News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
    Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  16°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 20:59  - (SA)  
Atletiek: LJ maak dit 2 uit 2
Johan van Wyk    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Johannesburg

’n Belowende litte-losmakende internasionale oorwinning vir LJ van Zyl, teen twee 400-hekkies-brekers wat vir seker vir hom by die Olimpiese Spele in Beijing wag.

En ’n bitter teleurstellende afskop in Olimpiese Jaar vir die Suid-Afrikaanse surrogate Frantz Kruger en Karin Mey.

En Amerika het ’n nuwe super-vrouenaelloper in Allyson Felix, wat die skandes van Marion Jones tot die vergetelheid kan boender.

Dís die boodskap van vanjaar se eerste Super Grand Prix-byeenkoms die afgelope Vrydag in Doha, Katar, waar wêreldatletiek sy eerste treë op pad na China gegee het.

LJ het sy oorwinning van skaars ’n week gelede in Ethiopië by die Afrika-kampioenskappe met nóg ’n Olimpiese kwalifiserende wentyd (49.03) opgevolg. Dít, nadat hy skaars 24 uur tevore vir twaalf uur lank op Doebaai se lughawe weens visum-probleme gestrand was.

Hy sê uit Doha aan Rapport: “Dit was ’n stadige wedloop. Maar wat vir my saak maak, is dat ek die Jamaikaan Danny McFarlane (tweede in 49.10) en die Griek Períklis Iakovákis (vierde in 49.96) gewen het. Weens die visum-gemors het ek glad nie Woensdagaand geslaap nie.

“Ek gaan nou by die huis volstoom begin slyp vir die eerste Goue Liga (op 11 Julie in Berlyn).”

Kruger, deesdae in ’n Finse frokkie, was agtste en laaste in die Doha-diskus met ’n verswygbare 58.80.

Die Beijing-gunsteling Virgilijus Alekna was nie daar nie – maar ’n hoogs onbekende Iraniër (!) genaamd Ehsan Hadadi het met ’n puik wen-afstand (67.20) ’n vroeë waarskuwing aan die Beijing-brekers gerig.

Mey, van wie g’n mens weet wat háár internasionale toekoms inhou nie, kon in haar eerste buitemuurse verspring-kompetisie vanjaar geen wettige sprong inkry nie. Die Rus Tatyana Kotova het met ’n wensprong van 6.83 afgeskop.

Die 22-jarige Amerikaanse blits Felix is met ’n pronk-tweekuns in die 100 (10.93) en 400 (49.83) uit Doha weg – en onthou, haar eintlike gunsteling-weiveld is die 200!

Hierdie langbeen kan ’n Beijing-ster wees (en, terloops, die Afrika-kampioen Amantle Montsho wat laasweek in Ethiopië asof uit die niet deur die 50 sekonde-grens in die 400 gebars het, het in Doha met ’n laaste plek in 51.87 net so skielik uit die bus geval).

• In die afwesigheid van die mans-naelloop-supersterre Tyson Gay, Asafa Powell en Usain Bolt het ’n onbekende Noorweër genaamd Jaysuma Saidy Ndure die 100 in 10.01 gewen en die min-geroemde Yank LaShawn Merritt die 200 in 20.08.

Maar die top-Amerikaanse man in Doha was die marsjerende David Oliver, wat in die 110-hekkies met ’n blits-wentyd van 12.95 die (afwesige) Chinese Beijing-gunsteling en wêreldrekordhouer Liu Xiang ’n vroeë waarskuwing gegee het om nie Olimpiese goud sommer net op ’n skinkbord te verwag nie.

Soos verwag, het die Kroatiese hoogspring-sprinkaan Blanka Vlasic die seisoen lag-lag met ’n blink wenhoogte van 2.03 ingelui – en die Noorweegse Olimpiese spiesgooi-kampioen Andreas Thorkildsen het met ’n belowende 87.59 afgeskop.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo