| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
22/03/2008 14:03 - (SA)
Klassieke perspektief: Australiese skouspel van wêreldgehalte Emile Joubert
Gallipoli (1981), met Mark Lee, Mel Gibson, Bill Kerr, Harold Hopkins en ander. Regie: Peter Weir. Kyk na Video-uittrekselVoordat Suid-Afrika alle hoop op ’n noemenswaardige plaaslike rolprentkultuur laat vaar het, is daar destyds gevra waarom dié land nie sulke goeie flieks soos die Australiërs kan maak nie. Maklik: Suid-Afrika het nooit ’n verstandige staatsrolprentinstituut wat projekte uitwys en finansier gehad nie. En dan het Suid-Afrika ook nooit ’n regisseur van Peter Weir se formaat gehad om die land se rolprentstem te vind en aan die wêreld te openbaar nie. Gallipoli is Weir se seminale werk en staan tussen twee fases van sy loopbaan. Aanvanklik was daar The Cars that Ate Paris en Picnic at Hanging Rock, beklemmende Australiese rolprente met kultusgevolge in ander lande. Ná Gallipoli is Weir Hollywood toe waar hy getref het met rolprente soos Witness en Green Card – wêreldflieks met groot sterre soos Harrison Ford en Gerard Depardieu. Gallipoli staan in die middel, en is sy grootste werk. Die onderwerp raak aan ’n brose deel van die Australiese psige: die slagting van duisende Australiese troepe tydens die Eerste Wêreldoorlog in die Turkse kusgebied van Gallipoli, iets wat tot vandag die gehardste Aussies in hul biere laat traan. Anders as Cars en Picnic at Hanging Rock, is Gallipoli in elke sin van die woord ’n groot, wyedoekskouspel van internasionale gehalte. Maar daar is terselfdertyd ’n Australiese intimiteit wat sorg dat die oorspronklikheid en plaaslike geur behoue bly. In die opbou tot die fliek se oorloggedeelte, leer die kyker twee jong Australiese mans ken. Archy (Mark Lee) is ’n plaasseun. Puik perderuiter. Naelloper van formaat. Droom om die wêreld se vinnigste man te wees. Frank (Mel Gibson fenomenaal op sy stukke) is weer ’n bietjie van ’n sluiper. ’n Kansvatter en lief vir sy dop, sonder ambisie of ’n toekoms. Maar hy kan ook hol, en die twee ontmoet mekaar by ’n atletiekbyeenkoms. Die twee betree saam die weermag, sonder dat hulle – soos die meeste ander Australiese soldate – werklik besef waaroor die oorlog gaan en wat hul pligte behels. Nes die hardlopery, is dit vir hulle “ ’n spel”. ’n Poort tot man-skap aan die een kant. En aan die ander ook ’n manier om hul patriotisme aan die relatief jong nasie van Australië te bewys. Die vriendskap tussen Archy en Frank is eenvoudig en vol grootoog-geesdrif, en word hegter gesmee deur gesamentlike kattekwaad en ’n uitmergelende staptog deur die woestyn. Hulle is eenvoudige ouens: geen filosofiese gesprekke, terneergedrukte ontboesemings oor hul families of verskuilde angs nie. En dit is wat Weir na sy rolprente bring: karakters met ’n verfrissende menslike eenvoud, onbederf deur komplekse draaiboeke of sielkundige vereistes. Die twee sluit by die weermag aan, maar word in verskillende eenhede ingedeel. Hulle ontmoet mekaar egter maande later in Kaïro, waar Archy se eenheid voorberei om na Gallipoli te vertrek en teen die Turke te veg. Met ’n bietjie gekonkel oorreed Archy sy eenheid om Frank in te neem, en die twee beland saam in die laaste hoofstuk. Dis waar die grappies verby is, en die oorlog begin. Weir doen hier snaakse dinge met sy uitbeelding van die wreedhede wat by Gallipoli plaasgevind het. Die troepe se aankoms per boot is byna dromerig met die donker nag, swart see, roerende musiek en skouspelagtige fakkels wat hulle na die kus lei. Visueel verbluffend, maar met ’n verskuilde spanning wat jy aan jou maag voel. Later is daar ook ’n toneel waar die soldate in die see gaan swem. Hier word hulle aan die vyandige kanonvuur blootgestel, maar Weir verfilm dit onder die water. Bomskerwe vlieg deur die water en die mans word getref, maar omdat als onder die oppervlak gebeur, kry dié oorlogstoneel ’n dromerige effek wat soos ’n balletopvoering lyk. Die rede waarom Gallipoli ’n berugte deel van die geskiedenis is, speel in die laaste twintig of wat senutergende minute af. Die Turke en Australiërs is ingegrawe in loopgrawe. Die son bak. Dis woestyn. En weens ’n misverstand tussen die Engelse bevelvoerders word die Australiese troepe beveel om die Turkse loopgrawe aan te val – die Engelse het gedink die loopgrawe is onbeset terwyl die vyand met gelaaide masjiengewere wag. Só word duisende Australiërs na hul dood gestuur weens ’n Engelse fout, wat die betekenis van dié veldslag verhoog. In sy laaste oomblik voordat hy die Turkse masjiengewere moet bestorm, prewel Archy aan homself, en dis die woorde wat hy altyd gebruik het voordat hy in sy naellope weggespring het: “How fast are you going to run? As fast as a leopard.” Hier raak dit egter meer van ’n gebed as enigiets anders, wetende dat dit sy laaste wedloop gaan wees. Om die een of ander rede is die rolprent se omvang so groot, die narratief so sterk, dat daar geen teken van sentimentaliteit aan die laaste tragiese en blywende toneel is nie. Als is reeds gesê. Jy’s leeg.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|