| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 29 Junie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
09/05/2008 15:00 - (SA)
Pop en Rock-Perspektief: Laat musikante die wêreld regeer David Kahts
Oom Bob pleeg deesdae nuwe politieke wandade waarvoor daar nog nie eens terme is nie, petrol is deesdae duurder as ingevoerde whisky, sinlose oorloë woed voort en die lig aan die einde van die tonnel word gereguleer deur beurtkrag. Dit is duidelik dat die magte wat die wêreld beheer nie werklik die mas opkom nie. Myns insiens is demokrasie ’n hersenskim. In ’n ware demokrasie sou alle landsburgers konstruktiewe insette kon lewer oor hoe die land regeer moet word. Al politieke vryheid wat die moderne demokrasie aan Jan en alleman gee, is om te kies vir watter diktator om te stem. All animals are equal … Ons ken hierdie storie nou al lank. Miskien moet iemand net weer George Orwell se boekie onder die aandag van sekere politici bring. Dis gelukkig nie ’n dik boek nie en dit sal nie langer duur om dit deur te blaai as ’n Gucci-katalogus nie. Ongelukkig is daar nie soveel prentjies in nie. Iemand sal die teks dus maar vir so iemand moet voorlees. Die vraag bly dan nou oor: wie is dan opgewasse om die wêreld te regeer? Dis vuil werk, maar iemand moet dit seker maar doen totdat die olie finaal opraak en aardverhitting ons dwing om wyn in die son op Pretoria se nuwe strande te drink … Ek sê: gee die musikante ’n kans. Kyk na al die wonderlike potensiële politieke kandidate wat die musiekwêreld al opgelewer het: Bob Marley. Die vader van reggae-musiek was beslis ’n diep seun. Oor sy gemengde herkoms het Marley gesê dat hy nie kant kies by wit mense of swart mense nie, maar hom eerder by God skaar wat hom geskep het uit albei die rasse. Hy was ook baie empaties teenoor die lot van Derdewêreldse Afrika-lande en veral sy 1979-album Survival getuig hiervan met snitte soos Africa Unit en Wake up and Live. Sy liedjie Zimbabwe bewys dat hierdie Bob heel moontlik ’n baie beter president vir die betrokke land sou gewees het as die huidige Bob. Bono. Hierdie charismatiese voorsanger van die populêre Ierse rockgroep U2 is persoonlik betrokke by talle welsynsorganisasies en is ook al drie keer benoem vir die Nobelprys vir Vrede. In 2002 het hy en Bobby Shriver die organisasie Data gestig met die hoofdoelwit om armoede en MIV/vigs in Afrika te bekamp. Hoewel Bono ook dikwels kritiek verduur oor die opregtheid van sy filantropiese oortuigings, sal ek vir hom stem bloot vir sy goeie smaak in sonbrille. Frank Zappa. Vir die meeste mense was Zappa ’n eksperimentele rock-wetenskaplike wat eienaardige, dog uiters vindingryke musiekbrousels opgetower het. Min weet egter dat hy ook aktief betrokke was by die politiek, veral in die laaste stadium van sy lewe. Gedurende sy 1988-toer het hy gereeld sy jonger aanhangers aangemoedig om te stem en mens kon selfs by sy konserte as kieser registreer. Hy is ook oorweeg as presidentskandidaat vir die Libertynse Party. Helaas, sy politieke loopbaan is kortgeknip toe hy in 1993 op 53 die stryd teen kanker verloor het. Koos Kombuis. Op Bloedrivier, Koos se nuutste album, hoor mens dat hy die toestand van die moderne Suid-Afrika puik opgesom het. Die beste van alles is: hy woon nie eens in Suid-Afrika nie – hy is ’n Kapenaar. Dit wil gedoen wees. Sedert Koos en Kie. die stiksienige Broederbonders in die laat 1980’s gepak het, het hy hom nog altyd uitgelaat oor georganiseerde bendes wat hulle as politici voordoen. Die storielyn bly dieselfde, net die karakters verskil so bietjie. Sonder enige neo-nasionalisme en skimme van Boereoorlog-krygers op wit perde sny Koos Kombuis die nuwe generasie heilige koeie se kele morsaf. ’n Magdom ander kandidate bly nog oor, soos Bob Dylan, Peter Gabriel en die oorverdowende bende van Rage Against the Machine, maar dié onderwerp verdien eintlik ’n hele boek. Die slagspreuk op die kitaar in die rolprent oor Bob Dylan wat tans in Suid-Afrika draai, I’m Not There, lui: “This Machine Kills Fascists”, en glo my, dit is waar. Slegs in die kunste sal jy werklike politieke vryheid kry.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|