| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 13 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
09/05/2008 15:00 - (SA)
Boeke: Geheim vir ‘lees, leer en geniet!’ Louise Viljoen
Alles behalwe die geheim van my whiskies deur Rachelle Greeff. Human & Rousseau. R140. Om dié versameling rubrieke, Alles behalwe die geheim van my whiskies, te lees, is byna om opgelei te word in die kuns van rubriek skryf. Sonder om na ’n skryfskool te gaan of ’n handleiding te raadpleeg, kan jy sien hoe ’n behoorlike rubriekskrywer al skrywende die vereistes vir ’n goeie rubriek skep en nakom. Indien ’n mens ’n lysie moes maak van hierdie vereistes, sou dit waarskynlik lyk soos hieronder. Skep ’n skrywerspersona met wie lesers kan identifiseer; sodoende maak jy kontak met jou leser. Die persona wat algaande uit Greeff se versameling rubrieke voor die leser kom staan, is duidelik gedefinieerd soos ’n goeie romankarakter. Dit is iemand wat hartstogtelik voel oor haar familie, oor skryf, oor boeke, oor bulterriërs, oor katte (waarom is daar nie een op die voorblad nie?) en oor sjokolade. Dit is ook iemand wat ’n sterk politieke bewussyn openbaar, ’n omgewingsgewete het en nooit ’n happie kos in haar mond neem sonder om te dink aan dié wat honger ly nie. Sy neem ook sterk standpunt in en verdedig met passie sodat die leser nie anders kan as om betrokke te raak nie, of jy nou saamstem of nie. Vertel lesers iets van jou persoonlike verlede, voorliefdes en angste sonder om indiskreet te wees. As erkende skrywer van kortverhale en romans speel Greeff die spel van fiksie. As rubriekskrywer onthul sy egter wel iets van haar outobiografiese self. Sy skryf byvoorbeeld in haar rubrieke oor persoonlike sake, soos die beproewinge van ouer-wees (“ ’n Pasella van snot en trane”), die problematiek van sjokoholisme (“ ’n Sirkus van sjokolade”), haar plesier in ’n bepaalde boek (“Liewe Anne Enright daar in Dublin”) en verknogtheid aan ’n universi-teitsvriendin (“(Tupper)ware-woorde uit Leyton, Londen”). Daar is ook rubrieke waarin sy met net die regte balans tussen onthulling en verhulling haar eie geskiedenis oproep. Op hul beste word die rubrieke gebaseer op persoonlike herinneringe, ook ’n stuk sosiale geskiedenis, soos die een oor haar ma se resepteboek (“Die bybel van koek in blou bordskrif”) en haar hoërskooldae (“Die lekker van ou liefdes”). Betrek aktuele gebeure in jou rubriek. Hoewel Greeff haar nie primêr laat lei deur sake van die dag in haar keuse van onderwerpe vir hierdie rubrieke nie, vind dit tog voldoende neerslag daarin om die leser die gevoel te gee van iemand wat in voeling is met haar tyd. Die tsoenami van einde 2004, die viering van Vrouedag, die taaldebat, Tutu se Mandela-lesing, plekname in die nuwe Suid-Afrika, die afbrand van ’n universiteitskoshuis – al hierdie gebeure word in die rubrieke bekyk vanuit haar persoonlike hoek. Onthou dat geen onderwerp te nederig is vir ’n rubriekskrywer nie. Naas die verwysings na belangwekkende sake van die dag slaag Greeff ook daarin om boeiende rubrieke oor die nederigste onderwerpe te skryf. Daar is rubrieke wat handel oor onderwerpe soos paddas, tikmasjiene, krale-bra’s, huisdiere, toilette, ’n varkblom in ’n sement-agterplaas – telkens word die oënskynlik onbenullige merkwaardig relevant gemaak. Moenie dadelik die onderwerp van jou rubriek prysgee nie, maar behou jou fokus. Greeff slaag telkens in hierdie rubrieke daarin om die leser te prikkel en selfs ’n bietjie te terg met ’n inleidende stelling wat oënskynlik in ’n bepaalde rigting gaan lei. Daarna neem sy jou op ’n assosiatiewe paadjie in die rigting van dit wat eintlik die onderwerp van die rubriek is, terwyl die verbande algaande duideliker word. Die rubriek “ ’n Blou strik op ’n slim kop” begin byvoorbeeld met die verwysing na ’n ambulansassistent wat ook kontrabas speel, maar fokus uiteindelik op die omgewingsaktivis Wangari Maathai wat ’n inspirerende lesing hou. Greeff begaan ook nie die fout om te veel kwessies in een rubriek aan te pak nie. Elke rubriek vorm ’n netjiese samehang en maak uiteindelik ’n ferm punt. Moenie huiwer om in jou rubriek voorbrand te maak vir ’n goeie saak nie. Die sake waarvoor Greeff haar in hierdie rubrieke beywer, het gewoonlik te doen met die omgewing (die beskerming van ratels in “Juffrou Ratel se vyfsterslapie”), die bevordering van boeke (Exclusive Books se projek om biblioteke vir kinders en nuutgeletterde volwassenes op te rig in “Toe die boeke die show steel”) of die publiek se veiligheid (die gevaar geskep deur onversigtige bestuurders in “Tussen Kaïro en die Kaap”). Sorg veral dat jy goed skryf: lewendig, oorspronklik en onderhoudend. Greeff slaag daarin om ’n kragtige, lewendige Afrikaans te skryf wat verband hou met die taal wat haar lesers daagliks om hulle hoor. Tog styg dit ook uit bo die alledaagse deur ’n poëtiese inslag wat jou inspireer en ’n spitsvondigheid wat jou hardop laat lag (ek het veral gehou van die klein katjie Mabel se reaksie op die “tuitvormige affêring om haar katte-antie se kop” toe dié van die veearts terugkom ná ’n operasie). Greeff is nie bang om Engelse woorde deel te maak van haar diskoers nie en plaas hulle ook nie apologeties tussen aanhalingstekens of skryf hulle kursief nie. Vir diegene wat wil kla, kan ’n mens net sê: dis nie iemand wat ’n Engelse woord gebruik omdat sy nie die Afrikaanse ekwivalent ken of te lui is om dit te soek nie. Dis iemand wat presies dáárdie woord tussen al haar klinkende Afrikaanses gebruik om sekere assosiasies of ’n bepaalde sfeer op te roep. Deel jou bronne met jou leser (as jy nie van plagiaat beskuldig wil word nie). As toegif gee Greeff aan die einde van die bundel die titels van al die boeke en bronne waarna sy verwys het. Jy kan dus verder gaan lees nadat sy jou geïnspireer het met aanhalings uit haar gunstelingwerke. Al wat ten slotte vir die resensent oorbly om te sê, is: lees, leer en geniet! * Louise Viljoen is verbonde aan die departement van Afrikaans aan die Universiteit van Stellenbosch.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|