| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
09/05/2008 15:00 - (SA)
Boeke: Die woordvlugte van 15 ingeperkte mans Rachelle Greeff
Fifteen Men – Words and Images from Behind Bars, saamgestel deur Margie Orford. Uitgegee deur Jonathan Ball in samewerking met die Franschhoekse Literêre Fees. R180. In die loop van die boekfees wat die komende naweek in Franschhoek in die Boland gehou word, word een van vanjaar se vernaamste Engelse nie-fiksie titels, Fifteen Men, bekend gestel. Dis ’n boek van prosa (fiksie en nie-fiksie) en gedigte van vyftien mansgevangenes van die Groot-Drakenstein- Korrektiewe Inrigting. Dié mans (op vrye voet van oor die hele land) het sedert Augustus verlede jaar elke Vrydag drie uur lank saam met die rillerskrywer Margie Orford geleer hoe om gevoelens en verbeeldingsvlugte tot woorde op papier te omvorm. Ná dié tydsame en komplekse proses kon hulle dit so doen dat hul skryfwerk vir ’n breë leserspubliek betekenisvol, en leesbaar, is. Fifteen Men is een van die merkwaardigste boeke wat tot dusver vanjaar sy opwagting by Rapport Boeke gemaak het. As jy hou van goeie boeke en/of as jy woon in ’n samelewing verwond deur misdaad, is dit ’n móét. Boonop is dit ’n elegante, stylvolle uitgawe. Die tantième word teruggeploeg in van die Franschhoekse Literêre Fees (FLF) se gemeenskapsprojekte, soos die nuwe kinderbiblioteek in Groendal. Die idee van die korrektiewe-skryfprojek kom van die Amerikaanse romanskrywer Siri Hustvedt, wat verlede jaar by die eerste FLF opgetree het. Toe sy in die Groot-Drakenstein- Korrektiewe Inrigting die prysuitdeling van ’n poësie-kompetisie, geborg deur die fees, bywoon, is sy uitgeboul deur die mans se oorweldigende behoefte om te praat, te vertel. Dit het haar eie skryfskole met psigiatriese pasiënte herroep, en daar en dan besluit sy hierdie mense moet ook skryf. En omdat “skrywers lesers moet wees’’ het sy ingery dorp toe en boeke in drie tale vir die gevangenisbiblioteek gekoop. Toe neem die rillerskrywer Margie Orford oor. Vyftien mans is geïdentifiseer: vyf uit die maksimum-veiligheidsgevangenis, vyf uit mediumveiligheid en vyf jongelinge. Orford was ’n goeie keuse. Sy het al heelwat navorsing oor misdaad gedoen en is buitendien al self (as politieke gevangene) aangehou. Oor die boek sê Hustvedt: “The writers whose work is represented here shatter the comfortable clichés that dictate so much of our percep-tion, not only of criminals and law-abiding citizens, but of identity itself … they were all children once. They all had mothers and fathers … They are lovers, mourners, tough guys, and gentle men. They write from compas-sion, pity, anger, and regret. They are rhetoricians and eulogisers, philosophers, sceptics, and believers, and they are sometimes several of these at once.’’– RG
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|