| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
04/09/2008 09:08 - (SA)
Rekords tuimel klaar Johan van Wyk
Beijing Wêreldsterre soos Roland Schoeman, Ryk Neethling, Lyndon Ferns, Gerhard Zandberg en Suzaan van Biljon het nog nie eens hul gevleuelde voete in die Olimpiese swembad hier gesit nie, maar Suid-Afrikaanse swem spog reeds met drie nuwe Afrika-rekords ná dié sport se afskop gister. Die gróót Suid-Afrikaanse ster was ongetwyfeld Cameron van der Burgh, wat in die uitdunne van die 100 m-borsslag vyfde vinnigste was, danksy ’n Afrika-rekordtyd van 59.96. Die vinnigste man gister in dié item was die Noor Alexander Oen (59.41). Hiermee het Van der Burgh lag-lag tot die laaste 16 deurgedring. In die 100 m-vlinderslag vir vroue het die immergroen 30-jarige Mandy Loots in die vierde uitdun die vasteland-rekord na 58.61 laat krimp. Mandy was vierde in dié uitdun, met Li Tao van Singapoer verreweg die vinnigste (57.77). En toe, ’n paar minute later, in die vyfde uitdun, verbeter die 22-jarige Lize-Mari Retief daai einste Loots-rekord met ’n puik 58.20. Retief was agtste vinnigste in die uitdunne, met die Aussie Jessicah Schipper die vinnigste (57.58). Retief het na die volgende ronde deurgedring, maar Loots was net 18de vinnigste en het uitgeval. En dít bring ons by die minder goeie nuus: van die sewe Suid-Afrikaners wat gister in individuele items geswem het, het net die rekord-brekers Van der Burgh en Retief na die volgende ronde deurgedring. Benewens Loots het Riaan Schoeman, Jean Basson, Jessica Pengelly en Kathryn Meaklim nie die eerste ronde oorleef nie...en so ook die SA 4x100 m-vryslag-vroue-aflosspan. Meaklim het in haar Olimpiese debuut net-net nie die laaste agt in die 400 m-wisselslag gehaal nie. Sy was tiende met ’n 4:37.11. Pengelly was in dieselfde item 21ste vinnigste (4:41.04), met die vlieënde Amerikaner Elizabeth Beisel die beste (4:34.55). Schoeman het in dieselfde item vir mans 12de met ’n tyd van 4:14.09 geëindig, met die vinnigste man die Amerikaanse superster Michael Phelps. Dié Yank het in sy eerste van 17 Olimpiese induike indrukwekkend in ’n nuwe Spele-rekordtyd van 4:07.82 gewen. Terloops, Phelps is natuurlik wêreldrekordhouer in dié item met ’n 4:05.25 – en hy het die vorige Spele-rekord van 4:08.26 vier jaar gelede in Athene opgestel. Hy’s dus ná vier jaar kláár vinniger in sy heel eerste item. Basson was in die 400 m-vryslag 30ste (3:52.90), met die Yank Larsen Jensen eerste (3:43.10). En in die 4x100 m-vryslag het die SA viertal Melissa Corfe, Wendy Trott, Loots en Meaklim 15de en laaste in 3:51.14 geëindig. ’n Chinese viertal het in dié item na ’n vinnige 3:36.78 gevlieg.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|