| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 7 September 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
21/06/2008 21:08 - (SA)
Atletiek: SA blitse se Spele-opdraand Johan van Wyk
Johannesburg Raar, maar waar: Suid-Afrika se vinnigste man is nommer 67 op vanjaar se wêreldlys...maar ’n SA 4x100-aflosspan kán in Augustus in Beijing ’n sterk aanspraakmaker op een van die “sagte” Olimpiese medaljes wees. Net 16 lande sal op 21 Augustus in die halfeindronde van die Olimpiese 4x100 wegspring. Dié 16 kwalifiseer op die gemiddelde van hul twee beste tye tussen 1 Januarie 2007 en 16 Julie vanjaar. Suid-Afrika is tans nommer 11 op dié kwalifiseringslys. Die vinnigste SA tyd is die 38.75 waarmee Hannes Dreyer, Corné du Plessis, Sergio Mullins en Thuso Mpuang nou anderdag in Addis Abeba, Ethiopië, die Afrika-kampioenskappe gewen het. Suid-Afrika se no. 2-tyd is die 39.05 waarmee Christiaan Krone, Leigh Julius, Snyman Prinsloo en Sherwin Vries verlede jaar in Osaka by die wêreldkampioenskappe vyfde in die halfeindronde geëindig het – en die laaste 8 in die eindronde net-net misgeloop het. Die SA gemiddelde is dus 38.90. • Bloot op papier geoordeel het ’n SA 4x100-aflosspan nie ’n kat se kans in Beijing nie. Tans is die drie vinnigste kwalifiseerders Amerika (gem. 37.94), Jamaika (gem. 37.96) en Brittanje (gem. 38.10) – dié drie het toevallig die drie Osaka-medaljes gewen (VSA 37.78, Jamaika 37.89 en Brittanje 37.90), met Brasilië óók daar onder 38 sekondes vierde (in 37.99). Hierbenewens spog Amerika rééds vanjaar met twee blitse wat die “gewone” 100 in onder 10 sekondes afgelê het: die wêreldkampioen Tyson Gay (vanjaar 9.85) en die onbekende Travis Padgett (vanjaar 9.96). Teen Beijing se koers gáán dié getal tot minstens vier uit die ses spanlede styg. En dan is daar Jamaika. Hulle is in Osaka deur die vlieënde Yanks hakskene gewys...maar sedertdien het Usain Bolt (9.72) hom by landgenoot Asafa Powell (9.74) gevoeg as die twee vinnigste manne ooit op die planeet. Voeg hierby nog Julien Dunkley (vanjaar 10.07) en Michael Frater en Nesta Carter (albei vanjaar al 10.08) – en selfs die Yanks bewe heel waarskynlik nóal vir dié lot. • En dít bring ons by die Suid-Afrikaners. Uiteraard het nog nie één van ons uiteindelike Beijing-sestal tot dusver vanjaar in die “gewone” 100 gekwalifiseer nie. Bly dit só, sal Suid-Afrika ’n sestal huidiglik-nie-gekwalifiseerdes moet kies. Hannes Dreyer is tans Suid-Afrika se nommer 1 met sy 10.23 – en hy is daarmee vanjaar se nommer 67 ter wêreld. Ná hom volg: 109de – Wilhelm van der Vyver 10.30; 165ste – Kagiso Kumbane (10.35); 209de – Leigh Julius (10.39); 219de – Thuso Mpuang (10.40); 250ste – Jean du Randt (10.42); 285ste – Snyman Prinsloo (10.44); 300ste – Corné du Plessis (10.45); 335ste – Christiaan Krone (10.47); 382ste – Pierre Meintjies (10.49); en 401ste – Lee-Roy Newton (10.50). Ons Afrika-kampioenspan van Dreyer, Du Plessis, Mullins en Mpuang het die binnebaan (by wyse van spreke) vir die SA Olimpiese aflosspan in Beijing. Du Plessis is ál oorblywende en huidig-nog-aktiewe lid van die SA aflosspan wat sewe jaar gelede in Kanada eers die silwermedalje by die wêreldkampioenskappe gewen het – en toe later as goue-medaljewenners gekroon is. Dít, nadat die aanvanklike wenners, Amerika, jare later gediskwalifiseer is omdat hulle die opgekikkerde Tim Montgomery in hul geledere gehad het. • En dis juis die feit dat ’n onderskatte SA span eindelik in Kanada as wenners gekroon is wat hierdie waarnemer die huidige SA blitse ’n weliswaar-buitekans op medalje-glorie in Beijing gee. Die geskiedenis wemel van aanvanklik-skynbaar-onoorwinlike viertalle wat op die groot oomblik nie as span kan kliek nie. Só het daar by die 2001-wêreldkampioenskap lande met talle vinniger naellopers as Suid-Afrika weens oorgretigheid en/of swak koördinasie in die stof gebyt. Soos Nigerië en Brittanje en Jamaika.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|