News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Charlize help VN
Charlize Theron is deur die Verenigde Nasies (VN) aangestel as vredesambassadeur.
Mej SA nou modeskouspel
Die nuwe formaat Mej SA-kompetisie beloof 'n modeskouspel soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie.
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  30°C
Kpstd  16°C  20°C
Dbn  21°C  29°C
Jhb  14°C  22°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

04/09/2008 09:08  - (SA)  
Rekords, geld rol in vir Yelena
Johan van Wyk    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Hoër, hoër, hoër ...Yelena Isinbayeva, Russiese koningin van paalspring. Maar hoewel sy haar wêreldrekord sentimeter vir sentimeter reeds 23 keer verbeter het, het daar 'n uitdager om haar kroon tevoorskyn getree: die Amerikaner Jenn Stuczynski. Die tweestryd tussen hulle word môremiddag om 13:20 (SA tyd) in die Olimpiese Stadion in Beijing hervat. (Foto: Gallo Images/Michael Steele)


Sy is loshande wêreld-atletiek se grootste trekpleister met haar soepel lyfie, haar persoonlikheid én haar ongeëwenaarde prestasies. Sy is die planeet se Sportvrou van die Jaar … maar elke keer wanneer die Russiese wêreldrekordhouer in die paalspring, Yelena Isinbayeva, haar veselglaspaal omklem, hou die wêreld se atletiekbase hul harte vas en gryp na hul pille.

Want die 26-jarige Isinbayeva is nou al die afgelope vyf jaar besig om die Internasionale Atletiekfederasie (IAAF) uit miljoene rande te spring. Sy het in dié tydperk altesame 23 wêreldrekords (binnenshuis én buitemuurs) opgestapel – en sy doen dit sentimeter vir sentimeter. En élke keer moet die IAAF haar $50 000 (sowat R375 000) daarvoor betaal. Tot op hede het sy nét vir haar rekords reeds $1,15 miljoen (sowat R8 miljoen) uit die IAAF-geldsakke gehaal … en sy is vér van klaar af.

Yelena se lewensdroom is om haar groot held, die voormalige Russiese mans-paalspringwêreldrekordhouer Sergey Bubka, se 36 wêreld-rekords te oortref. Sy het baie mooi by Bubka geleer. Hý het in sy fleur ook sý wêreldrekord sentimeter vir sentimeter opgeskuif – omdat hy dit kón doen, maar omdat ook hy geen werklike teenstand gehad het nie.

Heel diplomaties sê Yelena oor dié strategie: “Die geld speel ’n rolletjie, maar nie die hoofrol nie. Kyk, geld is altyd lekker en hoe meer hoe lekkerder, maar dis nie al rede hoekom ek deelneem en rekords probeer verbeter nie. Toevallig verkies ek om dit stap vir stap te doen. Op dié manier maak ek dit vir die skare interessanter.”

Yelena tree môremiddag om 13:20 (SA tyd) hier in die Olimpiese Stadion as Olimpiese, wêreld- en Europese kampioen as gunsteling vir haar tweede Olimpiese goue medalje aan. Sedert sy in 2004 in Athene haar eerste goud gewen het, het sy ’n fantastiese rekord opgebou: Sy het in haar 50 byeenkomste tussen Athene en Beijing 49 keer gewen en een keer (by ’n klein binnenshuise byeenkoms) tweede gekom.

Vanjaar het sy die eerste keer sedert Athene werklike teenstand gekry, toe sy in Maart in Valencia by die binnenshuise wêreldkampioenskappe nie hoër as 4.75 m kon oorgaan nie – presies dieselfde hoogte as die Amerikaner Jenn Stuczynski. Yelena het goud net-net voor die Amerikaner weggeraap omdat sy minder mislukkings op vorige hoogtes gehad het.

Stuczynski, voor vanjaar totaal onbekend, het voortgegaan en in Junie die Amerikaanse Olimpiese proewe met ’n sprong van 4.92 m gewen … die beste hoogte deur enige vrou buiten Isinbayeva (Yelena het tot in daardie stadium die beste 18 hoogtes in die geskiedenis agter haar naam gehad).

Die Amerikaner het daarna boonop die voorheen ongehoorde stap geneem en Isinbayeva se wêreldrekord tóé (5.03 m) met drie mislukte pogings op 5.04 m aangedurf. Agterna het sy geskimp dat sy Tsarina Yelena “se agterent in Beijing gaan skop” … waarop die Rus feitlik ontplof het oor dié “arrogansie” wat geen teenstander nog ooit in haar koninkryk geopenbaar het nie. “Ek gaan vir die wêreld wys ek is nog steeds die ou Yelena. Die enigste een,” het sy gesis.

Kort hierna het Isinbayeva in Monaco haar 23ste wêreldrekord met ’n sprong van 5.04 m opgestel.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis-Lenings
Wen tot R1000 verniet
Motor- & huisversekering
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wie is, volgens jou, mees "presidensieel"?
Mnr. Zuma
Mnr. Lekota
Pres. Motlanthe

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo