News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
    Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  14°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 20:59  - (SA)  
Swem: Natalie se nuwe droom
Johan van Wyk    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
'n Droom vervul: Natalie du Toit se oog blink, oomblikke nadat sy in Spanje vir Beijing gekwalifiseer het.


Johannesburg

Natalie du Toit het die wêreld – by wyse van spreke – aan haar voete.

En met haar droom vervul om in Augustus in Beijing aan die Olimpiese Spele deel te neem, wil sy daarna in haar “laaste vier jaar in die water” aan ’n nuwe droom begin timmer.

“Ek gaan probeer om in 2012 by die Londen-Spele saam met nie-gestremdes in die Olimpiese swembad in te duik,” sê Suid-Afrika se 24-jarige swemheld uit Manchester, Engeland, aan Rapport.

Natalie neem tans daar deel aan die Paralimpiese Wêreldbeker-byeenkoms . . . sewe “rowwe dae” nadat sy in Sevilla, Spanje, vir Beijing gekwalifiseer het, deur by die 10 km-wêreldkampioenskappe vir oopwater-swem vierde te eindig.

Sy sê sy het sedert haar Sevilla-triomf nog skaars grond gevat, soos die wêreld se media op haar toegesak het.

“Ek het só iets nooit, ooit verwag óf beleef nie. Ek kan oom nie begin vertel hoeveel TV- en ander onderhoude ek al sedert Sevilla gedoen het – en nóg moet doen – nie. Hieronder tel TV-stasies van Kanada, Brasilië en die BBC.

“En my bestuurder in Suid-Afrika, Anna Rita Strydom, sê sy het al 65 SA aansoeke vir onderhoude gekry. Ek sal maar die hele Dinsdag, wanneer ek weer by die huis aankom, tyd vir onderhoude probeer maak.”

(Strydom bevestig aan Rapport: “Sedert Sevilla het ek party dae al tot 30 navrae per uur gekry”).

• Volgens Natalie het sy “darem die afgelope Donderdag” so tussendeur alles haar eerste rêrige kans gekry vir ’n oefensessie in die swembad, waar sy gister in Manchester aan die 100-vryslag deelgeneem het . . . met ’n blou oog, wat sy in Sevilla in die oopwater-byeenkoms opgedoen het.

“Oopwater-swem is maar ’n rowwe affêre, hoor. Dis nie soos in die swembad, waar elkeen in sy eie baan swem en jy nie kontak met jou teenstanders maak nie.

“Ek het nou al geleer om uit die bakleiery in die see te probeer bly, maar my swembril het my in Sevilla daai blou oog besorg. Ek het rêrig nie gedink ek het daar ’n realistiese kans om tussen die top-10 te eindig en só outomaties vir Beijing te kwalifiseer nie.

“Maar toe ek ná die derde been van 2.5 km derde gelê het, het ek vir myself gesê: ‘Nou moet jy net vasbyt; jy het wraggies ’n kans’. So 500 meter voor die einde het ek toe met my sprint begin – en almal weet ek is nou nie juis die wêreld se vinnigste meisie nie.

“Kort voor die wenpaal het ’n Spaanse meisie my ingehaal en net-net vir ’n derde plek geklop. Ek is nog steeds in die wolke, want my vorige beste vertoning in oopwater-swem was die agtste plek wat ek laasjaar in China gekry het.”

Met haar droom vervul om aan die “rêrige” Olimpiese Spele deel te neem – iets wat sy sedert ’n 6-jarige kaalvoeter wou doen – wil sy nou in Beijing probeer om tussen die top-10 uit 25 deelnemers te eindig. “Maar my vierde plek in Sevilla laat my dink ek het dalk ook ’n medalje-kans in China.”

Twee weke ná haar eerste “rêrige” Spele, tree sy in Beijing vir die Paralimpiese Spele aan, waar sy aan 6 items in die swembad sal deelneem: die 100-vlinderslag, 100-rugslag, 200-wisselslag en die 50-, 100- en 200-vryslag.

En dan – dan wil sy begin timmer aan daardie nuwe droom: “Ek sal seker nog tot die Spele van 2012 in Londen swem. Ek is in swembad-items soos die 400-, 800- en 1500-meter nog ’n entjie van Olimpiese kwalifikasie af – maar ek hét in dié items die afgelope ruk my tye verbeter.

“As dinge goed verloop, kan ek dalk vir die Londen-800 kwalifiseer. Jy weet, ek gaan 4 jaar daarvoor kans hê.”



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo