Beijing babelaas
Vier pas gekroonde Olimpiese kampioene het in die stof gebyt...en ’n koel troosprys van $500 000 (R3,75 miljoen) wink vir één van die gevalle helde in Beijing: die boontjierank-hoogspringer Blanka Vlasic.
|
|
Belg stuit Vlasic ná 34 seges
23/08/2008 20:21
Sy lyk soos jou tipiese befoeterde Engelse onderwyseres op laerskool...en gisteraand hier het die 30-jarige bebrilde Belg Tia Hellebaut die gróót gunsteling in die hoogspring, Blanka Vlasic van Kroasië, ’n Olimpiese les geleer.
|
‘Ek het goud weggesmyt’
23/08/2008 20:21
Khotso Godfrey Mokoena glo hy is die wêreld se beste verspringer...en hy wil dit op 12 en 13 September in Stuttgart, Duitsland, by die Wêreld-Atletiekeindstryd (WAF) gaan bewys.
|
|
|
LJ-hulle óók op pad na ‘Groot Wraak’
LJ van Zyl, Juan van Deventer en Mbulaeni Mulaudzi vertrek vandag van hier na Europa, waar hulle saam met die room van die Olimpiese Spele-kampioene aan vanjaar se laaste groot atletiekbyeenkomste gaan deelneem.
Phelps is 'n vis...en ek 'n weerligstraal!
“Michael Phelps is ’n vis in water. Ek is ’n weerligstraal op land.”
Wêreld eet uit Tsarina se hand
“Ek was vanaand ’n aktrise. Die hele stadion het aan my behoort. 70 000 mense het net op my gewag – en ek het gewéét hulle verwag ’n wêreldrekord van my. Daarom het ek hulle een gegee.”
Bolt se 9.69 verbyster
Hulle sê hy’s die Wêreld se Vinnigste Man. Aikôna, Usain Bolt is nie van hier nie...hy’s van ’n ander planeet!
Rekords, geld rol in vir Yelena
Sy is loshande wêreld-atletiek se grootste trekpleister met haar soepel lyfie, haar persoonlikheid én haar ongeëwenaarde prestasies...
Phelps ryg medaljes op ’n streep in
Staan opsy, Mark Spitz, vir die agtste wonder van die wêreld!
LJ, Godfrey in eindrondes
‘Nóú begin die geveg eers. Ek skrik nie vir die drie blitsige Amerikaners nie – ek het hulle al almal geklop.”
Sunette reg vir Goliat
Sy het haar hande stompies gebaklei om haar verdiende kans by die Olimpiese Spele te kry. Nou is sy hier – en sy gaan Dinsdag “baklei soos nog nooit” om in Donderdag se eindronde te wees...
Jong Augustyn gee ’n groot tree
Hy was skaars twee weke gelede in die skadu van die Eiffeltoring op 21 die jongste deelnemer aan die Tour de France. En toe eindig hy 48ste...
Rekords tuimel klaar
Wêreldsterre soos Roland Schoeman, Ryk Neethling, Lyndon Ferns, Gerhard Zandberg en Suzaan van Biljon het nog nie eens hul gevleuelde voete in die Olimpiese swembad hier gesit nie, maar Suid-Afrikaanse swem spog reeds met drie nuwe Afrika-rekords ná dié sport se afskop gister. |
|