News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Charlize help VN
Charlize Theron is deur die Verenigde Nasies (VN) aangestel as vredesambassadeur.
Mej SA nou modeskouspel
Die nuwe formaat Mej SA-kompetisie beloof 'n modeskouspel soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie.
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  30°C
Kpstd  16°C  20°C
Dbn  21°C  29°C
Jhb  14°C  22°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

23/08/2008 20:21  - (SA)  
Wêreld eet uit Tsarina se hand
Johan van Wyk    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
In die sewende hemel ...Yelena Isinbayeva juig in Beijing pas nadat sy haar paalspring-wêreldrekord na 5.05 m opgestoot het. (Foto: Reuters)


“Ek was vanaand ’n aktrise. Die hele stadion het aan my behoort. 70 000 mense het net op my gewag – en ek het gewéét hulle verwag ’n wêreldrekord van my. Daarom het ek hulle een gegee.”

Aan die woord: Yelena Isinbayeva. Dié keer voor ’n massa geharde mediamense, oomblikke nadat sy haar 24ste wêreldrekord in die paalspring opgestel en haar Olimpiese titel lag-lag verdedig het.

Van die oomblik dat sy al wuiwende ingestap het, het sy wéér ’n gehoor in die holte van haar hande gehad. Sy wórd immers deur ’n bewonderende wêreldmedia Tsarina genoem – en sy wéét wie haar brood en botter deesdae so mildelik op haar tafel help sit.

“Julle werk almal vir my. Julle is my skakelbeamptes,” koer sy in nou al byna perfekte Engels. “Julle maak my beroemd in al julle verskillende lande – al van die eerste oomblik dat ek oor 5 m geseil het.

“Ek is nie bang vir 5 m nie. Vanaand het ek die krag gevoel toe ek daai 5.05 m aandurf.”

En nee, sy “kruip nie weg van al haar bewonderaars onder daai groot wit laken” ná ’n sprong nie.

“Terloops, ek het daai laken sommer in die Olimpiese dorpie opgetel en saamgebring. Julle sal my nie verklap nie, nè?

“Daar op die gras is dit net ek teen myself. Dit kos nogal konsentrasie om sulke hoogtes soos ek te kan aandurf. As ek daar onder die laken lê, kan julle ouens my nie afsit met jul kameras nie. Ek’s jammer hieroor, maar ek móét soms my voet dwars sit met julle.”

Vra haar oor haar teenstanders, en sy’s blitsig: “My teenstanders is wat my betref nie op my terrein nie. Ek stel nie belang om te kyk hoe hulle swoeg en sukkel om op húl hoogtes te probeer oorkom nie.”

Maar...vra haar oor die Amerikaner Jenn Stuczinsky – wat uiteindelik op 14 cm laer as sy die silwermedalje gewen het – en die glimlaggie is skielik weg: “Stuczinsky? Ek het ook toevallig gelees wat sy nou die anderdag te sê gehad het. Dis te lelik om hier voor al julle uitgelesenes te herhaal.”

(Nadat sy die Amerikaanse titel op 4.92 m gewen het, het die Yank gesê sy gaan hier ‘Russiese gat skop’.)

“Ek was woedend. Wie’t al ooit gehoor van Stuczinsky? Wie’s sy? Sy’t my nog nooit geklop nie. Sy moet respek vir my hê! Nóú weet sy hopelik wie ek is. En wie sý nié is nie.”

Vorentoe? “Ek het nog vyf byeenkomste vanjaar en, wie weet, dalk kruip ek nóg nader aan (mans-wêreldrekordhouer) Sergey Bubka se 36 wêreldrekords.”

Niemand durf haar eers vra of dit maar weer sentimeter vir sentimeter, soos Bubka, hoër gaan wees nie. Want sy’s die Tsarina, onthou, en ons is haar bemarkers, onthou...



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis-Lenings
Wen tot R1000 verniet
Motor- & huisversekering
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wie is, volgens jou, mees "presidensieel"?
Mnr. Zuma
Mnr. Lekota
Pres. Motlanthe

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo