| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 29 Junie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
03/05/2008 19:48 - (SA)
Atletiek: Wêreldatletiek gee 1ste Spele-treë Johan van Wyk
Johannesburg Terwyl Suid-Afrikaanse atlete hulself al die afgelope vier maande poegaai spook, begin wêreldatletiek Vrydag in Doha, Katar, die eerste keer rêrig spiere bult in Olimpiese Jaar 2008. Die Doha-byeenkoms skop vanjaar se internasionale Super Grand Prix-reeks af. Verskeie potensiële Olimpiese kampioene en/of medalje-kandidate gee daar hul eerste gróót treë in hul opmars na Beijing. Één Suid-Afrikaner wat in die woestynland sy eerste proesel internasionale mededinging vanjaar kry, is ons 400-hekkies-kampioen LJ van Zyl. Hy tree weliswaar nie daar aan teen die super-Amerikaners Kerron Clement (huidige wêreldkampioen) en Bershawn Jackson (vorige wêreldkampioen) nie – maar hy kry wél te doen met die Griekse Europese kampioen Periklis Iakovakis. Dié Griek is een van min huidige hekkies-brekers wat al onder 48 sekondes gedraai het (drie keer, met ’n beste van 47.82). LJ (beste: 48.05) wéét hy sal vanjaar óók deur die 48-grens moet bars om in Beijing in die Olimpiese medalje-jag te wees. Jackson het twee weke gelede in Amerika met ’n blits-48.32 vir Van Zyl se landgenoot Ter de Villiers (vanjaar: 48.71) uit die eerste plek op vanjaar se melkbaard-wêreldlys geskuif. • Die wêreld se vinnigste man, die Jamaikaanse wêreldrekordhouer in die 100, Asafa Powell (9.74), was veronderstel om in Doha met s? Olimpiese aanslag te begin (die huidig-geskorste Yank Justin Gatlin het twee jaar gelede op dieselfde byeenkoms s? destydse wêreldrekord van 9.77 opgestel). Powell het hom egter die afgelope week weens ’n borsbesering onttrek – en hy sal nou eers weer einde Junie by die Jamaikaanse Olimpiese proewe gesig wys. Powell hét vanjaar reeds ’n 10.04 in Februarie in Australië behaal. Van die Amerikaanse wêreldkampioen Tyson Gay is nog nie vanjaar gehoor nie (tans is twee hoogs onbekendes elk met ’n 10.00 vanjaar se vinnigstes). In die vroue-naellope skop die volslae Beijing-gunsteling in die 200, die Amerikaanse wêreldkampioen Allyson Felix, háár opmars die eerste keer vanjaar in twee items, die 100 en 400, af. Ook Jeremy Wariner, die Amerikaanse Olimpiese- en wêreldkampioen in die 400, maak in Doha litte los in die korter 200. Hy het in dié item reeds ’n 20.19 opgestel – en hoe nader hy aan die 20 sekonde-grens kom, hoe vinniger is hy op pad om Michael Johnson se super-wêreldrekord in die 400 (43.18) te begin skrik maak. In die vroue-hoogspring maak die Kroatiese langbeen-binnenshuise- én buitemuurse wêreldkampioen Blanka Vlasic háár 2008-debuut. Sy het laasjaar die 20 jaar oue wêreldrekord (2.09) begin skrik maak – en sy behoort in Doha maklik vanjaar se beskeie beste (1.95) uit die wêreldlys te vee. Terwyl Suid-Afrika se jong junior wêreldkampioen met die spies, Robert Oosthuizen, tans hier by die huis van ’n enkelbesering herstel, wys die Noorweegse Olimpiese kampioen, Andreas Thorkildsen, gesig in Katar. Vanjaar se nommer 1-afstand is die 89.02 van die hoogs onbekende Aussie, Jarrod Bannister, met Oosthuizen nommer 2 met s? yslike 86.80 hier by die huis. • Intussen het die handjievol buitemuurse byeenkomste tot dusver vanjaar rééds ’n string puik vertonings opgelewer. Hieronder tel die Keniaan David Rudisha (1:44.20 in die 800 – vinniger as ons gróót Beijing-hoop Mbulaeni Mulaudzi se 1:45.25); die Amerikaner David Oliver se 13.08 in die 110-hekkies; diskus-breker Virgilijus Alekna se 68.68, die Hongaarse hamergooier Krisztian Pars se 81.29 en die marsjerende Amantle Montsho van Botswana (48.83 in die 400). Net een Suid-Afrikaner is tans nog nr. 1: verspringer Godfrey Mokoena (8.25 – met die Yank Dwight Phillips met ’n 8.24 op sy hakke).
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|