News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Minki vonkel...
Minki Visser vonkel behoorlik wanneer sy praat oor 'n nuwe verbintenis...
Komedie met plaaslike talent
Wat het Catriona Andrew, Barry Hilton en Mark Fish in gemeen?
Sondag 12 Oktober 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  13°C  32°C
Kpstd  15°C  23°C
Dbn  18°C  22°C
Jhb  16°C  28°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

28/06/2008 21:26  - (SA)  
Atletiek: Mulaudzi medalje-materiaal
Johan van Wyk    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Mbulaeni Mulaudzi. (Foto: Ian Walton/Getty Images)


Johannesburg

Uiteindelik! 47 dae voordat die eerste Olimpiese pistoolskoot in Beijing klap, het Suid-Afrikaanse atletiek vandag in Mbulaeni Mulaudzi sy eerste rêrige sterk medalje-kandidaat.

En...naelloper Isabel le Roux het ’n spog-oorwinning oor ’n internasionale veld in Slowenië behaal.

En...René Kalmer (1500) en Hardus Pienaar (spiesgooi) is ná blink vertonings in Europa skielik op die drumpel van die SA Olimpiese span, wat vandag oor twaalf dae aangekondig word.

Dís die goeie nuus.

Maar...Suid-Afrika se jarelange naelloop-koningin, Geraldine Pillay, lyk bitter ver van Olimpiese kwalifisering af. En ’n ánder sterk SA hoop, verspringer Godfrey Mokoena, het skielik tot die agtste plek op vanjaar se wêreldlys verswak.

Dís die slegte nuus.

Mulaudzi (27) was Dinsdag in Jerez, Spanje, die gróót uitblinker op ’n byeenkoms wat van SA Olimpiese kandidate gewemel het.

Op net sy sewende byeenkoms vanjaar het Mulaudzi, silwermedalje-wenner by die binnenshuise wêreldkampioenskappe vroeg vanjaar, die vierde agtereenvolgende keer sedert sy oorwinning by die SA kampioenskappe in Maart skouspelagtig op sy beste tyd in die 800 verbeter.

In Jerez was hy tweede ná ’n onbekende Kubaan genaamd Yeiman Lopez (eerste in 1:43.07)...maar die Suid-Afrikaner se wêreldklas-tyd van 1:43.61 plaas hom nó? reeds in Olimpiese medalje-kontrei.

Mulaudzi is nou no. 3 op vanjaar se wêreldlys ná die 19-jarige Soedanese frats Abubaker Kaki (1:42.69) en Lopez. Selfs sy beste tyd ooit (1:42.89 vyf jaar gelede) lyk nou binne sy bereik – en die man wat hom in 2004 in Athene net-net om die Olimpiese goue medalje geklop het, die Rus Yuriy Borzakovskiy, kon vanjaar nog bitter min vermag.

Só het Mulaudzi in sy afgelope vier wedlope verbeter: op 15 Maart wen hy die SA titel met 1:47.62; op 1 Junie in Berlyn is hy tweede met 1:44.68; vyf dae later in Oslo is hy derde in 1:44.04 – en toe die 1:43.61 in Jerez die afgelope week. Daar wag nou nog die komende twee Goue Ligas (op 11 Julie in Rome en ’n week later in Parys).

• Kalmer het op dieselfde Jerez-byeenkoms haar vorige persoonlike beste in die 1500 met 2 sekondes tot 4:07.41 verbeter. Die Spele-kwalifiserende tyd is 4:07.00.

Pillay (30) het stééds nie vir Beijing gekwalifiseer nie (met haar beste vanjaar in die 100 – 11.35 in Germiston – weliswaar net 0.03 duskant die Spele-vereiste). In Jerez was sy in die 100-eindstryd met ’n uiters verswygbare 11.90 net sewende in ’n wedloop waarin min rêrige Olimpiese kandidate gehardloop het en in 11.36 gewen is.

Ons Statebondskampioen met die vroue-spies, Sunette Viljoen, was in Jerez elfde met ’n beskeie 55.77 (teenoor die wenner se 64.99).

• Pienaar was in Swede tweede met sy beste gooi vanjaar (80.49) ná Eriks Rags (81.42). Die Beijing-kwalifiserende vereiste is 81.00.

• Mokoena wys weer op die komende Goue Ligas in Rome en Parys die eerste keer gesig, nadat hy op 11 Junie in ’n yskoue Tampere, Finland, met sy beste afstand vanjaar in die buiteland (8.20) gewen het.

Sy afrigter, Angus Pohl, sê uit Europa aan Rapport: “In Finland het Godfrey die eerste keer met sy nuwe, 5 meter-langer aanloop gespring – en hy lyk klaar stukke beter.

“Vir ons begin die geveg om Olimpiese medaljes in Rome, waar die wêreldgrotes almal sal wees. Godfrey se spoed begin ook nou verbeter en ons is by oefeninge hard besig om sy aanloop en landing af te rond.”

Met sy beste vanjaar (8.25 op Stellenbosch) is Mokoena nou nommer 8 op die wêreldlys. Nóg ’n onbekende Kubaan, Ibrahim Camejo, het die afgelope week in Bilboa, Spanje, asof uit die niet met ’n 8.46 ontplof.

• Die 21-jarige Isabel le Roux het Donderdag in Velenje, Slowenië, die 200 in ’n heel belowende 23.03 gewen. Hannes Dreyer was derde in die mans-100 in 10.41 en Corné du Plessis vyfde (10.72).



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis-Lenings
Piggs Peak Casino
Motor- & huisversekering
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Sal jy jou steun toesê aan mnr. Lekota se wegbreek-poging?
Ja
Nee
Dit sal nooit realiseer nie.

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo