News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Tinarie gooi balle in die lug
Sy is gebore om op die verhoog te wees, meen Tinarie van Wyk Loots wat tans in kykNET se Transito te sien is.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 4 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
    Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  5°C  25°C
Kpstd  14°C  18°C
Dbn  13°C  25°C
Jhb  7°C  25°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

22/03/2008 14:03  - (SA)  
Dié ideologie verdoesel gelykheid van rasse

Christi van der Westhuizen    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Albert Schweitzer is deesdae omstrede. Sommige sê hy was 'n onbewuste rassis. Ander meen hy was net 'n rassis, uit en gedaan.

’n Anonieme briefie land onlangs op my lessenaar. Dis ’n fotokopie van ’n boekuittreksel oor die sendeling, filosoof en geneesheer Albert Schweitzer, gestuur aan my deur ene “Afrika-kenner”.

In die uittreksel het “Afrika-kenner” goedgunstiglik ’n paar paragrawe gemerk met aanhalings van Schweitzer wat blykbaar in die destydse Pretoriase koerant Hoofstad op 8 Junie 1981 verskyn het. Daarvolgens sê Schweitzer dat Afrikane ’n “sub-ras” is.

Maar hoewel hy meen dat Afrikane ’n “sub-ras” is, waarsku hy dat die “Witman” nie moet probeer om as gelyke met swart mense te lewe nie, want die “Witman” sal “ingesluk” word en “al sy werk (sal) vernietig (word)”.

Voorts maan Schweitzer dat wit mense bedag daarop moet wees om die status te handhaaf van wit mense as meerderwaardig/die heersers en swart mense as minderwaardig/die ondergeskiktes – laasgenoemde moet benader word “soos kinders wat jy wil help of onderrig”.

Sommige betwis dat Schweitzer hierdie bepaalde woorde geuiter het. Daar is omstredenheid oor hom, met party mense wat sê hy was ’n “onbewuste rassis” terwyl ander sê hy was maar net ’n rassis, uit en gedaan.

Hoe ook al, ’n vinnige internetsoektog wys die aanhaling is gewild onder rassiste wêreldwyd as deel van hul arsenaal van “bewyse” oor swart mense se “minderwaardigheid”.

“Afrika-kenner” het bygevoeg dat hy/sy vir my die rassistiese traktaatjie aanstuur sodat ek ’n “beter perspektief op die Afrikakultuur sal kry en ook die probleme waarmee Suid-Afrika tans worstel beter te (sic) begryp”.

Dit is belangrik dat die aanhalings in 1981 in ’n Afrikaanse koerant verskyn het – amper twintig jaar nadat Schweitzer dit glo gesê het. Dit wys vir mens die soort propaganda wat die media lukraak versprei het in daardie jare.

Kom ons kyk na wat daar te begrype is. Daar is ’n weerspreking in die aanhaling. Indien swart mense ’n “sub-ras” is, is gelykheid tussen wit en swart tog onmoontlik. Maar die aanhaling waarsku dat wit mense daarop bedag moet wees om gelykheid te voorkom. Implisiet hierin is ’n erkenning dat swart en wit inderdaad inherent gelyk is. Dus, volgens die aanhaling, moet wit mense hulself inspan om swart mense in die minderwaardige posisie te behou.

Dit herinner my aan twee eerlike oomblikke in adv. J.G. Strijdom se lewe. In 1946 het hy ’n brief aan dr. D.F. Malan, die hoofleier van die Nasionale Party, geskryf waarin hy uitgewys het dat verstedeliking en onderwys vir swart mense sal lei tot gelykheid tussen wit en swart.

Die tweede oomblik was net nadat hy in 1954 eerste minister geword het. Hy het erken dat “die wit man nie sy posisie slegs deur meriete sal kan behou nie en sy dominante posisie daaraan te danke het dat hy kan stem. Dit is deel van die essensie van apartheid, dus, dat die Bantoe nooit stemreg mag hê in wit gebiede nie …”

Schweitzer het sy woorde na bewering kwytgeraak kort voor sy dood in die 1960’s. Tog kom die aanhaling reguit uit die negentiende-eeuse, sosiaal-Darwinistiese denkraamwerk. Daarvolgens is daar ’n hiërargie van rasse met swart mense nader aan die ape op die evolusionêre leer terwyl wit mense die “hoogste” vorm van homo sapiens is. (Hoe “toevallig” dat wit mense hulself aan die bopunt plaas van die rassehiërargie wat hulle uitgedink het!)

Die beweerde aanhalings van Schweitzer weerspieël die tipiese setlaarsangs dat wit mense “oorstroom” gaan word en sal verdwyn. In dié geval word die angs weggesteek agter ’n gesuggereerde “laer kultuur” van swart mense wat wit mense sal “insluk”. Om hierdie rede, word aangevoer, moet wit mense hul dominasie handhaaf.

Strijdom was ’n bietjie eerliker. Moderniteit – verstedeliking; onderwys – sal swart mense in staat stel om op gelyke voet met wit mense te verkeer, het hy erken. Dít was wat gestuit moes word deur die stelsel van diskriminasie genaamd apartheid.

Dr. Xolela Mangcu, bekende openbare intellektueel, skryf hieroor in sy nuwe boek, To the Brink – The State of D emocracy in South Africa. Swart mense in die Oos-Kaap het die “gewelddadige kulturele kontak” met kolonialisme in die negentiende eeu op twee maniere gehanteer: deur óf assimilering te verwerp óf dit aan te wend vir vooruitgang en politieke weerstand.

Onderwys en Christenskap is in daardie stadium gebruik as fasiliteerders om moderniteit te betree.

Toetrede tot moderniteit word dan op sigself ’n wapen teen kolonialisme en later apartheid.

Mangcu skryf ook dat die swart toetreders tot moderniteit hul nuutgewonne kennis aangewend het om die skynheiligheid in die hart van die Christendom bloot te lê. Schweitzer blyk ’n verpersoonliking hiervan te wees met sy verklaarde toewyding om Afrika se “lyding” te verlig terwyl hy in dieselfde asem rasseverdrukking gepredik het.

Dit is juis omdat swart mense nié inherent ongelyk is nie dat mense soos Schweitzer en Strijdom beklemtoon dat wit mense spesifieke stappe moet doen om hul heerskappy te handhaaf.

Maar hierdie feit oor gelykheid word verdoesel deur die ideologie van rassisme, uitgedink om die verdrukking te regverdig wat die ongelykheid veroorsaak.

Die onlangse rassistiese voorval by die Universiteit van die Vrystaat bevestig weer eens hoekom dit van opperbelang is dat ons die rassepropaganda konfronteer waarvan ons samelewing deurdrenk is en die leuens en drogargumente daarin aan die kaak stel.

* Christi van der Westhuizen is ’n skrywer en joernalis.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is die "afskaffing" van beurtkrag te goed om waar te wees?
Ja
Nee
Eskom is nie te vertrou nie

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo