| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
04/09/2008 09:08 - (SA)
Sunette reg vir Goliat
Sy het haar hande stompies gebaklei om haar verdiende kans by die Olimpiese Spele te kry. Nou is sy hier – en sy gaan Dinsdag “baklei soos nog nooit” om in Donderdag se eindronde te wees, óók om dankie te sê vir almal by die huis wat haar Olimpiese droom help vervul het. So sê Suid-Afrika se Statebondskampioen in die vroue-spiesgooi, Sunette Viljoen, aan die vooraand van ’n week soos SA spiesgooi nog nooit by ’n Spele beleef het nie. Sy en haar Potchefstroomse oefenmaat, die Afrika-rekordhouer, Justine Robbeson, vorm saam met die junior wêreldkampioen, Robert Oosthuizen, ’n drietal wat almal tussen die top-12 op vanjaar se wêreldlys tel, en hier vir ’n aanslag soos min slyp. Sowel Justine (loopbaanbeste: 63.49 m) as Sunette (beste: 62.24 m) het al eerskomende Dinsdag se outomatiese kwalifiserende afstand om na die eindronde deur te dring (61.50 m) oortref. Die 21-jarige Robert moet in sý kwalifiserende ronde 82.50 m gooi vir ’n plek in Saterdag se eindronde, waar hy verreweg die jongste deelnemer sal wees. Sunette sê aan Rapport: “Die eerste mens wat ek verlede Woensdagaand gebel het nadat my boetie Drikus vir my op ’n Rustenburgse oefenveld kom vertel het ek is so wraggies ná al die teleurstellings in die SA Olimpiese span, was oom FW. Hy was amper blyer as ek en het vir my gesê al wat nou oorbly, is dat ek in Beijing ’n ‘grote’ vir die mense by die huis moet gaan uithaal. “Vir my is ’n ‘grote’ hier ’n persoonlike beste gooi. Ek weet ’n oorsese meisie het vanjaar al ’n verskriklike 69 m gegooi, maar ek is bang vir niemand. Al is ek dalk die kleinste vrou hier in die spiesgooi, maak dit vir my nie saak of jy groot of klein is nie – alles hang net af van die grootte van jou hart. Ek kan skree van blydskap om uiteindelik hier te wees. Wat my betref, is dit nou weer Dawid teen Goliat van voor af.” Sy verwag die goue medalje hier sal met ’n afstand “tussen 65 m en 67 m” gewen word. Beijing is Sunette se tweede Olimpiese Spele: “In 2004 in Athene was ek 19 en ek het niks van wêreldspiesgooi geweet nie. Vier jaar later is ek ouer en wyser en ek weet wat ek kan bereik.” • Justine draai nie doekies om nie: “Ek is hier om in Donderdag se eindstryd te gooi. Tydens oefeninge het ek al my Afrika-rekord oortref; ek wil dit hier amptelik doen. “Ek is in die vorm van my lewe, nadat ek vroeër vanjaar ’n maand lank weens ’n ligte enkelbesering nie aan ’n spies gevat het nie. Ek wéét ’n medalje hier sal minstens afstande tussen 63 m en 65 m verg. Net voordat ons by die huis weg is, het ek 63.5 m in oefeninge gegooi. Oor haar sterkste teenstanders hier: “Ja, ek weet van hulle het al vanjaar 67 m-plus gegooi. Maar groot kanonne kán vou; dit gebeur met almal.” • Vir Robert is Beijing weliswaar sy eerste Spele, maar hy ken hierdie omgewing. Hy het in 2006 (weliswaar in ’n ander stadion) die junior wêreldtitel hier met amper meer as 6 m gewen. Hy ervaar sy Spele-debuut tot dusver as “ongelooflik” … maar hy en sy pa, oud-Springbok-spiesgooier Johan – wat hom afrig – “dink nie eens in dié stadium” aan die eindronde nie: “Vir my is my eintlike Olimpiese kompetisie die kwalifiserende ronde. Baie ander atlete dink nét aan die eindronde en dan val hulle in die vroeë ronde uit. Ek wil dáár ’n 82.5 m plus uithaal.” Hy het dié resep reeds verlede jaar in Japan met welslae toegepas. By die (senior) wêreldkampioenskap in Osaka het hy reeds met sy tweede gooi in die kwalifiserende ronde met ’n afstand van 82.06 m outomaties vir die eindronde gekwalifiseer – waar hy toe met ’n sesde plek die beste van alle SA atlete op dié kampioenskap gevaar het. Hy spog vanjaar op vyf na met die beste vertoning ter wêreld met sy afstand van 86.8 m meter. • Die laaste woord behoort aan Terseus Liebenberg, afrigter van Viljoen en Robbeson én SA gooi-afrigter hier: “Ons mense is so reg soos kan kom en het die talent om tot die eindrondes deur te dring. Dáár kan enigiets gebeur – onthou, Marius Corbett (ook een van Liebenberg se atlete) het in 1997 in Athene met ’n loopbaanbeste-gooi van 83.9 m by die wêreldkampioenskap opgedaag en toe word hy daar wêreldkampioen met ’n gooi van 88.4 m.”
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|