, nie aan enige van dié byeenkomste deelgeneem nie. Of ASA in Pistorius se besonderse omstandigheid ’n uitsondering sal maak, is ’n ope vraag. • Van Zyl sê hulle het die Lausanne-proses as “regverdig en in ’n goeie, objektiewe gees” ervaar. Oscar het self ook sy saak gestel – en hy is ook deur IAAF-regsmense onder kruisondervraging geneem. “Dit was die eerste keer dat die CAS só ’n saak moes aanhoor – hul normale sake is gewoonlik oor dissiplinêre en/of opkikker-gedinge. Die mense wat ons aangehoor het, was almal wêreldkenners. Ons het vyf top-regsgeleerdes gehad – drie Amerikaners en twee Italianers – en by nie een van hulle was daar ooit twyfel oor ons saak nie. “Hulle glo, soos ons, dat die IAAF-ondersoek in Duitsland onder leiding van prof. Gert-Peter Brueggemann verkeerdelik bevind het dat Oscar bo ‘normale’ tweebenige atlete bevoordeel sou word.” Die IAAF het die Brueggemann-bevindinge aanvaar en Oscar dadelik deelname aan “ope” atletiek verbied. Hierna het ’n groep ánder kenners onder leiding van prof. Hugh M. Herr van die Massachusetts-Instituut van Tegnologie óók toetse op Oscar uitgevoer. Dié toetse het bevind hy word nie bevoordeel nie – en die uitslae van dié toetse is aan die CAS voorgelê. • Van Zyl sê hy aanvaar dat Pistorius met ’n gunstige CAS-uitspraak feitlik onmoontlik nie genoeg tyd sal oorhê om die vereiste 45,5 s te probeer bereik nie: “Dit sal ’n wonderwerk wees indien hy dít vermag. In dié stadium is die plan dat hy in die 100 m, 200 m en 400 m by die Paralimpiese Spele in Beijing sal gaan deelneem.” Volgens Van Zyl is daar nou “meer as deelname aan die Olimpiese Spele in China” op die spel. “Oscar veg vir sy toekoms én die toekoms van alle ander sportlui soos hy. As die deur nó? vir hom en ander soos hy toegeklap word, sal dit vir altyd wees. Daarom glo ons ons het ’n baie sterk saak om die IAAF-skorsing om te keer,” sê Van Zyl.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|