| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
09/05/2008 15:00 - (SA)
Local is lekker kry nuwe betekenis Chris Karsten
Aan die oewer van die Touwrivier-strandmeer in die Wildernis- Nasionale Park wil jy nie ophou eet nie. Elke gereg, van die voor- tot die nagereg, is ’n delikate saligheid waarin jy die passie kan proe waarmee dit geskep is. “Wanneer ek kos berei, glo ek aan eenvoud en die eerlikheid van die bestanddele. Geen smaak van enige bestanddeel mag verdoesel word nie. Daarom eerder minder, maar van die beste gehalte, dís die glorie van eenvoud.” Lizelle Stolze, die sjef, en haar man, Rudolf, het al meer toekennings as wat daar plek aan die mure is van die restaurant wat hulle in 2001 in Wildernis begin het. Serendipity, deel van ’n vyfstergastehuis, is al ses jaar lank een van die land se honderd top-restaurante soos aangewys deur die tydskrif Wine en die afgelope vier jaar een van die BoE/Moët & Chandon Restaurant Circle Guide se 30 top-restaurante. Vanjaar het hy ook die American Express Platinum-toekenning gekry. Lizelle, wat in 2007 aangewys is as die Tuinroete se sjef van die jaar, is eintlik ’n Gautenger wat in 1993 aan die Hoër Meisieskool Helpmekaar in Johannesburg gematrikuleer en ’n B.Com-graad in hotelbestuur aan die Universiteit van Pretoria verwerf het. Hierna was sy die topstudent in haar kursus aan die Prue Leith College of Food and Wine in Pretoria, toe dosent aan dié kollege voordat sy haar tande gaan slyp het in die Michelan-gelo in Sandton en Fancourt in George. Sy het in Miami en Key West in Amerika internasionale ervaring gaan opdoen. Met hierdie ervaring gee sy in Wildernis nuwe betekenis aan die frase “local is lekker”. “Ons is in Suid-Afrika geseënd met ’n rykdom van kosprodukte en geure wat te dikwels nie op ons borde tot hul reg kom nie. Ek probeer hierdie inheemse produkte op ’n unieke en innoverende manier in my geregte benut. Ek glo die kombuis is die plek waar jy harmonie, geluk, humor, kompleksiteit, kreatiwiteit, provokasie, kultuur en so meer kan uitdruk.” En dit is hierdie passie en emosies wat die gaste aan Lizelle en Rudolf se keurige en geurige tafels kry, met die Suid-Afrikaanse bestanddele wat gesofistikeerd en delikaat versmelt vir die baie diverse Europese smake wat jaarliks die Tuinroete se pragtige somernatuur kom opsoek. Dan moet Rudolf fyn verduidelik oor voorgeregte soos gerookte snoek en korrelkonfyt, volstruisbobotie met komkommer-en-koljander-sambal, gerookte springbok, Kaapse Maleier-kerrievis of Blaauwkranz-roomslakke. Daarna kom die soppe aan die beurt, soos kerriekoolsop, aartappel-en-aspersie-sop en seshebo-en-koljandersop. En wanneer die vrugtesorbets die verhemeltes skoon het, is dit tyd vir volstruis en madoembie-rösti, of dalk Karoo-lam met mieliepap-cannelloni en ratatouille, of springbok-lendekarmenaadjie met roosmaryn op stampmielie-en-sampioen-risotto, of koedoe-filet op lensie-en-sampioen-ragout, of vis soos geelstert, tuna, salm en forel, altyd saam met die onverwagte. Selfs in die nageregte kry tradisionele Suid-Afrikaanse lekkernye ’n nuwe, smaaklike kinkel: melktert met saffraan saam met ’n vrugtesosatie, sjokolade-en-dadeltert met donker sjokoladesous en bessiejellie; dadel-en-brandewynpoeding met rooibos-panna cotta, gegeurde brood-en-botterpoeding op ’n geposjeerde peer in rooiwyn saam met kaneelmelkkos. Lizelle sê een van haar belangrikste oogmerke is om gedurig die horisonne te verbreed ten einde van die beste gehalte plaaslike produkte te bekom. En voor dat enigeen by ’n elegante tafel gaan aansit, word die spyskaart, bestanddele en voorbereiding in die kombuis in ’n ontspanne sitkamer met passie en in detail met gaste bespreek – selfs die verskil in kleur, geur en tekstuur tussen gewone patats en borriepatats. Wanneer die eerste gereg voorgesit word, weet elke gas wat die bydrae gaan wees van elke bestanddeel tot hierdie besondere eet-ervaring. Hoekom die gekaramelliseerde botterskorsie gekomplementeer word met speseryslaai en vlokkies beestong, of die vegetariese geregte, soos die gebraaide courgette-en-stampmielie-risotto, so smaaklik is saam met gebraaide bruin sampioene op roomspinasie, of wat Amarula-crème br?-lée en malvapoeding so spesiaal maak wanneer dit saam met rooibosskuim voorgesit word. Die doel is om elke bestanddeel te proe en te geniet, met die ou Franse tradisie van delikate jus (of souse) wat al die bestanddele as ’t ware saamtrek tot ’n kombinasie van eetgenot. Maar natuurlik kan geen goeie kos sonder goeie wyn geniet word nie en Lizelle en Rudolf kies hul wyne uit Suid-Afrika se beste wingerde vir die besonderse Suid-Afrikaanse geregte met hul Europese sofistikasie. Een van die pryse wat hulle gewen het, is ’n sjefwerkbesoek aan Moët & Chandon in Epernay, Frankryk, waar hulle van Franse sjampanje geleer het. In die winter sluit hulle die restaurant vir ’n maand en besoek dan jaarliks Michelin-ster-restaurants in Engeland en Frankryk, en Katalonië in Spanje. In die somer word hulle oorval deur buitelandse besoekers van veral Europa wat in haar ouers se gastehuis oornag. Met ’n top-restaurant om te bedryf en die versorging van ’n eersteling-babaseuntjie van vyftien maande ruim dié vriendelike jong egpaar steeds tyd vir geselsies in sodat elke gas saans huis toe gaan met ’n gevoel van ’n persoonlike kuier eerder as ’n blote ete-afspraak. 'n Toebroodjie vir 'n suikertand Maak hierdie heerlike malvapoeding-toebroodjie ’n dag of twee voordat jy dit nodig het sodat dit goed kan vries. Lizelle maak haar eie speseryroomys, maar vertel hier hoe om dit met gekoopte roomys te maak. 1 koppie suiker 1 eier 1 eetlepel appelkooskonfyt 1 koppie koekmeel 1 teelepel koeksoda ’n Knippie sout 1 eetlepel botter 1 eetlepel witwynasyn 1 koppie melk Vanillaroomys van goeie gehalte, gemaak met room 1 teelepel gemengde speserye Voorverhit oond tot 180 C. Klop eier, suiker en konfyt saam. Sif die droë bestand-dele in ’n ander bak saam. Smelt die botter, voeg die asyn by en hou apart. Voeg die droë bestanddele en die melk om die beurt by die eiermengsel. Voeg die gesmelte botter by die mengsel. Gooi in gesmeerde broodpanne en bak vir 40 min. tot goudbruin en ferm. Laat afkoel en plaas oornag in die yskas. Laat die roomys effens sag word en roer die speserye in. Sny die malvapoeding horisontaal in die helfte sodat jy twee lang stukke het. Plaas die onderste stuk terug in ’n broodpan wat met kleefplastiek uitgevoer is. Skep die roomys daarop en maak glad. Dit moet omtrent so dik soos die laag poeding wees. Plaas die boonste deel van die poeding terug en druk effens vas. Vries tot gereed vir gebruik, vir minstens 3 uur. Verwyder die poeding en sny snye van die “toebroodjie”. Sit voor op sjokoladesous.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|