News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
    Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  14°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

03/05/2008 19:48  - (SA)  
Swem: Super-Speedo laat rekords én vonke spat
Johan van Wyk    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Tekens van die tye...Hier vertoon die Australiese superster Leisel Jones die Speedo LZR Racer-kostuum. (Foto: Ezra Shaw/Gallo)


Johannesburg

Nou’s dit oorlog tussen die wêreld se twee grootste vervaardigers van swemdrag, Speedo en Arena, oor die omstrede nuwe Speedo LZR Racer, wat tot ’n ongekende wêreldrekord-fees in die swembad gelei het.

Draers van die revolusionêre nuwe Super-Speedo het reeds twéé keer die groen lig by die wêreldbeheerliggaam, Fina, gekry om ongehinderd daarin hul opmars na die Olimpiese Spele in Beijing voort te sit . . . maar Arena het nog nie handdoek ingegooi in sy stryd om dié “supersoniese” swempak vóór Beijing te probeer verbied nie.

Al werk Arena in groot geheimhouding aan ’n eie soortgelyke prototipe kostuum, wat die definisie van noupassende kleedstof “tot ’n nuwe uiterste voer”, sit dié maatskappy agter ’n pas-aangekondigde ondersoek deur die Italiaanse Instituut van Medisyne en Wetenskap oor die verband tussen die kostuum en die onlangse wêreldrekord-slagting.

Altesame 19 langbad- en 22 kortbad-wêreldrekords het al in die slag gebly sedert Speedo in Februarie sy LZR bekend gestel het – en dié “tweede vel” het die lywe van bykans ál die rekord-brekers omklem.

Die Italiaanse swemspan, wat deur Arena geborg word, is een van die grootste teenstanders van die nuwe swempak. Die Italiaanse afrigter, Alberto Castagnetti, noem die pak ’n “tegnologiese opkikker” – en sê dit gee die draer “onwettige dryfkrag bo die water”. Fina het geen toets vir dryfkrag nie – maar die Italiaanse Instituut sê hý kán en gáán dit wetenskaplik toets.

Speedo se mededingers het luidkeels geprotesteer teen die “onregverdige voordeel” wat dié kostuum aan ’n swemmer sou gee – en Fina het ná ’n noodvergadering met Speedo die groen lig gegee vir dié soomlose, veerligte lyfklouer.

Fina het onlangs in Manchester ná ’n verdere vergadering met álle vervaardigers, swemmers, afrigters en beamptes nie net die klaers se bewerings verwerp nie: die kostuum is goedgekeur vir alle toekomstige swembyeenkomste, insluitend Beijing.

Die Beijing-swemprogram vind die eerste week van die Spele plaas.

Fina dring nou daarop aan dat die vervaardigers “moet toesien dat die nuwe kostuum vir alle deelnemers beskikbaar sal wees” – en sê dat daar “geen objektiewe wetenskaplike bewys bestaan oor die beweerde ‘super-dryfbaarheid’ (buoyancy) wat dit aan ’n draer gee nie.”

Christiano Portas, die Arena-grootbaas, het ná die Fina-uitspraak gesê: “Ons het vir etiek probeer veg, maar ons was alleen en in die minderheid. Nou sal ons voluit nuwe uitdagings en horisonne verken.”

• Die LZR se grootste kenmerke is sy ultra-liggewig materiaal, wat water-afwerend is. Die kostuum verminder vel-vibrasie deur middel van kragtige kompressie – en dis só gemaak, dat dit die figuur van die swemmer optimaal omklem. Selfs die Amerikaanse ruimtevaart-organisasie Nasa het met die ontwerp gehelp.

Die bekendste LZR-draer is die Amerikaanse super-swemmer Michael Phelps, wat by die vorige Spele in Athene agt Olimpiese medaljes gewen het (waaronder ses goud); by verlede jaar se wêreldkampioenskappe sewe titels gewen het – en die houer van ses wêreldrekords is.

Hy besing die LZR: “Dit voel soos ’n ruimtepak. Of dit my nou daardie ekstra honderdste van ’n sekonde gee om ’n goue medalje te wen of om ’n wêreldrekord te verbeter, dit gee my die selfvertroue dat ek die vinnigste swempak ooit dra.” ’n Ander swem-breker, Libby Trickett, sê: “Dit voel of ek deesdae afdraande swem.”

• Die LZR is die sesde omstrede “revolusionêre” swempak wat Speedo sedert 1992 vervaardig het – en amper sonder uitsondering is elkeen van dié nuwe konstuums in die jaar van ’n Olimpiese Spele bekend gestel.

In 1992 het Speedo die S2000 by die Barcelona-Spele bekend gestel; in 1996 het die Aquablade die Atlanta-Spele soos ’n bom getref: 76% swem-medaljes is in dié kostuum gewen; in 2000 in Sydney het die “Haaivel” Fastskin 83% medaljes gewen; in 2004 in Athene het die Fastskin-II 47 medaljes ingeoes . . . en verlede jaar het die Fastskin PRO gevolg – en 21 wêreldrekords in minder as twaalf maande opgelewer.

Sonder uitsondering is dié nuwe swempakke uit sekere kringe kwaai gekritiseer – maar soos met deesdae se “plastiese spykerskoene” van atlete (pleks van die ou, swaar leer-skoene), tartanbane (pleks van die ou rooi klei), veselglas-paalspringpale (pleks van die ou staal), veerligte tennisrakette en gholfstokke van aluminium, was die vooruitgang van tegnologie in sport elke keer uiteindelik die wenner.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo