| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 6 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 20:59 - (SA)
Die wonder van menslike durf Johan van Wyk
Toe Natalie du Toit verlede Saterdag in Spanje haar plek in die Olimpiese Spele in Beijing losgeswem het, het sy haarself aangesluit by ’n uiters eksklusiewe “klub” van Olimpiese sportlui wat vanuit skynbaar ondraaglike persoonlike terugslae hul eie Berg Everest uitgeklim – én getem – het. Hul amperse sprokiesverhale vorm, soos Natalie s’n, inderdaad die hoeksteen wat dié vierjaarlikse skouspel al sedert 1896 twee wêreldoorloë, politieke boikotte, terroriste-aanvalle én Adolf Hitler sien oorleef het. • Wilma Rudolph (VSA). Driedubbele goue medalje-wenner in atletiek se 100, 200 en 4x100-aflos by die Spele van 1960 in Rome. Sy is as die 20ste van 22 kinders van ’n arm, swart gesin in haglike omstandighede in ’n Tennessee-ghetto prematuur en met polio gebore. By geboorte het sy minder as 2 kg geweeg. As 4-jarige het sy skarlakenkoors én dubbele longontsteking opgedoen, wat saam met die polio veroorsaak het dat haar linkerbeen krom getrek het, met die voet wat binnetoe gedraai het. Daar was min tot geen hoop dat sy ooit normaal sou kon loop – en hardloop was buite die kwessie. Vir twee jaar lank het haar boeties en sussies haar been tot vier maal per dag gemasseer. Vir twee jaar lank was sy bedlêend en van 5-jarige ouderdom totdat sy 12 was het sy met staalpenne voortgestrompel. Uit haar en haar gesin se jarelange gepamperlang is egter ’n bykans ongelooflike wilskrag gebore. Ondanks al die hindernisse, het Wilma lenig en atleties begin blom nadat sy uiteindelik van die staalpenne ontslae geraak het. Sy het haarself op die sportveld begin uitleef, eers in basketbal en toe in naellope – ondanks ’n korter linker- as regterbeen. Op 16 was sy in die Amerikaanse Olimpiese span in Melbourne, wat ’n bronsmedalje in die 4x100 gewen het. Agterna het sy haarself belowe: “Ek gáán ’n goue medalje vir my land wen.” Vier jaar later in Rome het sy beter as dít gedoen: sy het drie goues gewen: in die 100, 200 én 4x100-aflos. In die 100 het sy wêreldrekord (11.3) in die halfeindronde geëwenaar. Sy het die 200 met meer as 4 meter gewen. Die aflosspan het ’n wêreldrekord (44.4) in ’n uitdun opgestel. Van ’n kreupele tot die bekendste atleet ter wêreld – dié was ’n amperse ongelooflike, maar tog waar, storie. Maar helaas, dié sprokie het nie ’n gelukkige einde gehad nie. Wilma Rudolph is in 1994 aan breinkanker oorlede. Sy was 54. • Rafer Johnson (VSA). Wenner van die tienkamp in 1960 in Rome. As 12-jarige is sy linkervoet deur ’n saagmeule verbrysel. In die hospitaal, gereed vir ’n amputasie van sy linkerbeen, het hy hard-op gebid dat die been nié afgesit word nie. Die dokters het dié smekinge gehoor – en téén amputasie besluit. Hy het 23 steke ontvang en was twee maande lank op krukke. Sewe jaar later, op 19, word hy wêreldrekordhouer in die tienkamp. By die Melbourne-Spele in 1956 wen hy, ondanks ’n ernstige kniebesering, silwer. In 1960, vyf maande vóór die Rome-Spele, kon hy weens ’n ernstige rugbesering nie eens draf nie. Vyf maande later in Rome wen hy ’n riller-stryd teen die Taiwanees CK Yang. • Murray Halberg (Nieu-Seeland). Wenner van die 5 000 in 1960 in Rome. In sy jong dae het hy in rugby uitgeblink – totdat ’n rugbybesering in 1950 sy linkerarm verlam het. Dit het sy keuse van sport tot langafstand-atletiek beperk. In 1958 in Cardiff wen hy die Statebondstitel – en twee jaar later in Rome die Olimpiese titel . . . met een gesonde arm en met sy frokkie dwarsdeur die wedloop halfpad oor sy gebreklike arm. • Liz Hartel (Denemarke). Wenner van silwermedaljes in perdesport in 1952 (Helsinki) en 1956 (Stockholm). In 1944 het Liz Hartel die wêreld aan haar voete gehad. Sy was ’n blakend gesonde Deense skoonheid en haar land se perderuiter-heldin. En toe, asof oornag, het sy ontsettende kopsere en ’n stywe nek ontwikkel. Sy is met polio verlam. Sy het egter geweier om op ’n ashoop te gaan sit. Sy het haarself geleer om eers haar linker-arm, dan haar ander arm op te lig. Einde 1944 het sy geboorte geskenk – en saam met haar baba het sy geleer kruip en geleer om, met behulp van krukke, selfs net regop te staan. Sy het daarop aangedring om weer op ’n perd se rug te klim – en ná die eerste probeerslag was sy twee weke bedlêend. In 1952, by die Helsinki-Spele, kon sy stééds nie haar bene behoorlik gebruik nie. Tóg het sy silwer gewen in ’n kompetisie teen die wêreld se beste mans-ruiters. Sy is deur ’n betraande goue medalje-wenner op die podium gehelp – en die derduisende toeskouers het sélf betraand vir Liz toegejuig in een van die mees emosionele podium-seremonies in die geskiedenis van die Spele. Vier jaar later, in Stocklholm, het Liz wéér só gemaak en haar tweede Olimpiese silwer vertroetel . . . • Károly Takács (Hongarye). Wenner van die Olimpiese pistoolskiet-s nel vuurafdeling in 1948 in Londen en in 1952 in Helsinki. In die jare dertig was Károly Takács op die kruin van die golf: hy was Europese pistoolskiet-kampioen met sy regterhand. Toe word hy opgeroep om teen Hitler oorlog te gaan maak. In 1942 word dáái kampioen-regterhand verbrysel deur ’n handgranaat wat hy wou gooi. Ná Wêreldoorlog II leer hy homself om die pistool met sy linkerhand te skiet én sy oog-arm-korrelasie sodanig aan te pas. In 1948 in Londen en in 1952 in Helsinki wen Károly goud. Met sy linkerhand. • Sidney Hinds (VSA). Lid van die goue medalje-wennende VSA-span in die pistoolskiet-spanafdeling in 1924 in Parys. Halfpad deur dié kompetisie was Amerika skynbaar onkeerbaar op pad na goud, met sy laaste skut, luitenant Sidney Hinds, op ’n perfekte telling. Langs Hinds was ’n Belgiese teenstander in ’n vurige woordewisseling met die beamptes – en in dié twis val die Belg se pistool uit sy hand; ’n skoot gaan af . . . en die koeël deurboor Hinds se voet. Wel wetende dat sy land geen kans op oorwinning het indien hy sou tou opgooi nie, het Hinds sy ronde in ondraaglike pyn voltooi en hy’s op ’n draagbaar uit die arena gelei – met ’n perfekte telling én die goue medalje. • En dan . . . dan was daar die Amerikaanse tennisspeler Norris Williams, wat in 1920 die Wimbledonse gemengde dubbelspel-titel gewen en vier jaar later in Parys die Olimpiese goue medalje gewen het. Dít, twaalf jaar nadat hy die sinkende Titanic oorleef het en nadat hy langer as ’n uur in die ysige seewater na veiligheid geswem het . . .
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|