News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
'Hy ly aan geheueverlies'
"Hy ly aan ernstige geheueverlies", sê Steve Hofmeyr se voormalige minnares, Janine van der Vyver.
Kate Moss in goud verewig
Sy is een van dié supermodelle van die wêreld - en superomstrede.
Sondag 5 Oktober 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
In Diepte
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  16°C  27°C
Kpstd  15°C  20°C
Dbn  16°C  24°C
Jhb  10°C  24°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

28/06/2008 21:26  - (SA)  
Atletiek: SOS na LJ
Johan van Wyk    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Johannesburg

Daar is die afgelope week ’n (vergeefse) noodsein vanuit Duitsland aan LJ van Zyl in Suid-Afrika gestuur: kom help die SA 4x400-aflosspan om Woensdag in Spanje seker te maak hulle gaan na die Olimpiese Spele toe.

Die byeenkoms in Salamanca is die laaste waar lande vir die 16 Spele-plekke kan kwalifiseer. Suid-Afrika is tans in die 15de posisie – en hy sal in Salamanca sy litte moet roer om nie die uitverkore 16 mis te loop nie.

Die uiteindelike 16 Beijing-deelnemers word bepaal deur ’n land se twee beste tye tussen 1 Januarie 2007 en 16 Julie vanjaar.

Suid-Afrika het tans ’n gemiddeld van 3:04.12 (sy twee beste tye is 3:03.58 en 3:04.66). Sestiende is tans Italië (gemiddeld 3:04.38) – met Botswana (3:04.56), Ierland (3:04.57), Brasilië (3:04.76) en Nigerië (3:05.01) binne trefafstand.

Die gróót skrik in die SA oefenkamp in Potsdam, Duitsland, het begin nadat die eerste vier lande by verlede week se Europese Beker-byeenkoms in Annecy almal vinniger tye as Suid-Afrika se huidige vinnigste behaal het: Frankryk het daar in 3:02.33 gewen, Brittanje was tweede (3:02.66), Duitsland derde (3:03.04) en Pole vierde (3:03.16).

’n SA span bestaande uit LJ van Zyl, Ter de Villiers, Sibusiso Sishi en Pieter Smith het twee weke gelede in Namur, België, op die voorlaaste Olimpiese kwalifiseringsbyeenkoms sy Olimpiese posisie probeer verseker...maar sy tyd in die tweede plek ná België (3:04.66) het hom net van die 16de tot die 15de posisie laat opskuif.

Op vanjaar se wêreldlys alleen is Suid-Afrika se 3:03.58 die agtiende vinnigste. Sewe van daardie vinniger tye is deur verskeie Amerikaanse universiteitspanne en/of uitnodigingspanne opgestel, terwyl ’n Australiese B-span óók vinniger was. Tegnies beteken dit dus dat Suid-Afrika vanjaar die tiende vinnigste land in die 4x400 is.

• In die lig van die Annecy-ontploffing, verneem Rapport dat die SA spanbestuur in Potsdam dadelik die wiele laat begin rol het om ’n span na Salamanca te stuur. Al probleem was: Van Zyl, ster van die SA span wat in 2006 tweede by die Statebondspele was en vroeër vanjaar die Afrika-kampioenskappe met daai 3:03.58 gewen het, is nie by die Duitse oefenkamp nie. Hy en sy afrigter, Nico van Heerden, berei tans in Pretoria voor.

LJ sê aan Rapport: “Ek is Dinsdag deur (die SA hoofafrigter) Wilfred Daniels gevra of ek nie Sondag (vandag) kan vlieg Europa toe en aan die Salamanca-byeenkoms kan deelneem nie. Dit was ’n groot dilemma vir my: ek sou moes ylings ’n visum probeer kry om Sondag oor te vlieg – en dit sou my oefenprogram hier by die huis erg in die wiele ry. Ek sou bitter graag wou gaan help, maar ek het die SA spanbestuur later laat weet dat dit vir my onmoontlik sou wees om als hier te los en ylings te probeer oorvlieg soontoe.

“Ek glo in elk geval ouens soos Alwyn (Myburgh), Ter (de Villiers), Sibusiso (Sishi), Ockert (Cilliers) en Pieter (Smith) sal hulself goed van hul taak in ’n SA span daar kwyt. Ek glo as alles reg verloop, kán hulle ons posisie tussen die top-16 verbeter.”

• LJ, Alwyn, Ter en Ockert het natuurlik ál vier reeds vir die 400-hekkies in Beijing gekwalifiseer. Hulle veg dit tot 11 Julie uit om die drie beskikbare Olimpiese hekkies-plekke.

Dis in hierdie stadium seker dat die ongelukkige uitvaller in elk geval óók Beijing toe sal gaan vir die aflos – indien die aflosspan kwalifiseer. Elke Beijing-kwalifiseerder sal ses spanlede hê vir die halfeind- en eindronde.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Motor- & huisversekering
Direct Axis-Lenings
Piggs Peak Casino
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Stuur jou video
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Wie dink jy praat die waarheid, Steve of Janine?
Steve
Janine
Mens sal nooit weet nie

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo