| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
09/05/2008 15:00 - (SA)
Die grootste klas in die land Anastasia de Vries
Dankbaar het sy vir die maalvleis betaal, bly oor die winskopie nadat iemand vir haar gesê het wat die prys is. Maar eers by die huis het een van haar huismense die res van die etiket op die pakkie vir haar gelees: “Pet mince”. Sy kon nie weet dit is kos vir diere en nie mense nie, want sy het nooit leer lees nie. So was dit ook met die oom wat maande lank getrou die aansluitingsgeld vir sy telefoondiens betaal het. Dis mos hoe die poskantoorklerk die eerste keer sy skuld bereken het: die bedrag bo (vir aansluiting) plus sy oproepkoste. Toe werk hy dit keer op keer só uit en niemand help hom reg dat die aansluiting ’n eenmalige uitgawe was nie. Dít is hoe ongeletterdheid lyk. Vra vir prof. Veronica McKay, uitvoerende hoof van die regering se nuwe, landwye geletterdheidsveldtog, Kha ri Gude (Venda vir “Kom ons leer”). “Die geletterde wêreld besef nie die omvang van ongeletterde mense se ontmagtiging nie, hoe uitgelewer hulle is aan ander se genade, hoe gestroop. Ongeletterdheid maak mense weerloos.” Maar niks, sê sy, kom naby die lig in mense se oë as hulle vir die eerste keer sien hoe die kruisie waarmee hulle vroeër dokumente “onderteken” het, plek maak vir ’n eie handtekening nie. “Om jou kruisie in skryftekens te verander … jou identiteit vir die eerste keer in jou volwasse lewe te sien … dis om self jou menswaardigheid te herstel.” En sy vertel van die 93-jarige oumagrootjie wie se oë kort voor haar dood “oopgegaan” het toe sy die dag haar naam kon skryf. Of die ma wat eers haar present-horlosie uit ’n bêrekissie gehaal het toe sy in ’n geletterdheidsklas tyd leer kyk het, jare nadat sy dié horlosie van haar dogter gekry het. Daar wag nog baie werk, sê McKay: 9,7 miljoen van die 47 miljoen Suid-Afrikaners is analfabete, 4,6 miljoen was nog nooit op skool nie en 4,7 miljoen minder as sewe jaar op skool. Nog 280 000 kinders van skoolgaande ouderdom is nie op skool nie. Maar skaars het Kha ri Gude middel April met sy landwye proeflopie begin of die veldtog het reeds sy teiken van 300?000 ongeletterdes vir vanjaar verbygesteek. Van volgende jaar af mik hulle na 1,2 miljoen ongeletterdes per jaar om teen einde 2012 sowat 4,7 miljoen nuwe geletterdes te hê. Ja, sy weet van die regering se vorige massaveldtogte teen ongeletterdheid wat nie regtig gewerk het nie. Daar was onder meer die Suid-Afrikaanse Nasionale Geletterdheidsinisiatief (Sanli), wat in Junie 2000 deur mnr. Kader Asmal, destydse minister van onderwys, van stapel gestuur is om binne vier jaar die getal ongeletterdes (toe 7,5 miljoen) te verminder. En nog een, Ithuteng: die veldtog “gereed om te leer”. Maar dié Khu ri Gude, met ’n begroting van sowat R6 miljard, gaan slaag, móét slaag, sê McKay. “Ek is ’n bietjie skrikkerig om só in die openbare oog te wees, ja. Ons gaan gemeet en geweeg word. “Maar ek het ’n span van 22 000 vrywilligers wat die program van onder af dryf en laat slaag. Ek is net die bewaarder van die land se geletterdheidsprogram, ’n hulp om die droom van ons onderwysminister, me. Naledi Pandor, waar te maak.” Nie dat projekte van dié omvang haar afskrik nie. Inteendeel. Saam met haar kollegas in Unisa se instituut vir volwas-sene-onderwys en -opleiding (Abet) het sy al 80?000 Abet-praktisyns opgelei. McKay het dié instituut in 1984 begin en as direkteur ge-dien voordat sy na Khu ri Gude “beroep” is. In 2003 het 340 000 volwassenes deur Unisa geletterdheid bereik en 2004 het die instituut tot 230 000 kiesbeamptes opgelei. ’n Stewige fondament vir Khu ri Gude. Vroeg verlede jaar het sy en ’n span taalkundiges en praktisyns leermateriaal ontwikkel in al elf amptelike tale vir die aanleer van lees-, skryf- en syfervaardighede. (“Ondergronds,” sê sy, want ’n bohaai vooraf is sleg vir só ’n groot projek.) Daarby is 85 lesplanne met stap-vir-stap riglyne vir die leerkragte saamgestel. Al dié mate-riaal word ook in braille omgesit en leerkragte is toegerus om dowes en blindes te leer lees, skryf en somme maak. “Ons het vroeg vanjaar by die honderd koördineerders met nagraadse kwalifikasies en ervaring in die onderwys of gemeenskapsontwikkeling opgelei. Hulle moes toe twintig toesighouers elk in hul verskillende gemeenskappe, munisipaliteite of distrikte aanstel en oplei. Ook dié toesighouers is gegradueerdes wat vrywilligers uit die gemeenskappe werf en hulle oplei en steun.” Praat van die oordrag van kennis en kundigheid, sê sy. Ja, die analfabete word geleer om te klank, letters en syfers te onderskei, woorde te lees, sinne en somme te maak, maar hulle word ook bemagtig om dié boustene van geletterdheid te gebruik om hul verstandelike vermoë te verskerp en kennis te verbreed. Sodat hulle op alle vlakke van hul lewe sterker word en mede-verantwoordelik vir hul gemeenskap se ontwikkeling kan wees, sê sy. “Ek’s eintlik professor in so-siologie en was nog altyd bewus van maatskaplike ongelykhede. Ek was al in my studentedae betrokke by geletterdheidsprogramme. Geletterdheid is die sleutel tot menslike ontwikkeling, die oopmaak van geleent-hede.” En sy is weer die sesjarige snip, daar by die Johannesburgse myn waar sy grootgeword het, met ’n kind se deernis vir die groot, sterk, dog ongeletterde mynwerkers wat haar vra om ’n kennisgewing of brief voor te lees. “Dis seker ook waarom ek my arme broers met net so ’n lang stok gedwing het om in my klas te sit en leer,” lag sy. Maar sy het daardie klas ontgroei en nou is Suid-Afrika haar “klaskamer sonder mure”. Sy is wel nog ’n control freak, erken sy, en die provinsiale koördineerders moet daagliks aan haar verslag doen. “Dis mos ons nuwe landsdiens,” sê sy. “Ons almal se geletterdheidsveldtog, Khu ri Gude.” * Mense wat betrokke wil raak, kan met die onderstaande persone in verbinding tree: Limpopo: mnr. Love Masia, 082-701-3891 Oos-Kaap: mev. Lindiwe Bara, 076-733-5759 KwaZulu-Natal: mnr. Dumi-sani Shabalala, 071-145-4717 Noordwes: eerw. Billy Mogale, 082-880-3457 Mpumalanga: me. Khosi Moloi, 072-117-5860 Gauteng: mnr. Dumisani Ntombela, 082-872-0000 Wes-Kaap: me. Pricilla Barends, 072-211-6077 Noord-Kaap: mnr. Elijah Sekgobela, 082-882-0648 Vrystaat: mnr. Sipho Masiteng, 076-608-1404
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|