News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
    Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  16°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

09/05/2008 15:00  - (SA)  
Geen seks, min kos en engelemusiek
Charles Smith    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
'n Amiese seun ploeg buite Efrata, Pennsilvanië, met ses Belgiese trekperde. Foto: Charles Smith

Die geboue en grafte van die Efrata-klooster in Pennsilvanië is vandag stille getuies van vroomheid wat tot sy uiterste gevoer is.

Die klooster van die selibate broeders en susters van die Gemeenskap van die Afgesonderdes, soos die sekte bekend was, is in 1732 gevestig. Hulle was meestal Duitse immigrante wat na spirituele vervulling gestreef en wit wolklede gedra het met hoofbedekkings soos dié van Rooms-Katolieke monnike.

Die lewe in die klooster is gekenmerk deur streng dissipline en selfonthouding. Die broeders en susters het ure lank gebid en gesing en min geëet.

Min geslaap ook: op klipharde, smal houtbankies, om reeds om middernag te ontwaak en weer ure lank te bid.

Tussen 1740 en 1750 was hier meer as 300 mans en vroue. Hulle is gesteun deur ’n groep gesinne, of “huishouers”, om die klooster.

Conrad Beissel (1691 – 1786), die stigter, het as weeskind in die Duitse stad Eberbach aan die Neckarrivier grootgeword. Hy het gemoeid geraak met die piëtisme, ’n beweging om die Protestantse staatskerke te hervorm.

Hy is uit Duitsland verban en het in 1720 na Pennsilvanië gevlug waar die beleid van William Penn, die groot voorstander van die demokrasie en godsdiensvryheid, ’n heenkome gebied het vir die Anabaptiste, die Amiese Doopsgesindes en Mennoniete.

Hier was Beissel hoof van die Conestoga-gemeente van die Anabaptistiese broeders, maar sy verkondiging van die selibaat en Saterdag as die Sabbat het onenigheid veroorsaak.

Hy het hom toe in ’n vallei onttrek waarheen sowat 80 volgelinge hom gou gevolg het. Die sekte het sy beslag gekry.

Aan een van die kloostermure is steeds ’n geskrif in sierskrif, aangebring deur die vroue, wat die Afgesonderdes se lewensfilosofie uitbeeld:

“Die blom van hoop moet altyd hoër uitskiet / En ons geloof moet nuwe lewe vind / Wanneer die wêreld en vlees saamsweer / Om ons te verswak in ons strewe. /Dan, watter genot! Ons put ons voeding / Uit die reinste groep van suiwere bloed.”

Die groep het lankal uitgesterf, maar ’n deel van hul nalatenskap leef voort in hul unieke kerkmusiek wat die nuwe Efrata-kloosterkoor tans sing.

Die koor het sonder begeleiding gesing en hul musiek, met min melodie, is gekenmerk deur baie harmonisering. Bowenal het dit ’n buitengewone klank gehad, soos kristal wat breek.

Só het Jacob Dusché dit in 1771 beskryf. “Ek het gedink dat ek my in die wêreld van geeste bevind en die voorwerpe voor my het hemels voorgekom.”

Hemelse musiek of nie, Beissel se sangskool was niks anders as ’n marteling nie. Die sangers se dieet was hoofsaaklik bokwiet en water. Hulle mag nie aan vleis, kaas, eiers, botter, heuning en boontjies geraak het nie. Die selibaat was die sleutel tot ’n beter stem.

Seks “bevlek nie net die siel nie, maar verswak die liggaam en stomp die sintuie af”, het hy hulle geleer. Hy het geglo deur onthouding kon ’n goeie, jong bas op sy oudag ’n uitstekende tenoor word.

Die verkryging van die ideale klank het tot bitter konflik en baie trane gelei – en tot die eerste rebellie toe ’n stigterslid, Samuel Eckerlin, die koor verlaat het.

Esegiël Sangmeister het in 1748 koorleier geword, maar was gou moedeloos. Beissel het geëis dat sy klank, met harmonisering in vier stemme, perfek uitgevoer word.

“... dit is veel hoër as ’n gebed en daarsonder kan niemand ware maagdelikheid bereik nie. Daar is beweer dat hierdie sang die presiese klank is wat die engele sou sing by die wederkoms van Christus en wie dit nie op die aarde bemeester nie, sal dit in die hiernamaals moet doen,” het Sangmeister in sy dagboek aangeteken.

Lucy Carroll, skrywer van The Music of the Ephrata Cloister wat jare gesukkel het om die klank na te boots, het die sleutel daartoe ontdek in ’n brief van Peter Miller wat Beissel ná sy dood opge-volg het. Hy het op 10 Oktober 1786 aan Benjamin Franklin geskryf dat die koor se klank vergelyk kan word met dié van ’n glasorrel. “Dit is ’n herkenbare, reproduseerbare klank: die klank van kristal, soos wanneer jy oor ’n bottel blaas,” het hy verduidelik. In 2002 kon die Efrata-kloosterkoor dié tortelduifklank, die “ligte en hemelse kwaliteit” van die destydse koor, namaak in die klooster se saal.

Argeoloë het ’n perfek bewaarde glastrompet op die kloosterterrein opgegrawe. Dit kan g’n noot speel nie, maar dalk was dit die Afgesonderdes se simbool van ’n perfekte hemelse klank!

* Die nageslag van die Efrata-klooster het ná die dood van die laaste oorlewende van die selibate Afgesonderdes in 1813 die Duitse Sewendedag-Baptistekerk gestig. Die oudste lewende lidmaat van dié kerk het pas op 99-jarige ouderdom in die verkiesing om die Demokratiese presidentskandidaat aan te wys in Pennsilvanië gestem.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo