| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
09/05/2008 15:00 - (SA)
Tegno-Perspektief: ’n Plan met die jong passasiers Dirk Lotriet
Ná die afgelope lang naweke weet mense weer wat die ellendes van die lang pad is. Naas dinge soos slaggate en padvarke is verveelde kinders op die agtersitplek ’n doring in die vlees. Dit kan die geduldigste ouer tot raserny dryf. In my kinderdae was ’n deftige loesing ons voorland, maar deesdae moet jy weet jy word dalk van kindermishandeling aangekla of loop die gevaar dat jou motor gekaap word wanneer jy stilhou om die plathand in te lê. Gelukkig het moderne tegnologie, soos in die meeste ander gevalle, ook hier ’n antwoord in die vorm van die draagbare DVD-speler. Draagbare DVD-spelers is al ’n hele paar jaar op die mark, maar dit is maar die laaste paar maande dat dit eers begin aandag trek. Mens kry deesdae iPods en soortgelyke masjientjies wat flieks kan speel, maar dit is nie waarvan ek praat nie. Die toestelletjies waarvan ek praat, is min of meer so groot en swaar soos ’n lekker slapbandboek en lyk bietjie soos ’n skootrekenaar: dit het twee dele wat kan toeklap. As jy dit oopklap, sien jy egter dat dit nie ’n rekenaar se toetsbord op die onderste deel het nie, maar eerder net ’n paar knoppies waarmee jy die DVD-vertoning kan beheer. Natuurlik kan mens ’n skootrekenaar gebruik om agter in die motor na rolprente te kyk, maar spesiale draagbare DVD-spelers is kleiner, ligter en het ’n langer batteryleeftyd. As jy nie ’n DVD-speler tuis het nie, is hierdie natuurlik ’n keuse wat jou die moontlikheid bied om sommer twee vlieë met een klap te verpletter, want baie modelle draagbare DVD-spelers het koppelings wat jou in staat stel om dit aan jou televisiestel te koppel. In so ’n geval sal jy die draagbare spelertjie se elektriese koord gebruik en nie van sy battery gebruik maak vir kragvoorsiening nie. Dit is egter belangrik om in gedagte te hou dat intreevlak-DVD-spelers deesdae so goedkoop is dat jy ’n gewone DVD-speler vir ’n derde van die prys van ’n draagbare eenheid kan aanskaf. Die batteryleeftyd van so ’n model is langer as dié van ’n skootrekenaar, maar het wel perke. ’n Volgelaaide battery kan mens in staat stel om vir sowat drie uur na DVD’s te kyk, wat beteken dit is maar ’n druppel aan die emmer op ’n tog tussen Johannesburg en Kaapstad. Gelukkig bied ’n hele paar modelle ’n kragkoord wat by ’n motor se sigaretaansteker ingeprop kan word. As jy dus so ’n toestel wil koop om die kinders tydens gereelde, lang ritte op die agtersitplek stil te hou, kry vir jou een met hierdie funksie. Die ingeboude luidsprekertjies bied nie hoëtrou-klank nie, maar is voldoende om nie die rolprent-ervaring te bederf nie. As jy egter ’n oudiofiel is wat net die beste klank wil hê, kan jy ’n paar eksterne luidsprekers koop wat bloot ingeprop word. Vir die duur van ’n binnelandse vlug is die batteryleeftyd natuurlik heeltemal voldoende. As jy nie die lawaai van die DVD in jou ore wil hê nie, is daar altyd die opsie van oorfone. As daar meer as een kind op die agtersitplek is, kan jy ’n model met twee oorfoonsokke oorweeg, maar enkelsokmodelle se beperking kan maklik oorkom word met ’n goedkoop Y-vormige dubbeloorfoon-omskakelproppie. Die skermpie is groot genoeg sodat twee kinders met gemak daarop na hul rolprent kan kyk. Hoewel draagbare DVD-spelers daarop gemik is om die reisende fliekvlooi se lewe aangenamer te maak, is hul nut natuurlik nie tot DVD’s beperk nie. Dit kan ook as MP3-speler gebruik word. Sommige modelle het ook al die regte proppies sodat jy jou PlayStation daarby kan inprop en tydens ’n vakansie speletjies op die masjien se skermpie kan speel. Sommige masjiene kan ook foto’s as skyfievertoning wys. Dit maak dit baie makliker om jou foto’s aan die familie te gaan wys sonder om ’n spul albums met jou saam te neem. Hou egter die speler se doel in gedagte. Party masjientjies is met die oog op massabesparing gebou, wat die vliegtuigpassasier goed pas. Dit is egter kwesbaarder as dit in rowwe omstandighede gebruik word. Koop dus maar ’n stewiger modelletjie as dit deur woelige kinders of op kampeeruitstappies gebruik word.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|