| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
23/08/2008 20:21 - (SA)
Belg stuit Vlasic ná 34 seges Johan van Wyk
Beijing Sy lyk soos jou tipiese befoeterde Engelse onderwyseres op laerskool...en gisteraand hier het die 30-jarige bebrilde Belg Tia Hellebaut die gróót gunsteling in die hoogspring, Blanka Vlasic van Kroasië, ’n Olimpiese les geleer. Alle oë was gerig op die boontjierank fraaie Vlasic, wat hier onoorwonne ná 34 internasionale byeenkomste aangetree het. Vlasic het al 36 keer vergeefs die vergeelde wêreldrekord van 2.09 m, wat die Bulgaar Stefka Kostadinova 21 jaar gelede opgestel het, onsuksesvol aangedurf. Hellebaut het een van die skokke van die Spele gelewer toe sy op ’n hoogte van 2.05 m gewen het. Vlasic het óók op 2.05 m geslaag, maar eers met haar tweede sprong. Daarna het die Belg rustig uitgesit en gekyk hoe Vlasic ’n hoogte van 2.07 m aandurf. Vlasic het met al drie haar spronge misluk – en Hellebaut het nie eens verder gespring nie en begin fees vier oor België se eerste individuele Olimpiese goue medalje in atletiek sedert 1976. Vlasic was tot op ’n hoogte van 2.03 m oënskynlik onkeerbaar op pad na daai wêreldrekord, deurdat sy op ál sewe van haar vroeëre hoogtes met haar eerste sprong geslaag het. Hellebaut het hier by die Spele aangetree met ’n beste van 2.00 m vanjaar. Sy was verlede jaar in Japan 14de in die Wêreldkampioenskap. By die vorige Spele in 2004 in Athene was sy maar 12de in die Olimpiese eindronde. • Vir Amerika was daar gisteraand darem twee troos- goue medaljes ná hul teleurstellings die afgelope week op die atletiekbaan. Die Yank-mans, met LaShawn Merritt en Jeremy Wariner aan die spits, het in die 4x400 m- aflos geseëvier in die tweede vinnigste tyd in die geskiedenis (2:55.39). Die Bahamas (2:58.03) en Rusland (2:58.06) was onderskeidelik tweede en derde. ’n Yank-viertal het ook goud in die vroue-aflos (4x400 m) gesmaak toe hulle in 3:18.54 voor Rusland (3:18.82) en Jamaika (3:20.40) oor die eindstreep gedraf het. Dié oorwinnings verbloem egter nie die feit dat die Yanks hier weg is sonder ’n Olimpiese titel in een van die ses naelloop-items nie. • In die mans-spiesgooi het die Noor An?dreas Thorkildsen sy Olimpiese titel suksesvol met ’n yslike gooi van 90.57 m verdedig, met Ainar Kovals tweede (86.64 m) en die Finse wêreldkampioen Tero Pitkamaki ’n beskeie derde met ’n afstand van 86.16 m. In gisteraand se ander eindrondes het die Keniaan Wilfred Bungei ’n taktiese 800 m in 1:44.65 gewen, met die Soedannees Ismail Ismael tweede (1:44.70) en die Keniaan Alfred Yego derde (1:44.82). Die 5 000 m vir mans is deur die Ethiopiese wêreldrekordhouer, Kenenisa Bekele, in 12:57.82 gewen, gevolg deur die Keniane Eliud Kipchoge (13:02.80) en Edwin Soi (13:06.22). In die 1 500 m vir vroue het die Keniaan Nancy Lagat ’n taktiese stryd in 4:00.23 gewen. • Suid-Afrika se treurmare by die Olimpiese Spele het die laaste paar dae voortgeduur. In die mans-hokkie het die SA span in die uitspeelstryd vir 11de en 12de plek met 3-4 teen China verloor. China het die wendoel in ekstra tyd behaal, nadat die spanne met die eindfluitjie ná normale speeltyd met 3-3 gelykop was. In die kajak-roei oor 500 m het Jennifer Hodson agtste uit die nege deelnemers geëindig. Haar tyd was 1:53.353. Die wenner van die goue medalje was Inna Osypenko-Radomska (Oekraïne, 1:50.673). In die bergfietsry het Yolande Speedy 22ste uit 30 deelnemers klaargemaak. Speedy het twee rondes agter die wenner, Sabine Spitz van Duitsland, geëindig.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|