| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 4 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
22/03/2008 14:03 - (SA)
’n Geskiedenisman word wynman Julian Jansen
Kaapstad Wyn was taboe in Ernest Messina se ouerhuis. Selfs die woord is met afkeur genoem in die eenvoudige plaashuisie op Klein Simonsvlei neffens Klapmuts. Sy onderwyserouers was streng kerkmense. Dié dat hy lank “nie eens ’n leksel wyn gedrink het nie”. Maar nou, op 50-jarige ouderdom, is dit ’n gans ander storie. Die plaasseun van toe is onlangs aangewys as voorsitter van Groot Constantia Trust se direksie. Nou besíng hy wyn: “Nou kom ek by, verorber wyntydskrifte, bring besoeke aan Europese wynlandgoedere.” Hy is al handig met die eeue oue ritueel van wynproe: die skink, die neus beproef, ’n slukkie neem en ’n ingeligte mening gee. Vir ons maak hy behendig ’n Constantia Rood oop, gooi dit stadig in ’n glas, bekyk dit goedkeurend. Soos ’n ou hand. En hy besing Groot Constantia. Wanneer hy oor dié oudste wynlandgoed in die Nuwe Wêreld praat, raak hy opgewonde, ook oor hoe hy en ander betrokkenes die landgoed, wat in 1685 gestig is, meer ekonomies, kultureel en opvoedkundig lewensvatbaar wil maak. En hy praat oor die landgoed se geskiedenis, eers in private besit, in die hande van goewerneur Simon van der Stel, later die eiendom van Olaf Bergh en Anna de Koningh, die kind van Bataafse slawe. Dit is immers ’n geskiedenisman aan die woord: Messina kom ’n lang pad, sedert die 1976-opstande wat ook by die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) uitgeslaan het “toe die Groot Trek nog die deurlopende tema in die geskiedenisdepartement was” en hy dit in die studie vir sy honneursgraad deurtastend moes bestudeer. Onvervullend, sê hy nou daaroor. ’n Doktorale proefskrif het nietemin by dieselfde universiteit gevolg, oor swartbewussyn in die Wes-Kaap. Hy is eers ná nog 12 jaar as dosent daar weg, in 1997, sakewêreld toe. Hy het sy eerste bemagtigingstransaksie gesluit en met ’n vennoot die meerderheidsaandeel in ’n skroothandelmaatskappy bekom. Deesdae het hy belange in talle maatskappye en is voorsitter van die Wes-Kaapse Afrikaanse Handelsinstituut. En Groot Constantia is sy nuutste groot liefde. Dié landgoed was jare lank in staatsbesit, maar is nou ’n artikel 21-maatskappy wat “in belang van die land se mense” bestuur word: “Groot Constantia, volgens sy statute, is volksbesit.” Alle betrokkenes, van die werkers tot die direkteure, moet verteenwoordigend van die land se bevolking wees. Dis “die nasie se wynlandgoed”, erfgoed. “Wanneer wynliefhebbers ons wyne skink, moet hulle weet: 323 jaar se geskiedenis sit daaragter.” Messina praat nie net geesdriftig oor Groot Constantia se wyn nie. Hy raak ook opgewonde oor die opvoedkundige waarde en potensiaal van die historiese wynlandgoed met 90 hektaar onder wingerd, digby die stad, berg en see. Om die kultuurhistoriese aspekte van die landgoed te behartig, het Groot Constantia ’n belangrike vennoot in die Iziko-museums gekry om alle aspekte van die erfenisproduk ten volle te integreer. Dit beteken ook erkenning aan almal – insluitend die slawe en plaaswerkers – wat in 323 jaar ’n bydrae gelewer het. As Suid-Afrika se oudste wynplaas is Groot Constantia as ’t ware die moederplaas, die simboliese adres van die wynbedryf. Dit ding nie werklik mee met ander wynprodusente nie, maar streef na baie hoë gehalte. Ook die fisieke toestand van die plaas, met sy klassieke Kaaps-Hollandse geboue, moet van die beste wees, sê Messina. Pas is byvoorbeeld R300?000 bestee om die hele werf outentiek met klip te plavei – teerpaadjies sal jy nie hier kry nie. En die landgoed as erfenis moet weer ferm in die bewussyn van die nasie geplaas word. Dis deel van Groot Constantia se missie dat die diverse Suid-Afrikaanse bevolking hom die landgoed as erfgoed sal toe-eien. Te veel mense weet nie van Groot Constantia nie. Om verskillende redes het die landgoed die afgelope vyftien jaar ook nie genoeg erkenning in die bedryf gekry nie. Daar is dus ’n hernieude bemarkingspoging aan die gang waarby Messina persoonlik betrokke is. Dis ook maar opvoedingswerk; net, dit geskied nie meer in ’n universiteit se lesingsaal nie. Binnelandse en buitelandse toeristegetalle neem toe. en die landgoed is ’n gewilde konferensiesentrum. In die kelders lê honderde houtvate. Hier ruik jy geskiedenis, praat jy nie hard nie. Messina is trots op die landgoed se jong wynmaker, Boela Gerber. Tereg: Groot Constantia kry gereeld toekennings, die jongste ’n internasionale goue toekenning aan die 2006 Gouverneurs Chardonnay. En ja, daar ís die nalatenskap van die gewraakte dopstelsel toe plaaswerkers deels met drank betaal is. Dit kwel Messina, soos ook die fetale-alkoholsindroom wat veral die landelike gemeenskappe so teister. Maar wyn, sê Messina, hoef nie vernietigend te wees vir die individu, die gesin en die gemeenskap nie. Mense moet wyn waardeer as ’n kultuurproduk en as ’n kulturele ervaring. Wat dit betref lê nog ’n lang pad voor. Messina en sy gesin woon in die wonderskone Franschhoekvallei. Sy dogter is in gr. 12, sy seun is tans ’n uitruilstudent in Engeland. Sy vrou, Sally, se kunswerke hang die ruim, smaakvolle huis se mure vol. Dis ’n lang pad sedert daardie wynlose dae naby Klapmuts.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|