News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Charlize help VN
Charlize Theron is deur die Verenigde Nasies (VN) aangestel as vredesambassadeur.
Mej SA nou modeskouspel
Die nuwe formaat Mej SA-kompetisie beloof 'n modeskouspel soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie.
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  30°C
Kpstd  16°C  20°C
Dbn  21°C  29°C
Jhb  14°C  22°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

04/09/2008 09:08  - (SA)  
LJ, Godfrey in eindrondes
Johan van Wyk    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
(Foto: Christiaan Kotze)


Beijing

‘Nóú begin die geveg eers. Ek skrik nie vir die drie blitsige Amerikaners nie – ek het hulle al almal geklop.”

Só het LJ van Zyl gisteraand hier aan Rapport gesê, oomblikke nadat hy tot môremiddag (SA tyd) se Olimpiese eindstryd in die 400 m-hekkies deurgedring het. Suid-Afrika se ander twee brekers in dié item, Alwyn Myburgh en Ter de Villiers, het by wyse van spreke oor dié laaste hekkie na die eindstryd gestruikel.

Van Zyl was in die eerste halfeindstryd derde in 48.57 ná die vlieënde Yanks Angelo Taylor (47.94) en Bershawn Jackson (48.02). Die vierde eindstryder in dié wedloop was die Pool Marek Plawgo (48.75). De Villiers was sewende (49.44) en het uitgeval.

In die ander halfeindstryd het nóg ’n Yank, die wêreldkampioen, Kerron Clement, in 48.27 gewen, gevolg deur die Jamaikane Danny McFarlane (48.33) en Markino Buckley (48.50) en die Griek Periklis Iakovakis (48.69). Myburgh was vyfde in 49.16.

Van Zyl het reeds vóór gisteraand se wedloop gesê sy eerste mikpunt is net ’n plek in die eindronde.

“Nou hét ek dit – en ek wil nie wintie klink nie, maar ek is rêrig nie eens moeg nie. Ek het my alles tot by die negende hekkie gegee en toe ek sien ek’s veilig, het ek dit rustiger gevat. Ek het my les geleer uit die wêreldkampioenskap in 2005 in Finland, toe ek my lewensbeste in die halfeindronde aangeteken het – en toe val my wiele in die eindronde af.

“Nie weer nie. Dié keer is ek reg. Ek het twee dae om te rus; ek weet ek kan beter. (Sy beste vanjaar is 48.22 en sy lewensbeste 48.05.)

“Ek glo vir ’n medalje sal ’n ou onder 48 sekondes moet hardloop. En ek gaan my bene stompies hol om ’n medalje te probeer wen. Ek skrik nie vir die Yanks of enigiemand anders nie. Ek wéét wat my potensiaal is.”

Myburgh het gisteraand gesê: “Ek is uiteraard teleurgesteld, maar ek huil nie. Die liesbesering wat ek vroeg vanjaar opgedoen het wat my lank buite aksie gehou het, wás egter ’n terugslag. Ek weet uit ondervinding jy moet 100% gepantser wees vir ’n Spele – en dít beteken jy moet amper twee jaar lank beseringloos wees.”

• Godfrey Mokoena, Suid-Afrika se binnenshuise wêreldkampioen in die verspring, het óók gisteraand na die Olimpiese eindronde (ook môremiddag SA tyd) deurgedring. Hy het met ’n sprong van 8.14 m gekwalifiseer – die vierde beste van die aand (die beste was 8.27 m).

Hy sê: “Ek is net bly om in die eindronde te wees. Dáár kan enigiets gebeur – en ek gaan geen voorspellings oor my kans daar maak nie. Ek weet net dinge is besig om weer vir my reg te kom. My vastrap is amper weer 100% nadat ek lank daarmee gesukkel het.” En, ja, hy is stééds afrigterloos en “doen dinge op my eie manier”. (Mokoena se beste afstand vanjaar is 8.25 m en sy lewensbeste 8.39 m).

Vroegoggend het Suid-Afrika se 3 000 m-hinderniskampioen, Ruben Ramolefi, in die eerste Olimpiese uitdunne van dié item die wedloop van sy lewe gehardloop; vir ’n Keniaan of twee – wêreldatletiek se jare lange brekers in dié item – hakskene gewys … en in 8:19.86 gewen.

Dís die tweede vinnigste tyd tot nog toe deur ’n Suid-Afrikaner en is op die drumpel van Whaddon Niewoudt se vergeelde SA rekord.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis-Lenings
Wen tot R1000 verniet
Motor- & huisversekering
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wie is, volgens jou, mees "presidensieel"?
Mnr. Zuma
Mnr. Lekota
Pres. Motlanthe

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo