News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Charlize help VN
Charlize Theron is deur die Verenigde Nasies (VN) aangestel as vredesambassadeur.
Mej SA nou modeskouspel
Die nuwe formaat Mej SA-kompetisie beloof 'n modeskouspel soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie.
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  30°C
Kpstd  16°C  20°C
Dbn  21°C  29°C
Jhb  14°C  22°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

04/09/2008 09:07  - (SA)  
Bolt se 9.69 verbyster
Johan van Wyk    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Vinnigste man op die planeet...Usain Bolt van Jamaika wen goud met die grootste gemak in die 100m vir mans by die Olimpiese Spele. Hy het die afstand boonop in 'n wêreldrekordtyd van 9.69 afgeblits.(Foto: Wolfgang Rattay/Reuters)


Beijing

Hulle sê hy’s die Wêreld se Vinnigste Man. Aikôna, Usain Bolt is nie van hier nie...hy’s van ’n ander planeet!

Dié 21-jarige Jamaikaanse losbol het in sy senior atletiekloopbaan nog nie eens tien internasionale wedlope oor 100 meter gehad nie. Hy sê hy verkies eintlik die langer 200 meter, omdat sy lang bene “stadiger spoed optel” as die 100 meter-blitse.

Maar gisteraand hier het hy soos ’n koeël uit ’n geweer uit sy wegspringblokke ontplof en sy tweede wêreldrekord vanjaar afgeblits - dié keer ’n fantastiese 9.69, wat hom die eerste man in die ondermaanse maak wat deur die voorheen amperse ondenkbare 9.70 sekonde-grens bars. Dit oortref sy vorige wêreldrekord, wat hy nou anderdag in New York kafgedraf het, met 0.03 sekondes.

En mense, hierdie seun - hy word Donderdag 22 jaar jonk - het oor sy laaste 5 meter al begin feesvier. Lees hierdie waarnemer se lippe: hy kan nóg vinniger, as iemand hom kan leer om die volle 100 meter te hardloop. In sy halfeindronde-wedloop vroeër gisteraand het hy al omtrent sweerlik ná 70 meter begin rondkyk en briek trap . . . en hy het daai halfeindstryd in 9.85 gewen. Dít, skaars 0.01 stadiger as die vinnigste tyd wat vóór gisteraand ooit deur ’n gewone sterfling op ’n Spele gehardloop is!

Meer as 90 000 verwonderde toeskouers het tóé al geweet: hier kom iets verskrikliks.

• Nou wat het dan geword van Bolt se sterkste teenstanders, sy landgenoot en voormalige wêreldrekordhouer Asafa Powell, en die Amerikaanse wêreldkampioen in die 100 en 200, Tyson Gay?

Gay het in die halfeindronde reeds verrassend die aftog geblaas, toe hy met ‘n vyfde plek in 10.05 nie vir die Bolt-skouspel - ook genoem die eindronde - kon kwalifiseer nie. Gay het vanjaar al op 9.77 gedraai, wat hom die derde vinnigste wese nóg op twee bene gemaak het.

Powell, met ’n 9.74 die tweede vinnigste wese nóg, het sý halfeindronde eers heel indrukwekkend met ’n 9.91 gewen. In die eindstryd het sy wiele vroeg afgekom - en hy het in die Bolt-tornado met ’n vyfde plek in 9.95 verdwyn.

Met één wese wat ‘n wedloop só oordonder het, maak dit seker nie veel saak wie ná hom, vêr ná hom, in sy skadu op die medalje-rooster gestaan het nie.

Net vir die fynproewers onder julle: nóg ‘n Karibbiër, die tot-dusver-uiters-min-gewaande Richard Thompson van Trinidad, was tweede in 9.89, met die jong Amerikaner Walter Dix derde in 9.91.

O ja, in al die opgewondenheid vergeet ‘n mens amper dat Bolt tot sowat drie weke gelede nog “gewonder het” of hy die Olimpiese 100 hier moet aandurf. Hy was “meer lus” vir sy gunsteling, die 200.

Waarop ‘n mens ná gisteraand maar net kan sê: koes Michael Johnson, jou asembenemende wêreldrekord van 19.32 twaalf jaar gelede by die Spele in Atlanta is hierdie week skielik wankelende.

Geen mens kan voorspel waartoe dié vlieënde gevaarte genaamd Usain Bolt nóg in staat is nie...



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis-Lenings
Wen tot R1000 verniet
Motor- & huisversekering
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wie is, volgens jou, mees "presidensieel"?
Mnr. Zuma
Mnr. Lekota
Pres. Motlanthe

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo