| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
06/08/2005 13:47 - (SA)
Hier kom die Afrikaanse podgooiers DIRK LOTRIET
Afrikaans het nou ook die terrein van podcast betree en gebruikers het sommer hul eie term vir dié nuutjie bedink: podgooi, wat nogal lekker op die oor val. Op die oomblik is daar net vier podgooiers in Afrikaans bedrywig, maar hul opnames kom van dwarsoor die wêreld en 'n mens kan met taamlike sekerheid voorspel dat die nuwigheid binnekort gaan vertiendubbel. As jy belang stel, kan jy op die internet na hierdie mense gaan luister, of hul podgooie op 'n draagbare MP3-speler aflaai en daarna luister terwyl jy stryk, met die hond gaan stap of in die gimnasium sweet. Die meeste van hierdie programme handel maar oor koeitjies en kalfies, maar die gogga byt jou sonder dat jy dit verwag en binne 'n oogwink voel dit of hierdie mense eie familie is. Die podgooiers is nie professionele omroepers nie, wat beteken dat die programme veel minder afgerond is as byvoorbeeld RSG se uitsendings, maar die podgooie word gekenmerk deur 'n pretensieloosheid en eerlikheid wat jy nie oor die openbare radio kry nie. Die pioniers van Afrikaanse podgooie is Attie en Lene Heunis, 'n Afrikaanssprekende egpaar in Londen. Hulle het hul eerste Afrikaanse podgooi reeds in April vanjaar beskikbaar gestel. 'n Mens kan hul hele reeks podgooie kry by www.gesels.net/podcast. My vrou se groot gunsteling is Boerseun en sy vrou, Boergirl, se podgooie. Die egpaar maak hul podgooie in Florida, Amerika. Net soos met die Heunisse se programme, glip daar soms 'n vloekwoordjie in, maar nie naastenby so erg soos in die gemiddelde alledaagse gesprek nie. "Ek praat nie meer elke dag Afrikaans nie, maar ek vloek omtrent elke dag in Afrikaans," verduidelik Boerseun op sy webwerf by www.boerseun.com. Daar word ook 'n podgooi van Die Kraaines in die Vrystaat uitgesaai. Gaan luister by www.kraaipromosies.co.za. Cybersakkie is Etienne de Heus se podgooi uit Johannesburg. Gaan laai dit af by www.cybersakkie.co.za/cybersakkie/htm.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|