| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
23/08/2008 20:22 - (SA)
LJ-hulle óók op pad na ‘Groot Wraak’ Johan van Wyk
LJ van Zyl, Juan van Deventer en Mbulaeni Mulaudzi vertrek vandag van hier na Europa, waar hulle saam met die room van die Olimpiese Spele-kampioene aan vanjaar se laaste groot atletiekbyeenkomste gaan deelneem. Khotso Mokoena gaan egter vir eers huis toe en sluit hom waarskynlik vir nét die laaste groot byeenkoms in Stuttgart by sy landgenote aan. Die seisoen se laaste byeenkomste is eerskomende Vrydagaand se vyfde Goue Liga-byeenkoms in Zürich, die sesde Goue Liga ’n week later in Brussel en dan die Wêreld-Atletiekeindstryd (WAF) op 12 en 13 September in Stuttgart. Dié byeenkomste is in ’n Olimpiese of wêreldkampioenskap-jaar gewoonlik bekend as Die Groot Wraak. Dit gebeur sonder uitsondering dat emmersvol pas gekroonde Olimpiese of wêreldkampioene daar hul honger ná die groot skouspel verloor en in die hek duik. Mokoena, pas gekroonde Olimpiese silwermedaljewenner in die verspring, maak egter geen geheim daarvan nie dat hý in Europa op Beijing wil verbeter. Sy 8.24 m hier vat-vat aan sy jaarbeste (die 8.25 m waarmee hy tweede in die SA kampioenskap was), maar sy lewensbeste van 8.39 m is nou éérs in sy visier. In SA atletiektaal was Van Zyl, met sy vyfde plek in die Olimpiese eindstryd van die 400 m-hekkies, een van min rêrige sterre...maar hyself is glad nie tevrede met óf daai vyfde plek óf sy tyd (48.42) nie. “Ek gaan Europa toe om op ’n vyfde plek te probeer verbeter. Ek is nou moeg daarvoor om alewig in die hakskene van die drie Amerikaners – die Olimpiese medaljewenners Angelo Taylor, Kerron Clement en Bershawn Jackson – vas te kyk. As ek realisties wil wees, moet ek erken hulle was vanjaar eenvoudig beter en vinniger as ek. “Ek sal hulle weer in Europa ’n go gee – en as ek daar goed doen, sal my jaar seker nie te sleg wees nie. Maar volgende jaar wil ek, soos hulle, vroeg in die seisoen veel meer gewone 400 meters hardloop. Dis waar die Yanks hul vaart vroeg slyp (Taylor spog met ’n lewensbeste van 44.02 in die gewone 400 m, waarmee hy verlede jaar die bronsmedalje in die wêreldkampioenskap gewen het). “Ek en my afrigter, Nico van Heerden, sal daarna mooi gaan sit en beplan. Dit bekommer my dat my lewensbeste nou al twee jaar lank op 48.05 staan; ons sal vir seker nuwe planne vir 2009 en daarna moet maak.” Van Deventer is hier met ’n puik – en hoogs verrassende – sewende plek in die eindstryd van die 1?500 weg. In die halfeindronde het hy te vroeg met sy eindpoging begin en in die eindstryd waarskynlik te laat. Dié min geroemde Johannesburgse student kan met dié Olimpiese lesse in Europa nóg nader kruip aan Johan Landsman se stokou SA rekord van 3:33.56. En ’n Mulaudzi sónder griep sal in Europa die vraagtekens oor sý wipplankloopbaan wil begin verwyder. Hy was al twee jaar nommer een in die 800 m op die wêreldlys, maar uiters swak vertonings in die laaste twee wêreldkampioenskappe (in 2005 in Helsinki, waar hy nie die eindronde kon haal nie, en verlede jaar in Osaka, waar hy sewende in die eindronde was) én sy skok-uitval hier in die Olimpiese halfeindronde laat ’n mens oor sy gereedheid vir die groot oomblik wonder.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|