News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Rapport-blogs
Dié wat weet sê dis die beste stry-plek in die kuberruim. Kom maak jóú stem dik!
Sondag 6 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
    Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  0°C  17°C
Kpstd  12°C  14°C
Dbn  10°C  25°C
Jhb  1°C  15°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

09/05/2008 15:00  - (SA)  
’n Ode aan Suid-Afrikaanse brandewyn-komponiste
Marlene Malan    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

‘Claret is die drankie vir seuns. Port dié vir manne. Maar hy wat daarna streef om ’n held te wees, drink brandewyn.’ – Samuel Johnson (1709 – 1784).

“ ’n Reis in ’n glas,” noem fynproewers dit, die reis van druiwe tot wyn, wyn tot spiritus, alkohol tot brandewyn.

Dis die goue drank wat sonder een faktor nooit kan klaarkom nie: tyd.

In Fire Water deur Wendy Toerien, waarin sy oor die geskiedenis en herkoms van Suid-Afrikaanse brandewyn vertel, raak kenners soos Michael Fridjhon en Dave Hughes liries oor “die drank van die gode”.

Dis ’n ander storie dié as die lawaaiwater van die liedjie “O brandewyn laat my staan”. En gans anders as die brandewyn-en-Coke-brigade se dop om die braaivleisvuur. Net meer as 310 jaar nadat brandewyn vir die eerste keer in Suid-Afrika geproduseer is, sê Hughes, is ons op ons eie pad, het ons ons eie, unieke identiteit ontwikkel – in die wêreld so hoog aangeskryf dat ons gereeld op die Britse internasionale wyn-en-spirituskompetisie die trofee wen vir die wêreld se beste. Ses keer die afgelope nege jaar.

Vanwaar dié uniekheid? Die biodiverse Kaapse plantegroei wat tot die spesiale smaak bydra? Die buitengewone Kaapse klimaat wat die druiwe se karakter onder die seebries vorm? Ons puik brandewynmeesters?

Toerien probeer nie die vraag beantwoord nie. Brandewyn, sê sy net, is misterieus.

Suid-Afrika se brandewynbedryf is niks minder nie as ’n nasionale skat, sê Hughes. “Gebore uit nood, in ’n tyd toe drankverbruik skraal was,” die eerste keer geproduseer deur Hollandse en Franse setlaars. In ’n tyd toe konjak, soos van Frankryk, nog die rolmodel was.

Die Kaap was nie lank Hollands nie of die wynmakers van die 17de eeu het hul eie produk begin produseer, altyd volgens internasionale standaarde.

Brandewyn “vurig en ontoeganklik in sy jeug”, ’n produk wat, met sy “rypwording”, algaande sy ware herkoms onthul. “Dis die veroudering wat die lae afskil van die geheim wat dit bewaar,” raak Toerien liries in haar boek.

Die brandewynmeesters glo dat niks die lang, stadige veroudering in die donker kelders kan vervang nie.

Uiteindelik, sê Hughes, lê die finale produk in die hande van die brandewynmeester – die “komponis”, noem hy hulle met liriese oorgawe: “Hulle is soos dirigente – mense wat die individuele note balanseer om ’n harmonie van klanke te skep.”

Inderdaad, die lof van brandewyn – die geur, kleur, produksieproses, karakter en atmosfeer – is materiaal vir die dig- en skryfkuns.

Dis veral Louis Leipoldt en C.J. Langenhoven wat nie kon ophou praat oor brandewyn nie. (Langenhoven kon dit ook nie ophou drink nie.)

Leipoldt, die digter, dokter, botanis en amateursjef, skryf van die “chemie” van brandewyn “wat ’n leek nooit hoef te bestudeer nie. Ek raai hom ook aan om dit nié te doen nie – dit sal hom net ’n hoofpyn gee. Maar iets wat hy moet weet, is hoe brandewyn gedrink word. En dis maklik genoeg.”

Leipoldt se gevolgtrekking is “dat die brandewyn waarvan jy die meeste hou die een is wat die beste met jou akkordeer. Moet nooit dat etikette en advertensies jou beïndruk nie. Al wat jy moet doen, is om jou keuse met liefde en begrip te behandel …”

Langenhoven se gunsteling was Commando, wat in 1815 die eerste keer geskep is.

Eendag, toe ’n vriend, Thysie Booyens, hom gevra het waarom hy soms ’n bietjie te veel brandewyn drink, het Langen-hoven hom reguit vertel: “Kyk, Thys, as ek so ’n klein intellek soos jy gehad het, sou ek myself nie eens ’n bietjie nagmaalwyn toelaat nie. Maar omdat ek ongelukkig met so ’n groot intellek kan spog, is brandewyn al manier om my brein soms ’n bietjie tot rus te bring.”

Fire Water vertel van die karakters van brandewyn – destyds Joseph Barry, James Sedgwick, James Alexander Gird, Edward Knowles, René Santhanges, EK Green en Kosie Marais, die “renaissanceman”, die skepper van Klipdrift.

Deesdae is hulle Jos le Roux en Pietman Retief, wat handelsmerke en jaartalle blind kan ruik.

En dan is daar Johan Venter, Distell se brandewynmeester, wat vertel hy weet altyd waarheen hy op pad is voordat hy sy produk begin skep.

“Ek het altyd ’n idee van die raamwerk – van die aroma, die neus, die smaak. Ek begin dus met die noodsaaklike komponente ... en versny dit totdat ek tevrede is met die samestelling van al dié nuanses ...”

Kobus Gelderblom, KWV-brandewynmeester, sê hy leer graag by die distilleerders van konjak “wat soveel vaardigheid het dat hulle die hoeveelheid water in ’n brandwyn kan raakruik”.

Daar is Stefan Smith van Koelenhof. Die Morkel-familie van Bellevue. Caroline Snyman van Distell.

Suid-Afrika se brandewynwêreld begin in Stellenbosch, Franschhoek, die Paarl, Wellington, Worcester. Vat dan die pad Breëriviervallei en Calitzdorp toe.

’n Pad wat in twee roetes vurk: Die Wes-Kaapse brandewynroete en die R62-brandewynroete.

Venter sê Suid-Afrika het met sy brandewyne ’n punt bereik “waar ons nou ons ervaring van ons eie omgewing uitdruk. Ons maak nie meer konjak na nie. Ons brandewyne is uniek, vars en vrugtig omdat hulle van ryp druiwe met uitmuntende sure gemaak word.”

Onmiskenbaar Suid- Afrikaans, deel van ons erfenis.

* Fire Water, deur Wendy Toerien met foto’s deur Craig Fraser en Libby Doyle, is uitgegee deur Quivertree. R330,60.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Is die regering te vertrou met 'n nasionale aftreefonds?
Ja
Nee
Nee, maar ek steun die idee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo