News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Minki vonkel...
Minki Visser vonkel behoorlik wanneer sy praat oor 'n nuwe verbintenis...
Komedie met plaaslike talent
Wat het Catriona Andrew, Barry Hilton en Mark Fish in gemeen?
Sondag 12 Oktober 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  13°C  32°C
Kpstd  15°C  23°C
Dbn  18°C  22°C
Jhb  16°C  28°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

09/05/2008 15:00  - (SA)  
Boekeweb: Verskuilde agenda of sommer net twak?
Rachelle Greeff    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Beste Imraan Coovadia

Onthou jy hoe ek laasjaar by ’n boekbekendstelling in Muizenberg na jou gevry het om op Rapport se boekeblad te kom skryf. Want by die Sunday Independent, waar jy gereeld skryf, is jy van die beste resensente.

Jou antwoord was te wagte: Afrikaans kan (of wil?) jy nie skryf nie. Boonop is jy reeds lojaal aan jou Sondagkoerant. Te verstane.

Maar nou verstaan ek nie. Jy’t nou my Imraan Coovadia-ballonnetjie vir eers geprik.

En jouself waarskynlik ietwat in die voet geskiet.

Want sien, in Suid-Afrika – waar spraakvryheid steeds in doeke op sy peutervoetjies rondwiebel – kan ons weliswaar nou enigiets sê wat nie ongrondwetlik is nie, maar doen dit met wisselende mate van sukses. En dit in ’n klimaat waar die gehalte van jou soort boekbesprekings so skaars is soos ’n hoender met draadjies om die tande.

Maar nou is die hoender is uit die hok. Want jou bespreking van Breyten Breytenbach se nuutste boek, A Veil of Footsteps (Sunday Independent, 27 April 2008), is onsubtiel. Dis ook sarkasties.

Natuurlik mag jy kloekmoedig kekkel, maar vanwaar die stemtoon? Is dit persoonlike wrewel jeens Breyten as skrywer wat, in die Suid-Afrikaanse konteks, ongekende roem geniet?

Of is dit ’n onuitgesproke (en dalk nog onbewuste) nydigheid jeens ’n toenemende aantal Afrikaanse skrywers wat met oënskynlike gemak en sukses wydsbeen staan oor die Engelse en die Afrikaanse kulture, en dus implisiet die twee tale?

Want weinig Engelstalige skrywers in Suid-Afrika kan dít doen.

Hoe ook al, ek kry die gevoel jy ken nie eintlik die man se werk nie. Die literêre onderbou van sy oeuvre is van die verwikkeldstes in die Afrikaanse letterkunde. En ek sit my kop op ’n blok dit het nie oornag verander bloot omdat hy sy boek in ’n ander taal geskryf het nie. Om te sê hy skryf swak Engels is een ding, maar om te sê hy het niks om te sê nie, wel, the mind boggles …

Maar dis eintlik jou volgende stelling wat die wind uit my Sondagseile gehaal het, “Some of Breytenbach’s curdled language is the result of a clash of disciplines: poets don’t have a clue how to write prose.’’

Digters, sê jy, het nie die vaagste idee hoe om prosa te skryf nie.

Nou waar kom ’n resensent van jou kaliber aan so iets?

Het jy dan vergeet (of wis jy nie?) van onder vele andere Margaret Atwood, Günter Grass, Michael Ondaatje, Raymond Carver, Rudyard Kipling, D.H. Lawrence, Anne Michaels, Michael Faber en Paul Auster?

Die Mexikaan Octavia Paz het ’n Nobelprys gekry vir sy poësie én sy essays, ’n vorm van prosa.

En toe dit kom by Boris Pasternak, een van die grootste digters in die Russiese taal en die skrywer van Doctor Zhivago, het die Nobelkomitee albei genres in hul toekenning gemeld. Dan was daar ook die Engelse rolprent nie so lank gelede nie oor die lewe van die Italiaanse digter Cesar Pavese. Onder sy werk tel ook drie van Italiaans se suksesvolste romans.

Onthou, Afrikaans is ’n buitestander-taal. Soos, sê maar, Russies.

Meer nog. Ná die dood van verskeie van daardie woordmeesters is duisende meer Franse en Engelse boeke in hul boekerye gekry as Russiese. Tolstoy weet ek vir ’n feit, ander ook.

Maar terug na ons eie. Plaaslik in Engels het ons byvoorbeeld vir Finuala Dowling, Patrick Cullinan en Stephen Gray, wat uitsonderlike werk lewer in sowel die digkuns as die prosa. En in die Afrikaanse literatuur het ons lankal ’n stewige tradisie van digters wat ook goeie prosa (romans, essays en joernalistieke werk) geskryf het. Dis ’n ellelange lys. Ek noem net ’n paar: N.P. Van Wyk Louw, Hennie Aucamp, C. Louis Leipoldt, Petra Müller en Wilma Stockenström. Terloops, Stockenström het een keer die Hertzogprys gekry vir haar prosa, by ’n ander geleentheid vir haar digkuns. En Stormwrack van Leipoldt is al gelys as een van die tien belangrikste romans tot nog toe deur ’n Suid-Afrikaner in Engels – en in Afrikaans word hy gereken as die grootste van die vroeër digters.

Is jou stelling, met sy snuifie neo-kolonialisme, vryheid van spraak? Of is dit sommer net onsin?

Jy moet sê, jong, dat ons hierdie goed kan bepraat.

Groete

Rachelle



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis-Lenings
Piggs Peak Casino
Motor- & huisversekering
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Sal jy jou steun toesê aan mnr. Lekota se wegbreek-poging?
Ja
Nee
Dit sal nooit realiseer nie.

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo