| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
04/09/2008 09:08 - (SA)
Phelps ryg medaljes op ’n streep in Johan van Wyk
Beijing Staan opsy, Mark Spitz, vir die agtste wonder van die wêreld! Amerika se superswemmer Michael Phelps het gisteroggend hier die legendariese Spitz se rekord van sewe goue medaljes op één Olimpiese Spele ná 36 jaar geëwenaar. En wanneer Suid-Afrika vanoggend wakker word, sal dit heel waarskynlik ’n ongeëwenaarde agt wees. Op ’n dag waar Suid-Afrika se heel laaste sprankie hoop op ’n medalje in die swembad met ’n sewende plek deur Roland Schoeman soos Beijing se lugbesoedeling voor die son verdwyn het, het die 23-jarige Phelps goud nommer 7 om sy reeds oorvol nek gehang met ’n oorwinning in 50.58 sek. in die 100 m-vlinderslag. En nee, dié keer was dit nie nóg ’n wêreldrekord soos met sy vorige ses goues hier nie. Dit was “net” ’n Olimpiese rekord, 0.18 sek. duskant die wêreld-rekord van Ian Crocker, wat nie eens die medalje-podium met ’n vierde plek gehaal het nie. Dit is Phelps se loopbaanbeste tyd in sy 16de Olimpiese kompetisie hier binne skaars ses dae. Nóg ’n absoluut bomenslike terugvegpoging het Phelps gister op sy rekordjagtog gehou. By die halfpadmerk ná 50 m was hy net sewende. Oor die laaste 50 m het dié superwese egter gister waarskynlik een van sy merkwaardigste vertonings in ’n merkwaardige loopbaan gelewer, toe hy die sestal vóór hom een vir een met daardie lang hale van hom verbygesteek en die wal met ’n breukdeel van ’n sekonde eerste geraak het. Die Serwiër Milorad Cavic was tweede, 0.01 sek. agter die vlieënde Yank. Agterna sê ’n duidelik verligte, dog oorstelpte Phelps aan ’n bewonderende massa mediamense: “Kort voordat ek ingeduik het, het my afrigter vir my gesê dit sou goed vir my wees indien ek verloor. Op dáárdie oomblik het dit ’n vuur in my aan die brand gesteek en ek het vir myself gesê: Te duiwel daarmee, ek gaan alles insit. Toe ek op die TV-skerm sien ek het met ’n haarbreedte gewen, het ek net één woord gehad: Wow!” Met dié oorwinning het die Amerikaner nóg ’n besonderse mylpaal bereik: Dit was sy 15de Olimpiese medalje (hy het 6 goud en 2 brons van Athene 2004), wat die Russiese gimnas Nikolai Andrianov se 15 in Montreal (1976) en Moskou (1980) ewenaar as die meeste medaljes deur ’n man in die Spele-annale. In Phelps se rekordjag bly nou nog net een mylpaal oor: die 18 Olimpiese medaljes wat die Russiese gimnas Larissa Latynina op drie Speles van 1956 tot 1964 gewen het. Phelps het vanoggend skuins voor vyfuur (SA tyd) vir nommer 8 ingeduik. Hy begin ná 16 kompetisies duidelik tekens van moegheid toon, maar in die 4x100 m-wisselslag-aflos vanoggend sou hy darem die hulp van drie landgenote gehad het. • En dan was daar Roland Schoeman. Nadat dié talentvolle seun uit Athene 2004 weg is met ’n medalje-driekuns, gaan hy hier – soos ál Suid-Afrika se vooraf gewaande swembrekers – met leë hande huis toe. Sy sewende en tweede laaste plek gister in sy enigste individuele item hier (die 50 m-vryslag) het darem gepaard gegaan met sy loopbaanbeste én Afrika-rekordtyd van 21.67. Agterna sê Roland: “ ’n Ware kampioen is een wat ná ’n terugslag terugveg.” Hy het weer ’n skrams hou na die Suid-Afrikaanse swembase gemik: “As ons met die nuwe wêreld wil saampraat, moet ons soos Australië en Amerika en Europa baie, baie meer geld en kundigheid in ons swem pomp.”
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|