| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
19/11/2005 13:55 - (SA)
Nuwe hoop kom ná baie jare se ellende Dawie van Heerden
Later het die woongebied heeltemal verval. Misdaad het hoogty gevier, werkloses het op straathoeke rondgestaan, papiere en blikke het die wêreld vol gewaai en kaalvoet kinders het in vuil poele water in die stofstrate gespeel. Nou het die feniks as 't ware uit die as verrys. 'n Museum word vir R31 miljoen gebou en nog ontwikkelings van miljoene rande word beplan vir die gebied - insluitend 350 nuwe huise. Die voltooide museum sal uit 'n kunssaal, 'n kunssentrum, 'n mark, 'n biblioteek, 'n saal, 'n konferensiesentrum en verblyfplek vir besoekers bestaan, en Mhlaba sal hier herbegrawe word. Die besluit om die Rooi Lokasie te restoureer en as kultuurmuseum vir die nageslag te behou, is in 1998 deur die munisipaliteit van die Nelson Mandela-metropool geneem. Vir die toekoms hou dit groot belofte in, want dit sal na verwagting duisende toeriste lok. Toeriste sal ook 'n argitektoniese prestasie kan sien. Noero Wolff-argitekte van Kaapstad se ontwikkelingsplan is intussen aangewys as een van die finaliste (argitektuur) vir vanjaar se World Leadership -toekennings. Hulle ding mee met ander stede soos Damaskus in Sirië, Addis Abeba in Ethiopië, Calgary in Kanada, en twee Amerikaanse stede, Salt Lake City en Columbus, om dié toekenning. Die wenner word op 6 Desember in Londen aangekondig. Die projek het aanvanklik nie die inwoners se goedkeuring weggedra nie. Mnr. Mbulelo Gidane, sakebestuurder van ontspannings-en-kultuursake in die Nelson Mandela- metropool, sê daar was 'n tyd toe getwyfel is of die projek ooit op dreef sal kom omdat inwoners op nuwe huise aangedring het. Maar nou verstaan almal die museum gaan 'n ekonomiese inspuiting vir die gebied wees waar armoede iets alledaags is. Die Rooi Lokasie is ryk aan ge skiedenis. Dié gebied in New Brighton was die eerste plek in Port Elizabeth waarheen swart Suid-Afrikaners gedwing is om te verhuis om plek te maak vir wit woonbuurte. Inwoners van die Strangers Location, die Coopers Kloof Location, die Gubbs Location en die Reservoir Location is tussen 1903 en 1909 sporadies na die Rooi Lokasie verskuif. Hulle is eers gehuisves in sinkhuisies wat in die Anglo-Boereoorlog in Uitenhage gebruik is as huisvesting vir vroue en kinders in konsentrasiekampe. Ander gehuggies is later van De Aar af na die gebied gebring. Hoewel dit nie heeltemal duidelik is waar die naam Rooi Lokasie vandaan kom nie, word dit meestal aanvaar dat dit na die rooi kleur van die sinkhuisies of die rooi grond in die gebied verwys. Drie van die sinkhuisies gaan gerestoureer word en ná die ontwikkeling moontlik as winkels of restaurants gebruik word. Die ander gaan plek maak vir moderne huise. Dit is uit een van die gehuggies in Blok 59 waar die eerste beto gings teen die apartheidsbeleid beplan is. Mhlaba het op 13 April 1952 'n groep inwoners by die spoorwegstasie teenaan die Rooi Lokasie toegespreek waartydens besluit is om tot aksie teen die beleid van die regerende Nasionale Party oor te gaan. 'n Rits betogings is ná dié byeenkoms gehou en Mhlaba en verskeie ander vryheidstryders is by meer as een geleentheid in hegtenis geneem. Op 18 Oktober 1952 het die eerste onluste in die Rooi Lokasie uitgebreek nadat 'n blik verf by die spoorwegstasie by Noordeinde gesteel is. Die polisie het ondersoek gaan instel en twee verdagtes by die New Brighton-spoorwegstasie teenaan die Rooi Lokasie probeer voorkeer. In die botsing tussen die polisie en die inwoners daarna is etlike swart en wit mense dood.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|