| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
23/08/2008 20:21 - (SA)
‘Ek het goud weggesmyt’ Johan van Wyk
Khotso Godfrey Mokoena glo hy is die wêreld se beste verspringer...en hy wil dit op 12 en 13 September in Stuttgart, Duitsland, by die Wêreld-Atletiekeindstryd (WAF) gaan bewys. Mokoena sê aan Rapport hy kon die Olimpiese goue medalje hier gewen het, “...maar toe gaan staan ek met 2 cm en oortrap met my laaste sprong. “Daai sprong was vir seker verder as die 8.34 m waarmee (die Panamees) Irving Saladino goud gewen het.” Moenie dié 23-jarige Pretorianer verkeerd verstaan nie. Hy is “baie, baie trots” dat hy silwer met ’n sprong van 8.24 m gewen het: “Dis iets wat ek vir die res van my lewe sal vertroetel. Maar ek weet ek kan baie verder spring – en ek glo ek kan dit in Stuttgart doen en my jaar op ’n absolute hoogtepunt afsluit.” Hy het Beijing toe gekom om ’n medalje te wen. “Die kleur daarvan het nie vir my saak gemaak nie. Maar so halfpad in die Olimpiese kompetisie het ek begin glo goud is binne my bereik, toe ek met daardie 8.24 m die voortou geneem het. Met my laaste sprong wou ek ’n grote uithaal. As dit net nie vir die skrale oortrap was nie...” Khotso (“Dit beteken vrede; Godfrey is my tweede naam,” verduidelik hy) beleef inderdaad ’n wipplank-seisoen. Vroeg vanjaar het hy binnenshuise wêreldkampioen met ’n sprong van 8.09 m geword, nadat hy op die Suid-Afrikaanse kampioenskap op Stellenbosch met 8.25 m nie goed genoeg vir die SA titel was nie. (Keenan Watson het hom daar met ’n 8.26 m net-net geklop, hoewel die wind vir dié jong Kapenaar daardie dag te sterk van agter was om amptelik erken te word.) Daarna is hy na die buitemuurse Europese seisoen, waar hy ná ’n aanvanklik stewige afskop algaande begin uitsak het – en selfs tot kort voor Beijing huil-afstande van net oor die 8 m gespring en teen min gewaande teenstanders begin verloor het. Hieroor sê hy: “Europa was vir my niks meer en niks minder nie as bloot losmakers vir Beijing. Europa en Beijing verskil hemelsbreed van mekaar, en ek was nooit rêrig bekommerd dat my swakkerige vorm daar ’n invloed op Beijing sou hê nie. “Ek het daar alles probeer en foute uitgeskakel, en ek was reg toe ek hier land.” Terwyl sy vorm in Europa agteruit gegaan het, het hy skielik eendag besluit om sy derde afrigter, Angus Pohl, in die pad te steek: “Ek het Beijing toe gekom sonder ’n afrigter. Ek wil niks oor my en Angus se skeiding van weë praat nie. Ook nie oor Owen van Niekerk, wat my voor Angus gebrei het nie. “Wat ek wél wil sê, is dat my eerste afrigter, Elna de Beer, deel kan voel van my Beijing-medalje. “Sý het my op skool die fyner kunsies begin leer.” • Die Beijing-verspring-eindronde het die swakste wen-afstand opgelewer sedert 1976, toe goud met 8.35 m gewen is. In 2004 is Athene met 8.59 m gewen. Saladino het verlede jaar by die Wêreldkampioenskap in Osaka, Japan, met ’n afstand van 8.57 m goud in sy sak gesteek.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|