News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
    Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  14°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

09/05/2008 15:00  - (SA)  
Kuns wat praat oor Suid-Afrika
Cobus van Bosch    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Kevin Brand by 'n onvoltooide beeldhouwerk. Foto: Cobus van Bosch

Dit was soos ’n weerligstraal uit die bloute, vertel Kevin Brand: hy het aanvanklik nie eens geweet hy is benoem vir die Mercedes-Benz-prys nie. En nadat hy dit gehoor het, het hy daarvan vergeet.

Nou geniet hy dit, vertel hy in sy kantoor by die Skiereilandse Universiteit vir Tegnologie, waar hy ’n dosent in industriële ontwerp is.

Natuurlik: die prys behels ’n kontantbedrag van R30 000, maar die hele prys is sowat R300 000 werd. Dit sluit in die koste van tentoonstellings in Suid-Afrika en Berlyn, asook ’n glanskatalogus.

Vir hierdie reeks tentoonstellings beplan Brand om van sy openbare kunswerke te herskep, onder meer die Sewe trappe van Distrik Ses, asook ’n uitbeelding in mosaïek van die gevalle Hector Pietersen wat aan die muur van die Kasteel de Goede Hoop in Kaapstad aangebring is.

Brand maak al jare lank kuns en die beoordelaarspaneel vir die Benz-prys sê hy was ’n “betekenisvolle kommentator van die Suid-Afrikaanse samelewing oor byna dertig jaar”.

Brand is veral bekend om sy gebruik van ongewone materiale en sosiaal-politieke kommentaar op die huidige en historiese werklikhede van die Suid-Afrikaanse samelewing. Hierdie werke word dikwels vertoon in openbare ruimtes, die kategorie waarin die prys vanjaar toegeken is.

Maar die inhoud van sy werk bly dinamies. “Ek het nog altyd op ’n liniêre manier gewerk, maar noudat ek ouer is, kom ek agter daar is ook ander dinge waarin ek belang stel. Ek wil nie heeltyd net politiek gedrewe werk doen nie. Hoeveel keer kan jy ’n perd op dieselfde plek slaan, politiek geïnspireerde werk doen oor dieselfde kwessies? Ek dink ons kan ook na dinge op ’n meer persoonlike vlak kyk, en dit is wat ek wil doen.”

Hy maak nietemin ook nog sy ouer tipe werk. Soos byvoorbeeld die projek Kameraad se dogter, wat verwys na die ANC-president Jacob Zuma se hofsaak waarin hy onskuldig bevind is aan die verkragting van ’n jong vrou. Dus sal hy bly beweeg tussen die wêreld van persoonlike verhale en groter kwessies.

En hy bly ’n beeldhouer: “Dit bly maar my droom, dit gaan dit vir my oor die maak van dinge. En omdat ek daarvan hou om dinge fisiek te maak, is ek eintlik ’n baie tradisionale kunstenaar – ek het nie ’n begeerte om groot konseptuele dinge te skep nie, ek hou van die proses, om dinge te sien gebeur.

“Ek veronderstel ek bevind my in ’n stadium (in sy vyftigerjare) waar ’n mens ouderdom ontken, maar terselfdertyd voel dit vir my of ek ’n era betree waar ek begin blom en gedy. Ek is werklik opgewonde oor die gedagte om weer kuns te maak. Dít ondanks die feit dat die situasie in die land nou baie depressief is. Daar is eenvoudig net ’n tekort aan leierskap. Daar is spin doctors oral om ons, en min substansie. Ek praat nou van sowel kuns as die lewe.”

En ja, die “kunsdammetjie” in die land is maar klein:

“Die probleem is dat die uitsig op die kunswêreld in Suid-Afrika beperk is tot ses of sewe vensters – ’n paar kunstydskrifte en -webruimtes – want daar is so min mense wat goed kan skryf oor kuns. Kunstenaars begin dus self te skryf, en hulle skryf oor hul vriende – en skielik kyk die res van Suid-Afrika na hulle as die sentrum van die kunswêreld, omdat hulle die kunsmedia gekaap het.”

Hy glo nie die situasie met kuns in openbare ruimtes is slegter as met enige ander kunsvorm nie, maar hy betreur die gebrek aan owerheidsondersteuning.

Sien hy standbeelde soos dié van Jan van Riebeeck ook as kuns in openbare ruimtes?

“Ja, ek glo so, maar onthou dat die kunstenaar in die eerste plek opdrag gegee is om iemand te vereer. Tog dink ek dat ’n kunstenaar wat vandag ’n soortgelyke opdrag kry, darem iets meer na die partytjie behoort te bring as net blote verering – dat jy iets toevoeg wat van die werk ’n kunswerk maak met ’n hoofletter K.”

Wat die toekoms betref, wil hy dinge doen wat “prettiger” is, op soveel terreine moontlik betrokke raak. Op formele vlak weet hy nie wat die toekoms inhou nie.

’n Tentoonstelling van kunswerke deur Brand en die ander Benz-prys-finaliste begin einde vandeesmaand in die Pretoriase Kunsmuseum. Die ander finaliste was Marco Cainfanelli, Jane du Rand, Strijdom van der Merwe, Vincent Baloyi, Jan Jordaan en Usha Seejarim.

Brand moet binnekort ’n voorlegging gereed hê vir Sasol se Waskunsprys, waarvoor hy ook benoem is. Dan is daar tans, in die Bell-Roberts-galery in Kaapstad, ’n tentoonstelling van werk wat hy verlede jaar as genooide kunstenaar op die Cultivaria-fees in die Paarl vertoon het.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo