| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
23/08/2008 20:21 - (SA)
Phelps is 'n vis...en ek 'n weerligstraal! Johan van Wyk
“Michael Phelps is ’n vis in water. Ek is ’n weerligstraal op land.” Só vergelyk die Jamaikaanse blits Usain Bolt sy asemrowende Olimpiese goue tweekuns hier in die naellope met die Amerikaanse super-swemmer Phelps se agt goue medaljes. Bolt was Woensdagaand net voor middernag nog in die wolke by ’n oorvol mediakonferensie, waar hy van sy emosies vóór en ná eers sy 100 m- wêreldrekord verlede Saterdag (9.69) en toe sy 200 m-wêreldrekord enkele ure tevore (19.30) vertel het. Met dié naelloop-tweekuns het Bolt die legendariese Carl Lewis se prestasie 24 jaar gelede by die Olimpiese Spele in Los Angeles nagedoen. Maar Lewis het nie in sý triomftog met twee reeds fantastiese wêreldrekords klaargespeel nie. As die wêreld verlede Saterdag verbaas was oor daardie 9.69, was hy Woensdagaand verstom...want nie nét het Bolt as 21-jarige seun sy eie vorige lewensbeste (19.67) met ’n ongehoorde 0.37 sek. verbeter nie – hy het nóg ’n Yank-legende, Michael Johnson, se 12 jaar oue wêreldrekord van 19.32 uit die rekordboeke gevee. Laasgenoemde tyd is bestempel as gelykstaande aan Bob Beamon se 8.90 in die verspring by die Spele van 1968 in die stad Mexiko. • Bolt was by die mediakonferensie gereed vir vergelykings met Johnson, wie se wêreldrekord oor 400 m (43.18 in 1999) darem nog staan. “Michael was een van die héél grotes,” sê Bolt. “Ek hoor hy het voor Beijing gesê hy glo nie ek sal sy 200 m-rekord by hom kan afvat nie en indien ek dit wél regkry, sal hy wat Michael is my Superman 2 noem. Of dalk Flash Gordon. Uh-uh, ek wil net myself wees. Julle kan my sommer Lightning Bolt noem.” En: “Ek wéét sommer julle ouens gaan my volgende vra of ek kans sien vir MJ se 400 m-rekord óók. Wel, die volgende paar dae gaan ek nie eens aan die toekoms dink nie. Ek wil net partytjie hou – ek het pas 22 geword – en van môre vergeet. Wie weet, dalk vat ek die 400 m later in my lewe, maar beslis nie vóór volgende jaar se wêreldkampioenskap in Berlyn nie. Stel dít julle tevrede?” vra Bolt, met die glimlag wat ál breër word. • Hy geniet hierdie konferensie. Voorheen was hy maar onseker oor die media en alles wat hulle oopkrap, maar hierdie lot voor hom staar hom met bewondering aan. Géén twyfel by hom oor watter van sy twee aardskuddende vertonings die grootste plesier vir hom gegee het nie: “Die 200 m. Dis ’n cool item, man. Ek het van kleins af gedroom dat ek eendag iets in die 200 m gaan word. Ek maak liefde met die 200 m. Het julle geweet dat ek op 15 die jongste junior wêreldkampioen en junior wêreldrekordhouer tot nog toe in die 200 m was? “Die 100 m het net nie vir my dieselfde bekoring nie,” sê die man wat ná minder as tien internasionale wegspringe in die 100 m die eerste man geword het wat die 9.70-grens kon deurpriem. Of hy ooit geweet het hy’s so vinnig? “Ja, wat, ek is rêrig nie verras nie. Hierdie baan is vrek vinnig – ek het geweet as ek rekords wil slaan, moet ek dit hiér voor 90 000 mense doen. Toe ek nou-nou na die TV-kykweers van my wedloop kyk, het ek vir myself gesê: ‘Daai ou is vrek vinnig.’ ” • En, dink hierdie waarnemer toe Bolt groet, daai ou gaan nóg vinniger word as hy die dag ’n volle 100 m hardloop en nie, in sy jeugdige voortvarendheid, al by die 90 m-merk begin briek trap en fees vier nie.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|