News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Charlize help VN
Charlize Theron is deur die Verenigde Nasies (VN) aangestel as vredesambassadeur.
Mej SA nou modeskouspel
Die nuwe formaat Mej SA-kompetisie beloof 'n modeskouspel soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie.
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  30°C
Kpstd  16°C  20°C
Dbn  21°C  29°C
Jhb  14°C  22°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

30/08/2008 20:59  - (SA)  
Beijing babelaas
Johan van Wyk    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
(Foto: Ian Walton/Getty Images)


Johannesburg

Vier pas gekroonde Olimpiese kampioene het in die stof gebyt...en ’n koel troosprys van $500 000 (R3,75 miljoen) wink vir één van die gevalle helde in Beijing: die boontjierank-hoogspringer Blanka Vlasic.

En...die Beijing-blits Usain Bolt het, ondanks die swakste wegspring in sy 22-jarige lewe, steeds die 100 m-naelloop gewen in ’n tyd (9.83) wat alle Olimpiese Speles vóór Beijing sou gewen het.

En...vir die enigste Suid-Afrikaanse swaeltjie, LJ van Zyl, wéér ’n vyfde plek – maar ook vir hóm ’n troosprys: Hy het darem dié keer hakskene vir ’n Beijing-medaljewenner gewys.

Dís die verhaal van die jaar se vyfde Goue Liga-atletiekbyeenkoms Vrydagaand in Zürich, waar die Beijing-babbelas ’n handvol van wêreldatletiek se brekers gepootjie het.

Só het:

• die bebrilde Belgiese hoogspringer Tia Hellebaut van die ongekende hoogtes in die “Vöelnes” tot ’n agtste plek met ’n huil-hoogte van 1.90 getuimel. Vlasic het haar skoknederlaag lag-lag met ’n wenhoogte van 2.01 gewreek, en sy is nou saam met die Keniaanse 800 m- frats Pamela Jelimo onkeerbaar op pad om die Goue Liga-boerpot van $1 miljoen te deel. Dié twee moet nog net Vrydag se laaste Goue Liga in Brussels wen om dit vanjaar 6 uit 6 te maak en die skatkis te deel.

Die Olimpiese kampioen Jelimo was in Zürich in die 800 m in 1:54.01 baas – op die randjie van die oudste atletiekwêreldrekord (1:53.28, wat al 25 jaar staan).

• Jeremy Wariner die 400 m in sy vinnigste tyd vanjaar (43.82) gewen – myle vóór sy Beijing-temmer, LaShawn Merritt (44.43).

• LoLo Jones die 100 m-hekkies in 12.56 gewen; vyf plekke beter as die Spele-wenner, Dawn Harper (12.73). Jones was in Beijing op pad na goud toe sy die negende hekkie raak getrap en soos ’n os neergeslaan het.

• die Afrika-kampioen Haron Keitany die Spele-wenner in die mans-1500 m, Rashid Ramzi, getroef.

En Bolt?

Hy was ná die pistoolskoot steeds in die Zürich-wegspringblokke vasgekluister. Al agt sy teenstanders was al ’n paar tree weg – maar dié driedubbelde wêreldrekordhouer het sy grootsheid onderstreep met ’n terugvegpoging soos min.

Hy’t die twee manne wat in Beijing in sy reuse-skadu die ander twee 100 m-medaljes gewen het, Walter Dix (9.99) en Richard Thompson (10.09), wéér tot skilpaaie gereduseer.

LJ van Zyl se vyfde plek in die Zürich-400 m- hekkies het ’n tyd van 48.98 opgelewer.

Die Beijing-kampioen Angelo Taylor het sy triomftog met ’n 48.07 voortgesit, met Kerron Clement wéér tweede (48.20).

Bershawn Jackson, derde in Beijing, is met ’n tragiese sewende plek (49.18) tot ’n blote Spele-herinnering gereduseer.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis-Lenings
Wen tot R1000 verniet
Motor- & huisversekering
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wie is, volgens jou, mees "presidensieel"?
Mnr. Zuma
Mnr. Lekota
Pres. Motlanthe

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo