News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
    Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  16°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 15:58  - (SA)  
Suid-Afrika sal nié soos Zimbabwe word
Jeremy Cronin    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Grafika: Anton Vermeulen

Ons regering se standpunt oor Zimbabwe ontstel baie Suid-Afrikaners. Byvoorbeeld: Hoe kan pres. Thabo Mbeki beweer daar is geen krisis in Zimbabwe nie?

Al het hy later gesê hy praat van die Zimbabwiese verkiesings, en nie die maatskaplike en ekonomiese situasie in dié land nie.

Maar die vraag hierop is: Is daar inderdaad geen verkiesingskrisis in daardie land nie?

As dié ontkenning ’n eenmalige mistasting van Mbeki was, sou slegs Suid-Afrika se opposisiepartye en mense met ander motiewe as solidariteit met die Zimbabwiërs mos hieroor “oordryf” het.

Ongelukkig is dié ontkenning deel van ’n gevestigde patroon.

So het die president onder meer in Februarie in sy staatsrede die parlement verseker alles in Zimbabwe – behalwe “ ’n paar prosedures” – is “op koers”.

Hiermee sê ’n mens nie niks is met die huidige bemiddelingsronde bereik nie. Dié keer moes die Zanu-PF-regering, weliswaar halfhartig en te laat, noodgedwonge sommige ooreenkomste uitvoer.

Dit het ook onbeskaamde verkiesingsbedrog help voorkom. Uitslae is onder meer ook buite kieslokale opgeplak en opposisiepartye kon ’n paar weke lank die landelike gebiede binnegaan.

Maar wat moet ’n mens aflei uit die groot gewag van die apologete oor die bemiddelingspogings en die toegang wat die opposisie kwansuis tot voorheen verbode gebiede verkry het?

As dié gebiede dan voorheen verbode was, hoekom het ons regering en die SAOG die Zimbabwiese verkiesings van 2000, 2002 en 2005 redelik vry en regverdig verklaar?

Hoe verduidelik ’n mens ons regering se patroon van ontkenning?

Menige kommentator skryf dit toe aan die solidariteit tussen vryheidsbewegings, en hulle is waarskynlik reg. Maar dan moet ’n mens dit behoorlik kwalifiseer.

Histories gesproke het die ANC en Zanu beswaarlik in die anderhalf dekade voor Zimbabwe se onafhanklikheid vriendelike betrekkinge gehad.

Die ANC se Zimbabwiese bondgenoot was Zapu en MK en die Zipra-magte het saam in die Wankie- en Sipolilo-veldtog geveg.

Ná onafhanklikheid is Zapu se steunbasis en kaders in die sogenaamde verskroeide-aarde-veldtog van 1985 ’n wrede slag in Matabeleland toegedien. Sowat 20 000 mense is dood.

’n Erg verinneweerde Zapu is as junior vennoot ingedwing in ’n “regering van nasionale eenheid” (een van die redes waarom baie Zimbabwiërs dié woorde, indien nie so ’n regering nie, verafsku).

Ondanks dié agtergrond, meen ek die rede vir Mbeki se Zimbabwiese strategie is sy oortuiging dat vryheidsbewegings in ons streek moet saamstaan.

Onderliggend hieraan is die mening dat die imperiale magte die krisis in Zimbabwe wil gebruik om hul hegemonie oor ’n voormalige kolonie, en uiteindelik ons hele streek, te herwin.

Natuurlik sal alle soorte magte die krisis in Zimbabwe wil uitbuit; Mugabe self wyt voortdurend die krisis aan imperialisme.

Maar natuurlik sal Mbeki dit nooit so striemend soos Mugabe sê nie. Inteendeel, Mbeki noem kwalik die woord “anti-imperialisme”. En dalk met goeie rede.

Want hoe verduidelik jy jou aan die verskillende presidentsraadgewers oor onder meer investering en IT as dié raadgewers juis die uitvoerende hoofde van al die groot multinasionale maatskappye is?

Is dit dalk nog ’n rede hoekom stille diplomasie so stil moet wees?

Op sy beurt gebruik Mugabe openlik die bedreiging van Britse kolonialisme in ’n opruiende en toenemend vergeefse poging om Zimbabwiërs se aandag af te lei van sy eie regering se mislukkings en wreedaardigheid.

Só hoor ons onder meer dat “grondhervorming” misluk het omdat die Britte hul geldelike plig, waaroor in die Lancaster House-onderhandelings beslis is, versuim.

Met watter soort heroïese vryheidsbeweging het ons hier te doen? Verbeel jou die Kubane beweer twee dekades ná hul revolusie nog dat grondhervorming nie kon geskied nie omdat Amerika weier om dit te subsidieer?

Mugabe se opruiende “anti-imperialisme” is beslis nie ’n anti-imperialisme in belang van die kleinboere, werkers (dié wat nog werk het) en Zimbabwe (en ons streek) se progressiewe, professionele middelstrata nie.

Syne is ’n skyn-anti-imperialisme wat die eng belange van ’n rentenier-kapitalistiese elite in Zanu-PF en die hoë range van die staat dien. Dit is ’n stratum wat geheel en al op staatsmag teer.

Staatsmag word misbruik om te plunder vir primitiewe eie gewin. Onthou, ’n groot deel van die maatskaplik-ekonomiese krisis in Zimbabwe het sy ontstaan in die plundering tydens sy “vredesending” na die DRK in die middel 1990’s gehad.

Dit het gelei tot die bankrotskap en nederlaag van ’n eens professionele en trotse Zimbabwiese weermag.

Maar staatsmag isoleer ook die regerende stratum teen die ergste van die krisis wat hulle veroorsaak het. Omdat toegang tot staatsmag, en nie produktiwiteit nie, hulle in staat stel om hul skatte op te bou, sal staatsmag nie maklik oorgegee of selfs gedeel word nie.

Nog dosisse stille diplomasie of rondes verkiesings sal nie help nie.

Watter lesse kan Suid-Afrikaners, en veral ANC-lede, hieruit leer?

Die ANC as vryheidsbeweging verskil in baie opsigte van Zanu-PF. ’n Paar weke voor die ANC se nasionale konferensie in Polokwane het Zanu-PF ook ’n nasionale konferensie gehad. Maar anders as by Polokwane, is die Zimbabwiese konferensie van bo af gedryf.

So is dié organisasie se verslag nie eens bespreek nie. Trouens, dit is nie eens onder die afgevaardigdes versprei nie. ’n Afskrif is op die verhoog in die lug gehou. “Hier is die verslag. Aanvaar die konferensie dit? Baie dankie.” En dit was dit.

Natuurlik is Suid-Afrikaners inherent nie meer demokraties as Zimbabwiërs nie, maar ons het baie om voor dankbaar te wees. As ’n veel ouer organisasie het die ANC sterk ideologiese en multikulturele tradisies met progressief liberale, radikaal demokratiese en sosialistiese strominge ontwikkel.

In teenstelling hiermee is Zanu-PF in sy eerste dekades byna geheel en al gevorm deur ’n bitter militêre stryd en sy politiek (soos dié van die MDC) word vandag nog sterk gekenmerk deur etnisiteit.

In die 1970’s was die oorweldigende meerderheid Zimbabwiërs kleinboere en byna die helfte van die destydse Rhodesiese gebied was stamtrustgrond, vergeleke met die verspreide en skrale 13% grond wat tydens apartheid aan swart mense toegeken is.

Dit is waarom die Zimbabwiese guerrillastryd, veral in die ooste, redelik geslaag was. En waarom ons eie guerrillastryd selde verder as gewapende propaganda gevorder het.

Anders as in die meeste bevrydingstruggles in die 20ste-eeuse Derde Wêreld is die Suid-Afrikaanse struggle in landelike en stedelike townships, op universiteitskampusse en in fabrieke, geloofsgemeenskappe en nuuskantore gevoer.

Dit beteken nie Suid-Afrikaners is immuun teen die stagnasie en burokratisering – soos onder meer in Zimbabwe en die kommunistiese partye in die voormalige Sowjetunie – van die regerende party nie.

Maar ná Zimbabwe se onafhanklikheid is die meerderheidsbasis van die vryheidstryd letterlik na die afgeleë platteland gedemobiliseer, terwyl die leierskorps kabinetsministers en generaals geword het.

Ná 1994 is waarskynlik ook geprobeer om Suid-Afrika se struggle-massas te demobiliseer, maar dit is baie moeiliker as jy te doen het met vakbonde, alliansievennote, studente en die jeug, ’n robuuste media, en veldtogte deur geloofsgemeenskappe en vroue-organisasies.

Demobilisering is veral moeilik as dié magte nie die opposisie is nie, maar jou eie steunbasis.

Inderdaad, Polokwane was ’n ingewikkelde geleentheid, maar hier is die onderliggende demokratiese, massa-gesteunde en pluralistiese tradisies in ons beweging opnuut bevestig. En dié tradisies is ons sleutel-teenvoeter vir “Zanufikasie”.

* Cronin is die SAKP se adjunksekretaris-generaal, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee en ANC-LP. Hy het by ’n Chris Hani-gedenklesing in Durban gepraat.


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
Zimbabwe, 13/05/2008, meagan
Nee wat ons is al klaar soos Zim. Die toestand van JHB se midde stad in is dis skokkend. Die stads hospitale, skole en klinieke 'n mense sit hele dag daar sonder help. Werkers verdien geld elke maand maar kan niks daarmee koop nie want alls is te duur. Maar dis verstaan daar ons leef mos in die "Nuwe Suid-Afrika".Alls is net 'n gemors. En dis regtig jammer dat ons mooi land so agter uit gaan.
Suid-Afrika sal ni?oos Zimbabwe word, 12/05/2008, Candice
Jammer ons is stadig maar seker een van die dae soos Zimbabwe
Cronin se argument, 11/05/2008, D Uys
So, omdat die detail van Suid-Afrika se geskiedenis verskil van Zimbabwe s'n, sal ons regering uniek wees in sub-Sahara Afrika en die land nie ten gronde rig nie? Diepsinnig. (Ek glo ons sal nie so ver daal nie maar om ander redes, soos die fondament wat oor die laaste 60 jaar gebou is)
Mugabe, 11/05/2008, John Fourie
Jammer. Jy stel my nie gerus nie.
As Mugabe PW was, 11/05/2008, W Cloete
Ek wonder soms of onse liewe President en die res van die w?ld nog so kalm en stil sou wees as Mugabe se naam PW Botha was. Dis seker maar 'n kwessie van "because he is Black" dat almal so sagkens dans om die ou fossiel.
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo