News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Charlize help VN
Charlize Theron is deur die Verenigde Nasies (VN) aangestel as vredesambassadeur.
Mej SA nou modeskouspel
Die nuwe formaat Mej SA-kompetisie beloof 'n modeskouspel soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie.
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  30°C
Kpstd  16°C  20°C
Dbn  21°C  29°C
Jhb  14°C  22°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

28/06/2008 11:09  - (SA)  
Afrikaners is plesierig in die kuberruim
Hanlie Retief    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Etienne van Heerden

Dis ’n Afrika-bus wat voortrammel – oorvol, dikwels onpadwaardig, maar aan die bewéég met verslawende energie.

Kliek met jou muis op LitNet en jy’s dáár – in die hart en die kop van die Afrikaner.

LitNet het ’n fenomeen geword: ’n virtuele gemeenskap waar jy jou (literêre of proletariese) sê kan sê, hogeres in debatte kan pak, (anoniem) oor jou duisterste geheime kan bieg, navorsingswerk/gedigte/resensies kan publiseer, kan blog na hartelus – of net rondblaai en jou vergaap aan die boeiende spektakel wat homo sapiens is.

En alles, ongeveer, in Afrikaans.

Ná ’n rukkie se lukrake rondproe is dit duidelik: daar’s g’n nodigheid vir ’n museum vir Afrikaans of die Afrikaner nie. Dit bestaan reeds, in die kuberruim, met energie wat jou laat duisel.

Alles het begin toe 24.com ’n dekade terug een van Etienne van Heerden se rubrieke op die internet geplaas het, sónder sy toestemming. Hy’t hom vervies, en toe hulle vra wat hulle kan doen om hom te paai, gooi hy hulle met: “Wel, julle kan saam met my ’n aanlynboeketydskrif begin.”

Die res is, soos die cliché sê, geskiedenis.

Wat in Van Heerden se kop uitgebroei en op 11 Januarie 1999 weggespring het as ’n boekejoernaal het ontpop in ’n virtuele gemeenskap met byna 50?000 besoekers elke maand.

Die moederskip vir Afrikaans, noem ’n LitNetter dit.

Ja, beaam die inhoudsbestuurder Melt Myburgh: “Die psige van die Afrikaner hang daar in die kuberruim. En dis ’n monster wat jou rondruk aan die ketting.”

Die geheim van LitNet is sy onvoorspelbaarheid, sê Van Heerden. Debatte neem hul eie loop met gevolge wat dikwels nie deur die webmeesters voorsien word nie. En moenie Groot Broer probeer speel nie; as die aanlyngemeenskap snuf in die neus kry, hámer hulle jou. Al waarteen gewaak word, is laster en kopieregskending.

Die nege jaar van LitNet het vir Van Heerden één ding van die Afrikaner-psige gewys: sy plofbaarheid.

“Afrikaanssprekendes is meer kwessiegedrewe, het onmiddellik ’n mening, en ’n passievolle mening. Ons probeer ook Engelse inhoud skep, maar daar’s ’n ontsettende versigtigheid aan Engelse kant.”

Die blogs waarmee LitNet ’n maand terug begin het, het dadelik gevliég. Dis deur Van Heerden beplan as kleinboetie en verruiming van die SêNet-gemeenskap. Bekendes soos Koos Kombuis en Eben Venter is aanvanklik genader, met Carl Niehaus as die groot verrassing. Hulle’t skaars weggetrek toe vertel Carl hoe hy in die tronk verkrag is, en dit word hoofberigte in dagblaaie.

Dit gebeur al gereelder dat LitNet-bydraes en -debatte koerantberigte word. Maar al beweeg die twee media nader aan mekaar, bly die fundamentele verskille steeds koerante se ruimtebeperking en redigering. “LitNet se onbeperkte verskeidenheid sal hom altyd uniek maak.”

Die eerste LitNet, deur Van Heerden beskryf as “so ’n dikwielfiets op die N1”, is in September 2006 drasties herontwerp. Myburgh reken die nuwe LitNet is funkier, maar wat wel behoue gebly het, is dieselfde soort aweregsheid.

En LitNet groei en groei. In Mei was daar ’n rekordgetal van 61?000 unieke (verskillende, nie herhalende) besoekers. Gemiddeld het hulle tussen 49?000 en 50?000 unieke besoekers per maand, met tot 960?000 klikke.

Dis ’n gesamentlike onderneming: 24.com en Van Heerden besit elk 50%. Van Heerden noem homself steeds die chief, cook and bottle washer – betrokke by elke aspek. Inkomste uit borge en advertensies hou hulle aan die lewe – ’n uitdaging, want hulle ding mee met die gedrukte media.

“Dit interesseer my hoe jy die aanlyn-omgewing kan gebruik om projekgedrewe advertensies te skep: inkomste deur borgskappe te koppel aan projekte.”

Die hart van LitNet is menings – en dis oral, van die SêNetters tot die mini-seminare soos die onlangse Lyfseminaar waar die voormalige staatspatoloog Deon Knobel sy dekades van lyke beskryf. Die doodstrafseminaar is baie suksesvol, in samewerking met die FW de Klerk-stigting, en het dadelik uitgekring na SêNet en die blogs.

Van Heerden wil nou borgskappe begin soek vir ’n reeks seminare oor aspekte van demokrasie teen die agtergrond van ons Grondwet.

LitNet wérk, want daar’s die voortdurende spel tussen swaar en lig, ernstig en prul, die sublieme en belaglike.

Myburgh se missie is om letterkunde te verkoop aan lesers wat nie noodwendig oor die letterkunde opgewonde raak nie.

“Ons het die ideale forum om letterkunde te bevorder. Jy’t ernstige skrywers teenoor die gros prulskrywers. Sommige werk hard om ’n middelmoot-ontspanningsliteratuur as letterkunde op te dis, maar daar’s ook die sterk literêre inslag wat waarsku teen dié tipe vervlakking – dis die wonderlike aard van debatte op LitNet.”

Daar’s bloedige veldslae, soos die onlangse bekgeveg tussen Deon Opperman en Koos Kombuis waarin Sean Else toe ook geduik het.

“Opperman het ’n brief aan LitNet geskryf waarin hy alle gatvol Afrikaners uitnooi na sy nuwe Afrikaanse musiekblyspel oor die Boereoorlog, Ons vir jou. Toe spring Koos Kombuis in en sê dié teruggryp is sleg vir versoening. Toe’s die groot kanonne aanmekaar, met die klein hondjies wat hakskene hap.

“Dié soort gesprek is nodig. Ná die moddergooiery is daar besinning. Die kwessie word in ons binneste verken – dit word só terapie, ’n katarsis.”

Opperman en Kie. het dié onderonsie ook as bemarkingstrategie benut. Packed House Productions het ’n banieradvertensie vir Ons vir jou vir ’n maand op SêNet uitgeneem.

Gereelde bydraers, sê Myburgh, is soos die suurdeeg in LitNet. “Iemand soos Kobus de Klerk, deur sommige as ’n konserwatiewe Bible basher beskou, het ’n teenspeler in ’n anargis soos Francois Wiliams, wat uit China skel.”

Daar’s die regses vs. die linkses: “Blou Makou se regserige briewe teenoor Afrikaan in Amsterdam, ’n dinamiese man met sakebelange in Suid-Afrika. LitNet as forum pas sy profiel.”

As webmeester beskerm Myburgh sy bydraers se anonimiteit soos ’n sfinks. Geen manipulasie word gedoen nie, en skerp uitlatings kry spontaan altyd teenspraak. Hy gebruik dikwels humor as ontlonter.

Hy raak soms self ’n teiken vir die vurige SêNetters. “Ek voel soms soos ’n regte ou godfather.”

Die LitNet-span bring skrywers by uitgewers uit, sorg by geleentheid dat SêNetters mekaar persoonlik ontmoet (soos Kleinboer en Francois Wil-liams) en dit bring weer ’n nuwe dinamika in hul debatvoering.

As “linkse” SêNetters byeenkom, gaan dit nogal oproerig, terwyl regse bydraers nogal skaam is vir kuier, meen Myburgh.

Vintage@LitNet, met gereelde medewerkers soos Deon Knobel en Izak de Villiers, is besig om ’n “amptelike” geheuebank van Afrikaners in Afrikaans te word.

“Watter verlies sou dit nie gewees het as staaltjies soos Izak de Villiers se ete met Jimmy Kruger nie opgeteken was nie.”

LitNet-akademies het ’n rukkie geneem om aan die gang te kom, sê Van Heerden, maar dinge dráf nou. Die eerste kubertydskrif-uitgawe verskyn binnekort. Navorsers word R8?000 betaal vir bydraes oor enige vakgebied in die geesteswetenskappe. ’n Adviesraad van akademici beoordeel die bydraes. Die groot voordeel is dat navorsing in ’n aanlynomgewing soveel vinniger gepubliseer word.

Van die sublieme tot die belaglike is Bieg@LitNet, waar lesers hul diepste, donkerste geheime anoniem kan deel: “Skoonsus, ek wou jou nog altyd hê . . .”, “ons is steunpilare in ons gemeenskap, maar ons swing . . .”

Hygend hert, verwonder jy jou, ook aan LêNet, die gewilde erotiese afdeling, en die stiller gay-afdeling, met Hennie Aucamp as ’n waardevolle bydraer.

Ná nege jaar met elf-uur-werkdae het Van Heerden steeds ’n arsenaal idees vir LitNet. “Ons nuwe uitdaging is nou die selfoon-platform.”


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis-Lenings
Wen tot R1000 verniet
Motor- & huisversekering
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wie is, volgens jou, mees "presidensieel"?
Mnr. Zuma
Mnr. Lekota
Pres. Motlanthe

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo